’n Beskeie staatsrede vir 2021

Argieffoto: Kopano Tlape, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa se 2021-staatsrede sal op 11 Februarie in die Nasionale Vergadering plaasvind. Die aantal parlementslede en ander verteenwoordigers in die Nasionale Vergadering word egter vanjaar tot slegs 50 beperk. Dit word gedoen in oorleg met die afsonderingsregulasies wat tans geld.

Die res van die belanghebbendes, insluitend premiers, speakers en ander spesiale afgevaardigdes wat die provinsies in die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig, sal nes die res van Suid-Afrika virtueel moet inskakel wanneer Ramaphosa omstreeks 19:00 sy staatsrede vanuit die Nasionale Vergadering sal lewer.

Geen rooi tapyt sal vanjaar uitgerol word nie. Geen presidensiële ruiterstoet, geen presidensiële prosessie na die trappe van die parlementsgebou en geen erewag of geweerskote deur die Nasionale Seremoniële Wag sal vanjaar buite die parlement plaasvind nie.

So min as moontlik van die R2,2 miljoen-begroting sal bestee word, is Woensdagmiddag gedurende ’n virtuele mediakonferensie oor die staatsrede gesê.

“Ons wil nie R2 miljoen bestee nie. Ons wil nie ’n sent van daardie geld bestee nie want ons het ander behoeftes… Ons gaan niks anders as water in die Nasionale Vergadering bedien nie,” het Thandi Modise, speaker van die parlement, gedurende ’n mediakonferensie gesê.

Dit is later bevestig dat niks meer nie as ’n R1 miljoen aan vanjaar se staatsrede bestee sal word.

Alle besparings sal gaan aan “die modernisering van die parlement se tegnologiese kapasiteit om die grondwetlike funksies van openbare deelname, toesig en wetgewing te verbeter.”

Volgens Modise is dit belangrik dat die staatsrede te midde van die Covid-19-pandemie voortgaan aangesien dit die begin van die finansiële jaar aandui en die president sy agenda vir die jaar stel.

“Dit is die enigste tyd wat al drie bene van die staat (wetgewend, uitvoerend en geregtelik) en die drie sfere van die regering (kabinet, parlement en regbank) bymekaarkom. Dit was daarom vir ons belangrik om dit nie te kanselleer nie, maar om dit op ’n sensitiewe wyse te doen.”

Debat oor staatsrede

Die twee huise van die parlement, die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, sal na afloop van die staatsrede oor twee dae (16 en 17 Februarie) bymekaarkom om die president se toespraak te bespreek. Die president sal dan op 18 Februarie op die debat antwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Samuel ·

Wat kan CR ons vertel wat ons nie reeds weet nie? Die hele spul sal net ‘n klug wees en van sy beloftes sal dadels kom.

Wondermaarnet ·

Dit is ANC water en nie gewonde water wat ons witmense koop nie. Hulle moet mos als uitspattig doen omdat die belastingbetaler daarvoor betaal. Gee hulle kraanwater in ‘n bottel en glo my hulle sal nie die verskil ken nie.

JohanR ·

Dankie tog. Het my aand ete al meer as eenmaal verloor as Lindiwe Zulu op die rooitapyt trap. Laat one maar se sy is geen Angelina Jolie nie!

Manie ·

Nou wat is in die water wat so duur is. Ek sal gratis mampoer gee wat beter kan maak as baie van hulle uit aksie is vir ‘n paar dae. Dan gebeur daar dalk iets.

annie ·

So eintlik het hulle nie besparing ten doel nie maar die opknapping van die parlement en ons kan seker wees die bedrag gaan uiteindelik baie hoèr wees. En met planne om salarisse te vries gaan ons uiteindelik seker die hele weermag a la Washington.Biden in die Kaap nodig hè om gemoedere af te koel siende dat die see ook net vir die weermag oopgehou word.

Anel ·

Nou wat kos R 1milj? Hulle gaan net water kry maar daar gaan seker geeet word na die tyd!!!

Wondermaarnet ·

Dankie tog. My belastinggeld hoef hierdie jaar nie aangewend te word vir etes en klere vir kaders en hul metgeselle nie.

Henk ·

Die klug het nog nooit enigsins iets bygedra nie en kos net die belasting betalers in klomp geld vir die lot om party te hou! Ek wonder wanneer gaan ons ophou praat en die regering en sy meelopers in die bek skop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.