Die mynmaatskappy het bevestig dat Zilindile Ndumela tydens ʼn storting in die Rowland-skag omgekom het. Niemand anders is in die voorval beseer nie.
Die maatskappy wou nie in dié stadium uitbrei oor die voorval of bespiegel oor die oorsaak van die modderstorting nie “’n Ondersoek na die voorval, in samewerking met die departement van minerale hulpbronne en vakbonde, het reeds begin,” het Lonmin in ’n verklaring gesê.
Volgens Lonmin word Ndumela se familie deur die maatskappy ondersteun.