Mynwerker by Gamsberg dood gevind

Die Gamsberg-sinkmyn (Foto: Vedanta Zinc International)

Een van die twee mynwerkers wat sedert Dinsdag onder in ’n skag by die Gamsberg-sinkmyn in die Noord-Kaap vasgekeer is, is dood aangetref.

Die soektog na die tweede mynwerker duur voort.

Black Mountain Mining, ’n filiaal van Vedanta Zinc International, sê Melvin Rodney Saal se liggaam is Donderdag vanuit die suidelike skag van die sinkmyn na die oppervlak gebring.

Saal (45) was ’n voorman by die mynmaatskappy Moolmans (voorheen Aveng). Hy word oorleef deur sy vrou en drie kinders.

“Almal van ons by Vedanta Zinc International en Moolmans is uiters hartseer en het ons innige simpatie aan Melvin se familie oorgedra. Ons verbind ons daartoe om die gesin te help, nou en in die komende weke en maande. Ons innige meegevoel met sy familie, vriende en kollegas,” lui ’n verklaring.

Maroela Media het vroeër berig tien mynwerkers was aanvanklik vasgekeer nadat ’n “geotegniese fout” Dinsdag om 01:15 by die westelike gedeelte van die suidelike skag aangemeld is.

Agt ander mynwerkers is reeds Dinsdag na veiligheid gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genis ·

Baie tragies… sterkte aan die familie en vriende, almal op Gamsberg en by Moolmans…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.