Mynwerker met vermoedelik gesteelde goedere betrap

(Foto verskaf)

ʼn 51-jarige mynwerker is Dinsdag in Standerton, Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die verdagte is ʼn werknemer van die Seriti-myn en ondersoekbeamptes van die myn saam met speurders van die polisie in Standerton het hom in hegtenis geneem. Hy het vermoedelik gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer R100 000 in sy besit gehad.

“Volgens inligting het ʼn bestuurder van die myn opgemerk dat eiendom, wat in ʼn stoorkamer en in kantore gehou word, begin verdwyn,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. “Hy het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur en die saak by die polisie aangemeld.”

(Foto verskaf)

Die span speurders het Maandag ʼn soektog by die man se huis uitgevoer. Hulle het onder andere beslag gelê op twee televisiestelle, sonpanele, vyf besems, vier hamers, gereedskap, batterye, kabels, ʼn watersuiweraar, verfkwasse, ʼn boks met 18 bottels Sunlight Liquid en konstruksietoerusting.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Besems, verfkwasse en sunlight seep… So sou die see ook liter vir liter leeg getap word as dit moontlik was.

Hennie J ·

Is dit nou werklik nuuswaardig, of is daar ander goed ook gekry?

Yvonne ·

Wanneer is genoeg genoeg….die man kry n salaris….dan nog steeds nie tevrede nie…gierigheid???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.