Mynwerkers sit vas in goudmyn

Argieffoto

Drie mynwerkers is steeds in die Mponeng-myn digby Carletonville in Gauteng vasgekeer nadat seismiese aktiwiteite Donderdagmiddag in die gebied voorgekom het.

Gabriel Nkosi, die vakbond Amcu se nasionale gesondheid-en-veiligheidskoördineerder, sê altesaam sewe mynwerkers was aanvanklik ondergronds vasgekeer. Vier kon egter intussen gered word. Die ander drie word nog vermis.

Mponeng is die wêreld se diepste, werkende goudmyn.Harmony Gold het onlangs die myn by AngloGold Ashant oorgekoop. Die myn strek tot 4 km onder die grondoppervlak en is bekend vir sy seismiese aktiwiteite.

Nkosi sê Amcu hoop die vasgekeerde mynwerkers word vinnig gered. “Ons dink aan diegene wat deur hierdie tragiese gebeurtenis geraak is.”

Amcu doen ʼn beroep op alle mynbase om meer van hul winste aan te wend om veiligheidstelsels en -infrastruktuur op te skerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Deon ·

Dankie amcu, maar praat beteken niks, kry die arbeidswette in plek om die mense reg te beskerm.

Snowball ·

Hoop ook hulle word gou gered. Dit moet angswekkend wees om so vasgekeer te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.