ʼn Mynwerker is Maandag by Harmony se Kusasalethu-myn naby Carletonville dood.
Volgens Harmony is die mynwerker in ʼn grondstorting dood.
Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê bedrywighede op die vlak waar die ongeluk plaasgevind het, is intussen opgeskort.
“Harmony se bestuur wil graag sy medelye met die werker se familie betuig,” het die maatskappy gesê. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Net nog ‘n sterf geval van iemand wat in uiters gevaarlike omstandighede onder in ‘n myn sy brood en botter eerlik gaan verdien het.Tragies.