Mynwerker sterf by AngloGold Ashanti-myn

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Mynwerker is dood na ʼn ondergrondse ongeluk by die Mponeng-myn in Carletonville, het AngloGold Ashanti gesê.

“Die departement [van minerale hulpbronne] is in kennis gestel en het ʼn inspeksie gedoen,” het die myngroep in ʼn verklaring gesê.

Volgens AngloGold Ashanti het bestuur intussen bedrywighede opgeskort in die afdeling waar die voorval plaasgevind het.

Die myngroep het sy meegevoel met die familie, vriende en kollegas van die oorledene betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.