Mynwerker in boom opgehang

Amcu-lede van Lonmin by Wonderkopstadion in Februarie 2014 Foto: @thembaelvis, Twitter

Amcu-lede van Lonmin by Wonderkopstadion in Februarie 2014 Foto: @thembaelvis, Twitter

ʼn Man wat Dinsdag in die Broederstroom-omgewing in Noordwes in ʼn boom opgehang is, was moontlik ʼn mynwerker, het die polisie gesê.

Brig. Thulani Ngubane sê die man is op die pad tussen Hartbeespoortdam en Krugersdorp aangetref. “Die man is in ʼn boom in Leeukloof, naby aan Hartebeeshoekweg, opgehang,” het Ngubane gesê. “Hy was in mynwerkersklere geklee.”

ʼn Meisie het op pad skool toe op die liggaam afgekom en haar ma ontbied.

ʼn Volkswagen Golf, wat glo aan die oorledene behoort, is langs die pad aangetref . Die motor het ʼn boom getref.

“Die polisie probeer bepaal hoe die man in die boom opgehang is,” het Ngubane bygevoeg.

In nog ʼn geval is twee mynwerkers Dinsdag op pad werk toe naby Rustenburg oorval en aangerand.

Implats het bevestig een van die mans het by Bafokeng-myn gewerk, maar ontken dat die tweede een vir Impala Platinum gewerk het.

Volgens die maatskappy is die mans aangerand en nie met skerp voorwerpe gesteek, soos vroeër berig is nie.

Die slagoffers was onderskeidelik 33 en 37 jaar oud.

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al sedert 23 Januarie by Implats, Amplats en Lonmin. Hulle eis ʼn basiese salaris van R12 500. Onderhandelinge tussen die vakbond en die werkgewers is hervat en word deur die arbeidshof gefasiliteer.

Minstens vyf ander mynwerkers het reeds tydens die staking weens geweld en intimidasie gesterf. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tess ·

Ek is bevrees, die moorde gaan toeneem, meer en meer gesinne gaan gebuk onder armoede weens die stakings. Waarom tree die regering nie in nie, natuurlik sal en kan hulle nie, hulle het geen beheer oor misdaad nie. Kyk net hoe gaan dit in die polisie en weermag.

Theresa ·

Amazing – waar is die nuwe verkose President en sy pêlle van die ronde-tafel wat hulle verkies het. Geen teken van hom om iets te probeer om die probleem op te los nie. Hierdie mense is so dom en word aan hulle neuse gely. Hulle besef nie hoe verarm hulle hulleself en die land nie. Hoeveel biljoene gaan verlore as gevolg van hulle stupid-geit. Hulle dink nie aan môre nie – net aan nou. En so kring alles uit en gaan die land verder sy gat sien. Monkey see, monkey do. Daar is beter maniere om probleme op te los. Nie moord, plunder en dies meer nie.

AmY ·

Gaan erger en erger word. Ons hele land gaan agv ‘n klomp idiote in mekaar val.

En mense gaan doodgaan van die honger en die Unies, waaronder AMCU voel niks. Solank hulle net die ledegeld elke maand kry, kan die lede (selfs die wat wil werk), maar doodgaan van die honder en dors.

En hoe op dees aarde maak jy iemand dood wat wil werk? Dit is siek man!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.