Mynredding: ‘Hernude hoop’

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Reddingspanne het ʼn band gevind wat glo aan die skeepshouer vas was voor dit tydens die ineenstorting by die Lily-myn in Barberton onder puin en grond verdwyn het.

Die myn se bestuur en die vakbond Amcu het Donderdagmiddag tydens ʼn mediakonferensie by die myn gesê hulle bly hoopvol.

Drie werkers, Pretty Mabuza, Yvonne Mnisi en Solomon Nyarenda, word sedert verlede Vrydag vermis nadat hulle tydens die ineenstorting bo die oppervlak in die skeepshouer was wat as lampkamer gebruik is.

Volgens berigte was die band aan die skeepshouer vasgebind en glo reddingswerkers dus dat hulle naby aan die houer is. Die reddingswerkers meen hulle is sowat 10 m van die houer.

JacarandaFM het berig dat daar glo ʼn reuserots is wat reddingswerkers se weg versper en dat dit gevaarlik is om onder die rots in te beweeg aangesien dit op iemand kan val.

Die vermiste mynwerkers se families kamp intussen steeds elke dag by die myn uit waar hulle bid vir hul geliefdes se veilige terugkeer.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charlene ·

Hoe is die mense nog nie gevind nie! Dis `n week!! Ek ken nie die mense nie maar dis mense wat daar onder is, dis vrouens, mans, MA”S. dis `n baba wat haar moeder se sagtheid soek, ma’s wat hulle kinders soek, vrouens wat hulle man nog nodig het.
Asb Here help hulle!!!!!

Sorika ·

Charlene, ek verstaan jou frustrasie en ek bid elke dag vir Yvonne, Pretty en Solomon, hulle families en die redding span. Ongelukkig is die reddings poging meer as een keer gestuit omdat die grond baie onstabiel is en mee gee. Omdat die grond so onstabiel is maak dit die taak nog moeiliker want die rots wat bo die contrainer is kan sak en die container kan nog dieper inval.
Dit is alreeds meer as 5 dae en ‘n mens kan nie sonder water en kos vir solank wees nie.
Help my asseblief om te bid dat Jesus ‘n wonderwerk gaan laat gebeur en dat hulle lewendig daar sal uitkom sodat HY verheerlik sal word deur hierdie gebeurtenis. Yvonne se pa is ‘n pastoor en die kerk is daar om te bid en lofliede te sing vir die Here. Ek weet Jesus hoor hulle, so staan saam met my en hulle en bid saam asseblief?

François ·

‘n Mens kan tot 30 dae sonder kos maar net 6 dae sonder water lewe. Die groot probleem is suurstof. Daarsonder kan jy nie! Wat is die mense se kondisie na die val? Is hulle nie ook dalk beseer nie wat die krisis nog groter maak nie?! Geloof is al wat gaan help!

Realis ·

Maroela.
Julle spelling laat veel te wense oor. Probeer “hernieude”. Dit klink meer na afrikaans

Landi Slatter ·

Dagsê Realis

Dankie vir jou navraag. Die HAT erken beide vorme/spellings van die woord.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Nicolette ·

Ek kan nie verstaan dat mense kla oor spelling nie, terwyl mense saam bid vir die betrokkenes se veiligheid. Soms moet mens net stil wees en nie oor onbenullighede bohaai maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.