Mynwerker sterf tydens rotsstorting

Argieffoto

ʼn Mynwerker is Donderdag dood tydens ʼn rotsstorting by Impala Platinum in Rustenburg.

Dit bring die dodetal vir die mynboubedryf vanjaar op 63 te staan, het die National Union of Mineworkers (NUM) gesê.

Peter Bailey, gesondheid- en veiligheidsvoorsitter van NUM, het gesê die vakbond neem met skok kennis van die afsterwe van ʼn mynwerker by Implats nommer 20-skag as gevolg van ʼn rotsstorting. “ʼn Gesprek tussen die mynboubedryf, vakbonde en die regering is nou meer dringend as ooit om die koers van sterfgevalle en beserings by myne te bespreek,” het hy gesê. “Inspekteurs moet onbemande oudits in die myn doen en werkers moet weier om in onveilige toestande te werk. Ons innige meegevoel met die families van die werkers wat hul lewens verloor het.”

Hy het gesê die vakbond is ook besorg dat hierdie noodlottige voorvalle by Impala Platinum plaasvind en versoek die maatskappy om sy gesondheid- en veiligheidstelsel op te knap.

Twee mynwerkers is op 19 September tydens ʼn rotsstorting by die nommer 12-skag van Impala Rustenburg oorlede.

Bailey versoek mynboumaatskappye om meer geld te belê om die lewens van werkers te beskerm, eerder as om op wins te fokus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Meganisasie:
Geen stakings, geen produktiwiteits kwessies, geen klasaksie eise, geen roofmynbedrywighede (geen suurstof) geen dieptebeperkings, geen aandeleverwatering, geen Marikana’s.

Zuzu ·

@ Eish… Maklik vir jou om te se.. Is jou hele gesin afhanklik van werk op die myn?? Moeilik soos dit mag gaan – Die bedryf sorg steeds vir die dak oor ons kop en kos op ons bord!!

Chris Ws ·

En steeds is daar idiote wat dink ‘n ondergrondse werkplek is ‘n kantoor!Ek is in my tyd deur 2 “enquieries” agv sterftes op my skof.Dank die Vader ek is klaar met mynbou.My simpatie is met die’ wat nog verplig is om in ‘n myn te werk!Ek wil nooit weer naby ‘n myn kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.