Mynwerker sterf in modderstorting

Argieffoto: Leandro Neumann Ciuffo van Rio de Janeiro, Brasilië (Mina da passagem) via Markos90, Wikimedia Commons

Argieffoto: Leandro Neumann Ciuffo van Rio de Janeiro, Brasilië (Mina da passagem) via Markos90, Wikimedia Commons

ʼn Lokomotiefdrywer is Maandag tydens ʼn modderstorting by die Lonmin-myn buite Rustenburg in Noordwes dood.

Die mynmaatskappy het bevestig dat Zilindile Ndumela tydens ʼn storting in die Rowland-skag omgekom het. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die maatskappy wou nie in dié stadium uitbrei oor die voorval of bespiegel oor die oorsaak van die modderstorting nie “’n Ondersoek na die voorval, in samewerking met die departement van minerale hulpbronne en vakbonde, het reeds begin,” het Lonmin in ’n verklaring gesê.

Volgens Lonmin word Ndumela se familie deur die maatskappy ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.