Mynwerker sterf in ontploffing

Argieffoto

Argieffoto

Anglo American Platinum (Amplats) het Maandag bevestig dat nog ʼn werker by sy mynkompleks in Rustenburg dood is.

Chris Griffith, uitvoerende hoof van Amplats, het gesê die werker is Donderdag in ʼn ontploffing-verwante ongeluk dood. “Ons innige meegevoel aan die familie, vriende en kollegas van die oorledenes.” Hy het gesê die maatskappy staan hulle by in dié tyd en dat die voorval ondersoek word.

Nog ʼn werker is op 5 Augustus by dieselfde mynkompleks dood tydens ʼn grondstorting. Op 31 Maart is ʼn werker beseer by die Thembelani-myn. Die werker het op 9 Julie aan sy beserings beswyk. In nog ʼn voorval by die Thembelani-myn is ʼn werker op 3 Junie dood in ʼn grondstorting.

Amplats hoop steeds om voor einde vanjaar sy groot mynkompleks in Rustenburg aan Sibanye Gold te verkoop.
Volgens Amplats was daar geen sterftes by sy myne tydens die eerste kwartaal van die jaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.