Mynwerkers keer terug na oppervlak

Die Beatrix-myn. Foto: Sibanye-Stillwater

Die meeste mynwerkers wat ondergronds vasgekeer was by Sibanye-Stillwater se Beatrix-goudmyn in die Vrystaat, is reeds na die oppervlak gebring.

Nagenoeg 950 mynwerkers was ondergronds vasgekeer weens ʼn kragonderbreking. Die mynwerkers wat reeds na die oppervlak gebring is, is met busse van die myn af vervoer na ʼn plek waar hulle mediese behandeling en berading sal ontvang.

Minstens sewe busse vol mynwerkers het vroegoggend reeds van die toneel vertrek. Geen sterftes is al aangemeld nie. James Wellsted, woordvoerder van Sibanye-Stillwater, het gesê dit sal na verwagting sowat ʼn uur duur om al die mynwerkers na die oppervlak te bring.

Eskom het vroeër gesê ʼn hewige storm het tot gevolg gehad dat ʼn kragtoring beskadig is op die lyn wat elektrisiteit verskaf aan myne in die Welkom-gebied. Die proses is begin om mynwerkers na die oppervlak te bring nadat die kragtoevoer na die myn herstel is.

Die mynwerkers was Woensdagaand ondergronds, maar kon nie Donderdagoggend weer na die oppervlak kom nie aangesien hysbakke nie gewerk het en daar geen alternatiewe bron van elektrisiteit was nie.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, sal na verwagting later Vrydag die myn besoek waar inspekteurs van die myn en departement hom oor die situasie sal inlig.

Vakbondverteenwoordigers het Sibanye-Stillwater intussen gekritiseer omdat daar glo nie vinnig genoeg gewerk is om die mynwerkers na die oppervlak te bring nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

eskom ·

hoe kon mens hulle uitkry as die krag af is Mnr maar dit sal ook seker die wit man se skuld wee3s dat weerlig die krag uitslaan….belaglik

Jane ·

Baie bly almal is fine. Myne plaas gewoonlik ‘n baie groot premie op veiligheid, vreemd dat almal nou vir die myn kwaad is en vra wil vra en nie vir ESKOM nie? Noodmaatreels is een ding maar hoe kon hulle die omwaai van ‘n toring voorsien. Great work Sibanye.

Annelize ·

Al gehoor van kragopwekkers? Hulle moet ‘n “Back-up” plan he vir kragonderbrekings, al is dit net om werkers veilig van onder gronds af te kry! As jy nog nie ondergronds was nie weet jy nie watter stres dit is nie!

Ja? ·

Was jy al ondergronds Annelize? Nou het almal skielik planne, weet julle hoe kragopwekkers en bystandskrag werk in myne?

Annelize ·

Toevallig was ek al ondergronds, was jy al? Daar moet gebeurlikheidsplanne in plek wees!

@ Annelize ·

Siestog Annelize, kan ook nie lekker daar in die donker wees nie, lyk my jy het jou knak daar gekry. Niemand is dood nie, wees eerder dankbaar as altyd krities. Wees bly dit was nie jy nie.

lmga ·

Toevallig Annelize? Toevallig was jy darem nie daar toe die krag afgegaan het nie. Jy moet die TOEVAL daarvoor dank.

Swanna ·

Ek stem saam Annelize. Uiters swak, waar is die back-up. Sies.

JHJ ·

Wonder waar was hul krag opwekkers. seker geen diesel gehad nie?

André Basson ·

Daar is veronderstel om ‘n tweede ontsnap roete te wees vir werkers om uit te kom indien die hoofskag nie werk nie. Het die myn nie kragopwekkers nie? Net vir interesanteit was die turbienes in die ou dae stoom aangedrewe wat die hysbakke beheer het..

Danie ·

Baie bly die meeste werkers is nou na die oppervlakte gebring. Dankbaar hulle is veilig en meestal versorg. Wat die krag betref: Weerlig slag al krag pale en drade raak vandat die eerste netwerk in die verre verlede opgerig is . Beide in die wêreld en Suid-Afrika. In die verlede was dit geen probleem nie. Danksy aanhoudende diefstal van staatshulpbronne en algehele gebrek aan instandhouding (nie die vakmanne se skuld nie, hulle kan nie sonder fondse goed in stand hou nie) is die netwerk gedeeltelik op krukke. Enige klein verkoue wat die netwerk optel veroorsaak dat groot dele daaronder lei. Maar ja hulle beskuldig die maatskappy of die weer. Beide is seker ‘n ligter skakering as hulle eie gemoed.

SjN ·

dit was n natuur ramp en gebeur selde, knap gedaan deur almal ongedeerd uit te bring.

Roelfie ·

Ek kan een ding verseker sê, pakslae gaan uitgedeel word, aangesien die wet baie duidelik is en stipuleer, enige myn sal 2 verskillende bronne of lyne vir elektriesiteits toevoer hê vir ingeval so iets gebeur. So daar is glad nie ‘n tweede “independent” krag bron nie. Net dankbaar almal is sover veilig, maar ek dink dis een helse sielkundige knak….

Chris roets ..myner ·

Dankie ver die raad van die mense wat nog nooit ondergrond was nie .tweede escape plan ?wonder hoe lyk 2000m se stel trappe teen 35 plus grade Celsius in die donker nat ….i beg you

Gesiggie ·

Ek is so verlig en dankbaar vir elke mynwerker wat gered is… en in plaas van om komentaar te lewer… well done aan die span wat gesorg het dat elke persoon veilig uit die myn is… ek dink terug aan die Barberton myn.. en aan die 3 mense wat vir maande vasgekeer was en nie gehelp kon word…. veiligheid in myne is baie belangrik, en as ek na die nuus vanoggend geluister het, het een van die werkers wat vasgekeer was ook genoem , dat wat as so iets weer gebeur? sal hul vining genoeg kan optree… en ja 2 uitgange moet beskikbaar wees… kan net dink hoe daai mense moes voel?? baie bly als is verby…dink net dat die skok baie erg moet wees

Neilia ·

Vir al die kenners, daar was krag. Maar dit was nie sterk genoeg om die mense uit te bring. Twedens het die helfte geen idee waarvan julle praat. Die kragopwekkers is gebruik om skoon lug deur die myn te kry sodat die mense nie doodgaan . As julle nie weet hoe diep n goudmyn is bly liewers stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.