Mynwerker val na sy dood

Argieffoto

ʼn Mynwerker is dood nadat hy Donderdagoggend in ʼn diep skeur by Harmony Gold se Moab Khotsong-myn in Noordwes geval het.

Peter Bailey, voorsitter vir gesondheid en veiligheid by die National Union of Mineworkers (NUM), het in ʼn verklaring gesê die werker is op slag dood. Bailey het gesê die NUM doen weereens ʼn beroep op werkgewers om die lewens van hul werkers eerste te stel om skade en leed aan werkers in die mynbedryf te voorkom.

“Dit is onaanvaarbaar dat mynwerkers ontneem word van hul basiese mensereg om in ʼn omgewing te werk waar hul veiligheid gewaarborg word. In plaas daarvan word daar van hulle verwag om werk toe te gaan om te sterf,” het Bailey gesê.

“Ons verkoop ons arbeid vir die oorlewing van ons families, nie vir ons ledemate of ons lewens nie.”

Harmony het Moab Khotsong op 1 Maart vanjaar by AngloGold Ashanti oorgekoop vir $300 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nettie ·

Geagte mnr. Bailey (e.a. van NUMSA) – daar kan HOEVEEL planne gemaak word om mynwerkers se veiligheid te probeer verseker, MAAR …………. niemand kan “common sense” kweek of aanleer nie. En soms is “common sense” eenvoudig die verskil tussen lewe en dood.

Gerhardb ·

Stem saam met Nettie. Julle weet dit is ‘n baie gevaarlike werk. As julle bang is, bly eerder weg of soek ‘n kantoor job.

Joey ·

Dis waar, dis gevaarlik. Mense ontvang opleiding, maar pas nie altyd toe wat hulle geleer is nie. Ignoreer veiligheidreels.

dis tyd vir wakker word ·

kyk na die maatskappy wat health and safety opleiding gee, wat een(1)eksaminator het en sy nommer word gebruik, oor en oor en oor, en almal slaag al is hulle nie getoets nie, en al het hulle nie kursusse bygewoon nie? groot maatskappy, maak n bondel geld so!, ek is verbaas dat niemand nog vrae daaroor gevra het nie?

Houtoog ·

Ander nuusberigte maak melding van ‘n ‘deep reef tip’, dit is dus nie ‘n ‘skeur’ soos gemeld word maar eerder ‘n ‘ertsgeut’ waarin die rif gestort word vanaf die werksplek waar dit ontgin word. In die goudmynbedryf is dit gewoonlik met ‘n hoek van 55º vanaf die horisontaal. Dit kan baie meters lank wees sodat jy jouself te pletter val. Die afmetings is rofweg 1,8m wyd by 1,2m hoog. By voltooiing word dwarsstawe by die bokant ( in die werksplek) aangebring reeds om te verhoed dat ‘n werker daarin aftuimel.
Vorige kommentaar staaf dat jou veiligheid merendeels van jouself afhang. Natuurlik sal vakbonde uit so-iets munt wil slaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.