‘ʼn Derde van Afrikaanse skole uitgewis sedert 2002’

Angie Motshekga tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: DOC

Enkelmedium Afrikaanse skole het onder die ANC-regering sedert 2002 met byna ʼn derde verminder wat as bewys dien dat die aanslag teen Afrikaans ook op basiese onderwysvlak hewig is.

Só sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder, oor basiese onderwys.

“In antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus het Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, gesê sy het nie syfers sedert 1994 tot haar beskikking nie, maar dat die aantal Afrikaanse skole afgeneem het vanaf 1 814 in 2002, tot slegs 1 234 in 2016,” het Alberts gesê.

Volgens die VF Plus voer die minister aan die rede hiervoor is ʼn “groter aanvraag” van leerlinge na Engels en ʼn “afname” in die aantal Afrikaanse leerlinge by skole.

Alberts meen die minister se antwoord is verstommend en die VF Plus se waarneming is allermins dat daar ʼn afname in die aantal Afrikaanse leerlinge is, maar dat daar eerder ʼn doelbewuste en stelselmatige uitwissing van Afrikaans in skole plaasvind.

“Daar is ʼn aggressiewe houding teenoor Afrikaans waar skole gedwing word om andertalige leerlinge in te neem waarna die proses van dubbelmedium en later totale verengelsing vinnig volg. ʼn Groot rede hiervoor is omdat daar nie nuwe skole gebou word nie en baie bestaande skole verwaarloos en in onbruik verval het,” het Alberts gesê.

Alberts meen Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR van onderwys, se ongenaakbare stryd teen Afrikaanse skole dien as bewys hiervan.

“Ek sal gewis opvolgvrae aan die minister stel om te hoor op grond waarvan haar aannames berus. Dit behoort van objektiewe, wetenskaplike studies te kom. Ek sal haar ook weer konfronteer oor die beskerming van Afrikaanse skole en die skep van skole vir ander moedertale om Afrikaans sodoende te beskerm,” het Alberts laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Andre ·

In limpopo is daar die afgelope paar jaar meer as 100 skole afgebrand of verwoes , weet nie hoe lyk dit in ander provinsies nie ?

Leon ·

N groot rede is ook dat baie ouers nou besluit om eerder die kinders in engelse skole te sit, ekt 6 pare vriende wat hul kinders of engels grootmaak of in engelse skole sit, ouderdom tussen 25-32.

Ken2 ·

En omdat Afrikaners eerder honde as kinders aanhou, hulle dink honde is mense en dit gaan tot die uitsterwing van die Afrikaner lei. .

Hans ·

Tog interessant dat die Britte die veremgelsing na 1902 kon regkry nie,maar die regering vir wie engels n 2de of 3de taal is so suksesvol is met die proses.

Erick ·

‘Die enigste plek waar die Boere ooit saamgestaan het, was op die skip na St Helena – want daar was nie plek om te sit nie.’

Michael ·

Wyse woorde Erick en ek moet my kop in skaamte laat sak en saamstem

Disselboom ·

… en daarna vra ons onsself die vraag hoeveel christelik-Afrikaanse skole ons opgerig het terwyl ons tog duidelik al vir jare (eintlik dekades) al kan sien watter rigting dinge gaan?

Eish ·

Geen wonder ons lei aan sekondêre stress sindroom en empatie uitbranding nie.

JC ·

Dankie Susan:) Ons ware Afrikaners raak al hoe minder. Die koring word maar nou van die kaf geskei, ne? Jy doen jou kind met wie jy op jou skoot IN SY MOEDERTAAL gepraat het DIE GROOTSTE ONREG DENKBAAR AAN, terwyl die mense in hul liggelowigheid DOG hulle doen die kind ‘n guns, ha!
Werklik….?????

Vic ·

Indien jou huistaal Afrikaans is, maak dit nie regtig saak in watter taal n kind leer nie. Kinders kan verskeie tale aanleer as hulle jonk is. Maar as jy Engels in die huis praat sal hulle verengels

JC ·

Daar praat jy nou ‘n groot onwaarheid ou maat.
Kinders moet vreemde en nuwe begrippe EERS in hul moedertaal bemester, enige taalkundige en kundige op die gebied sal dit beaam. Om een taal by die huis te praat, en onderrig te ontvang in ‘n vreemde taal, lei tot verskeie kognitiewe probleme en gebreke, dit is wetenskap; en onweerlegbaar. Dus: Engels by die huis, BLY by Engels op skool, Afrikaans by die huis, BLY BY Afrikaans op skool.

Vic ·

Jammer JC, daar is geen goeie navorsing om jou opinie te staaf nie. Glad en geensins onweerlegbaar nie. Die brein is n wonderlike, buigbare en meesterlike deel van die ligaam. Vele tale kan kleintyd aangeleer word sonder die minste kognitiewe probleme of gebreke.

Ken2 ·

JC is reg, Vic ook maar JC is meer reg. Die redenasie van Vic geld as jy kinders al van ver voor skool tweetalig grootmaak. Maar ons het mos skole en hele goed funksionerende sisteem opgebou wat goed gewerk het, in Afrikaans, en ons mense het wereldwyd baie bereik. So waarom moet ons net bly afgee, oorgee.

Deon Joubert ·

In George kry jy al hoe meer Afrikaans sprekende mense wat hulle kinders in Engelse skole sit alhoewel daar baie goeie Afrikaans sprekende skole is.

Ken2 ·

Regoor die land kry jy ook baie engelse mense en mense van afrika tale wat hulle kinders in afrikaanse skole sit omdat ons skole nog goeie waardes en hoe standaarde het. Ons moet hierdie waardes en standaarde bewaar, dit word hooggeslaan deur vele.

Koos ·

Die realiteit is dat getalle wel in baie Afrikaanse skole afneem. Wat verder ‘n probleem is dat heelwat Afrikaanse skole nie hou by hul kapasiteit nie en tot 2000 kinders in het wat ver bo hul kapasiteit is omdat hulle kwansuis oor beter fasiliteite beskik en baie gewild is(ook omdat hulle kinders van oral met beurse werf om ligas te wen) Ander omliggende Afrikaanse skole wat in meer gemiddelde inkomste areas is en nie die finansiële kapasiteit het wat hierdie groot skole het nie (en nie glo dat een kind meer werd as ‘n ander is nie en daarom nie kinders koop nie)kry dan kleiner innames en dan moet hulle Engelse leerders inneem. Maar hierdie groot skole moet weet dat hulle ‘n lat vir hulleself pluk omdat hulle hul kapasiteit so groot gemaak het. Dis nie volhoubaar nie en sodra hulle getalle afneem gaan die departement net eenvoudig sê hulle het die kapasiteit om Engelse leerders in te neem. Afrikaanse skole voel niks vir mekaar nie. Dis nie net die onderwysdepartement nie.

Leon Dormehl ·

Daar slaam jy jy nou die spyker op sy kop. Hierdie kleiner skole berloor dan getalle en word dan deur die dept gedwing op Engelse kinders in te neem met noodwendige gevolge daarvan. Maar die inwoners v kleiner dorpe is veral skuldig hieraan. Ons noem dit die ‘kleindorpsindroom’

jaco ·

waarom al die gekla oor Engels? Verstaan Afrikaanse mense dan nie Engels nie? Wees bly alles word Engels. Ek wonder wat sou al die Afrikaanses wat nou so kla oor Engels gemaak het as alles verander het na Zulu of Tswana?
Dit val my op dat Afrikaanssprekendes wat so kla oor alles Engels word, amper 100% wit is. Die Afrikaanssprekende kleurlinge berus maar in die verengelsing. Dit val my ook oop dat swart Zulu-, Xhosa- en Tswanasprekers ook nooit oor verengelsing kla nie. So as die vir die oorgrote meerderheid van SA se mense goed genoeg is, WAT gaan ‘n klein groepie wit mense se gekla oor verengelsing nou eintlik help?
Laastens, sover ek weet kom Engels uit ‘n WIT landjie in Europa wat met hulle British Empire op ‘n stadium een derde van die wereld se landoppervlak beheer het en ORAL daar Engels as taal van oderdrukking gebruik het. SDo lag eerder in julle mou vir ons anti-wit, anti-koloniale regering wat ‘n WIT koloniale taal van onderdrukking bevorder.

Ken2 ·

As ons ons taal wil bewaar moet ons nie beledig nie, daar is plek vir almal. Ons verwag nie van engelse om skielik te begin oorslaan chinees toe nie.

Loreth Lourens ·

Hierdie onderwerp laat my dink aan my oorlede tannie. Sy is op Senekal in die Vrystaat gebore en het geen ander taal as Afrikaans geken nie. Toe kom werk sy in die stad. Dit was haar eerste kennismaking met Engels. Sy is toe so betower deur die Britse taal, dat sy daarna na Afrikaans as “julle taal” verwys en “hoe sê julle nou weer vir `n ‘stamp’ in julle taal? So is daar vandag ook steeds sulke “Afrikaanse sprekers.” Engels bly maar vir hulle `n wonderlike taal.

Hester ·

Ek verstaan nie eintlik waaroor sy in die eerste plek nie die regte syfers het nie. Sy is mos in beheer al n hele paar jaar? Wat se dit nou eintlik van die hele stelsel, dis lagwekkend. Kort kort dan hoors ons van hoe swak S.A se skole se standaarde in die wereld is. Moet sy ook nie bietjie verantwoordelikheid neem nie. Geen wonder ons kinders gaan landuit net na studies, hulle het net mooi alles opgen…k. Asb net nie weer AARTHEID blameer nie. Dis 25 jaar later. Wat het regtig verander.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.