Mynwerkers se familie: dood kon voorkom word

Argieffoto

Argieffoto

Die dood van vier van Impala Platinum se werkers by ʼn myn in Luka buite Rustenburg kon voorkom geword het, het die familie van die oorledenes Woensdag gesê.

Mosielele Johannes Sesimane (40), Mosala George Moloele (47), Stephen Johnny Kgari (39) en Tshotlego Rantsiripana Moyo (50) is dood nadat ʼn brand Vrydagnag by ʼn ondergrondse skag waar hulle gewerk het, uitgebreek het.

Gomolemo Sesimane, ʼn familielid van een van die oorledenes, het Woensdag by hul gedenkdiens gesê die brand is reeds teen 17:00 opgemerk, maar die werkers is om 22:00 steeds toegelaat om ondergronds te gaan. “Ons broers is ondergronds gestuur om dood te gaan,” het hy gesê.

Akanyang Moyo, nog ʼn familielid, het gesê die families is gebroke deur die vier se dood. “Die ongeluk was voorkombaar. Hulle het geweet van die brand en ons broers is in die aarde in gestuur om te sterf.”

Intussen het Mandla Gantsho, voorsitter van die Implats raad van direkteure, gesê die ongeluk sal ondersoek word en diegene wat oortree het, sal vervolg word. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die ongeluk te ondersoek en te verhoed dat dit weer gebeur. Die bevindinge en aanbevelings van die ondersoek sal ten volle geïmplementeer word en daar sal dissiplinêre prosesse teen diegene ingestel word wat verkeerd opgetree het,” het hy gesê.

Jeff Mphahlele, algemene sekretaris van Amcu, het gesê ongelukke soos rotsstortings is nie voorkombaar nie, maar die feit dat die brand reeds opgemerk is voordat die werkers ondergronds gegaan het, is kommerwekkend.

“Mense is gedwing om in ʼn gevaarlike omgewing te werk. Jy hoef nie ʼn ruimtewetenskaplike te wees om te weet dit is te gevaarlik om werkers in ʼn gebied in te stuur waar rook waargeneem is nie,” het hy gesê.

Die oorledenes sal by hul onderskeie tuisdorpies in Noordwes en die Noord-Kaap begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Dit is werklik betreuens waardig dat die werkers na hulle dood gestuur is.

Thys ·

Hierdie mense is dood in die uitvoering van hul pligte. Word dieselfde ondersoeke gedoen na plaasmoorde? Vra maar net.

Elinette ·

Genade, Thys!!! Wat het die een met die ander te doen? Mense moet ophou om “plaasmoord” en “volksuitwissing” te skree elke slag as iemand wat op ‘n plaas of kleinhoewe woon, aangerand, vermoor of beroof (of dalk al drie) word. Gaan kyk ‘n bietjie na statistiek, dan sal jy besef dat aanvalle op plase meesal deur behoefte (aan waardevolle items, wat verkoop kan word) aangevuur word. En mense regdeur die spektrum van ons samelewing word daardeur geraak, nie net ‘n sekere bevolkingsgroep nie. Wat erg is in die geval van die myners is dat die skag reeds gebrand het toe hulle afgestuur is. Iemand het sleg drooggemaak!

Liewe Heksie ·

Het die wat dood is ook die vuur gesien ek sou geweier het om af te gaan Ons almal weet van moordenaars wat rondloop en ons boere vermoor word daar voorsorg getref Ek is jammer as ons boere so maklik afgeskryf kan word dan was daai myners se strepie ok mos getrek

Chris W ·

Hier gaan beslis grootkoppe se koppe rol met die gemors!Eerstens die vernantwoordelike nagskof mynkaptein het nie sy werk gedoen nie.Tweedens die ondergronde bestuurder op daai skag het nie sy werk gedoen nie en dan skof voormanne onder toe ook nie.AL daai mense gaan verantwoording moet doen oor die “ongeluk” wat beslis geen ongeluk was nie want hulle is direk vernantwoordelik vir ondergrondese werkers se veiligheid.Hier kom groot moeilikheid vir Impala Myn Bestuur.Hou maar dop ,iemand hoog op gaan in die hof beland hieroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.