Myntrok tref Vrystaatse leerder

(Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Die Vrystaatse departement van onderwys het sy hartseer uitgespreek oor ’n leerder in Jagersfontein wat Donderdag deur ’n mynvragmotor getref is.

Volgens Howard Ndaba, woordvoerder van die departement, was die leerder in gr. 5 by Boaramelo Primary School.

“Die leerder en vier ander seuns het glo by Valley, bekend as Vlei, gespeel waar mynwerkers besig was met opruimingswerk ná die onlangse slikdamramp. Die vier het na bewering op en af van die vragmotor gespring. Die leerder het van die voertuig afgeval en is deur die vragmotor getref,” sê Ndaba. “Die leerder is op slag dood.”

Volgens Ndaba het die voorval Donderdag omstreeks 13:00 plaasgevind.

“Die departement wil sy innige medelye met die leerder se familie, onderwysers en mede-leerders betuig. Die departement gaan die nodige beradingsdienste vir hulle reël.”

Die departement sal ook saam met die polisie werk om die voorval te ondersoek.

’n Slikdam se wal het verlede maand in Jagersfontein gebreek en groot verwoesting op dié myndorp gesaai. Honderde mense is weens die ramp dakloos gelaat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

E ·

Die drywer dink ek gaan ‘n bietjie probleme he, hy moes gestop het toe die kinders ‘n speletjie van die vragmotor begin maak het.

E ·

Is die drywer blind? Ek is seker dit was nie die eerste dag/keer wat die kinders dit gedoen het nie. Drywer gaan skuldig wees aan iets en om te se hy het niks gesien nie, gaan hom nie daar uit kry nie.

Roek ·

My Vraag is, toe die bestuurder opmerk hulle spring op en af van die voertuig af waarom het hy nie onmiddelik gestop en hul aangespreek nie, dit is sy verantwoordelikheid om seker te maak almal is veilig !!

Dries ·

My mening, die bestuurder was nie bewus van die spelery nie.

Oosie ·

En as drywer dit gesien het en in stop proses was toe dit gebeur het..

Koos 100 ·

Roek, as kode 14 lisensie houer kan ek vir jou vertel dat jy nie agter jou kan sien nie.

Tanniepetoors ·

Tragies. Hoeveel hartseer moet die mense van dié gemeenskap nog verduur? Innige meegevoel aan familie en vriende.

Wielspore ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n 7 jarige kind toegang tot ‘n konstruksie terrein kry en ongesiens op bewegende mynvoertuie speel. Van die myn voertuie is baie groot en dit is moontlik dat die bestuurder onbewus was van die kinders se teenwoordigheid. Weereens ‘n bewys van onbevoegtheid om ‘n terrein veilig te maak vir die gebruik van konstruksie voertuie.

Herman L ·

Wat soek leerlinge op ‘n myntrok? Die bestuurder moes hulle nooit op die trok toegelaat het nie. Kinders behoort nie te speel waar opruimingswerk gedoen word nie.

Anel ·

Wie was al op so ‘n plek? Met al daardie voertuie vergaan hoor en sien. Ek glo nie daardie bestuurder het eers geweet van die kinders se teenwoordigheid nie!

Oosie ·

Wel.. disipliene (van ouers en of skool) is weereens nie teenwoordig..
Drywer gaan aanspreeklik gehou word, of hy daarvan bewus was of nie..

Skappie ·

So jammer. Sterkte aan die gesin. Mag onse Liewe Heer julle almal styf in Sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle.

Casper ·

Dit is werklik tragies,maar kinders is nie veronderstel om daar te speel nie.Iemand het tereg opgemerk dat daai vragmotors groot is en die bestuurder nie bewus was van die kinders se teenwoordigheid nie.Ek sal dit beskou as ‘n fratsongeluk en nie nalatigheid van die bestuurder nie.Dink net hoe sleg moet hy voel.

Thelsa ·

Waar was die wetlike aanspreeklike wat beperkte toegang tot die konstruksieperseel moet verseker en handhaaf?

Jerry ·

Waar is die SHEQ manager en Sekuriteit. Vat die Myn groep aan.

Wondermaarnet ·

Dit is tragies. Moes hulle teen 13h00 wat die ongeluk gebeur het nie nog in die skool wees nie?

Perdeby ·

Sterkte aan die drywer, maar wonder maar net hoekom die kinders daar gespeel het, en dan nog op die trok gespring het.

Meerkat ·

Het die kinders vd beweegede vragmotor op en af gespring? Of het die vragmotor skielik beweeg toe die kind afgeval het? Dit is mos die kinders se eie skuld ook om daar te speel en nie te dink aan die gevaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.