ʼn Derde van munisipaliteite in weegskaal

Die uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing is Donderdagaand bekendgemaak. (Foto: OVK)

In sowat ʼn derde van munisipaliteite kon ʼn enkele party nie vanjaar ʼn oorgrote meerderheid stemme werf nie.

Die regerende ANC-party het weer vanjaar die meeste stemme in 161 van die 213 munisipaliteite landwyd tydens vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing ingewin. Die ANC het sowat 46% van die steun nasionaal ingepalm, ʼn reuse daling sedert die vorige munisipale verkiesing in 2016.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het dié uitslae Donderdagaand by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria bekendgemaak.

Net 12, 3 miljoen uit die meer as 26 miljoen geregistreerde kiesers (43,52%) het op 1 November gestem. Dit is die kleinste persentasie stemmers wat aan ʼn verkiesing deelgeneem het, sedert die aanvang van demokrasie in 1994.

Die DA het 13 munisipaliteite gewen, gevolg deur die Inkatha Vryheidsparty (IVP) wat die meeste stemme in tien munisipaliteite gekry het.

Die lot van 66 munisipaliteite hang nou in die weegskaal aangesien geen party ʼn volslae meerderheid gekry het nie. Koalisiepartye sal na verwagting binnekort in dié munisipaliteite gevorm word.

Die toppresterende partye het soos volg in die agt metro’s gevaar:

 ANCDAEFFAction SA
Kaapstad18,63%58,2%4,13%
Ekurhuleni38,19%28,72%13,57%
eThekwini42,02%25,62%10,48%
Johannesburg33,6%26,47%16,05%
Mangaung50,63%25,73%11,31%
Nelson Mandelabaai39,43%39,92%6,4%
Tshwane34,31%32,34%10,62%
Buffalo City59,3%19,52%12,6%

 

Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte, het die 95 onafhanklike kandidate wat hulself vanjaar verkiesbaar gestel het, geloof.

Glen Mashinini, OVK-voorsitter, het op sy beurt die 10 461 raadslede wat landburgers sal dien, gelukgewens.

“Ons moedig hulle aan om uit te gaan en ons mense se lewens te verbeter. Gaan en verseker dat ons gemeenskappe ontwikkel en in vrede leef. Gaan uit en verseker, deur eerlike en etiese werk, dat daar ʼn toekoms vir ons kinders gewaarborg is.”

OVK “tevrede” met verkiesing

Mashinini sê die OVK is tevrede met die verloop van die verkiesing en sê dit het ondanks ʼn paar haakplekke “vry en regverdig” geskied.

Volgens Mashinini het die kommissie 290 besware ontvang wat ná beraadslaging en ondersoeke opgeklaar is.

“Mense wil ʼn beter lewe hê”

Pres. Cyril Ramaphosa het tydens sy spreekbeurt gesê dat Suid-Afrikaners almal na ʼn beter lewe strewe.

Hy het ook gesê politieke leiers moet saamwerk en hande vat om die beste belange van Suid-Afrikaners te dien, en na die behoeftes van gemeenskappe luister.

“Plaaslike regerings moet die dryfveer agter voortuitgang en ontwikkeling wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shakespeare

Rama jy sê “alle Suid Afrikaners strewe na ‘n beter lewe” en al wat julle gedoen het die afgelope 27 jaar is om die land te verwoes en bankrot te steel en die werkloosheid tot 40% te laat klim. Julle het miljoene der miljoene mense laat daal tot ongekende armlastigheid. Julle is die grootste moordenaars van jou “our people” en julle gee niks om vir hulle nie.

casper

Lyk so al asof die stemmers wil voortgaan om te “struggle” eerder as om te verander!

annie

‘n Grootse geleentheid gisteraand wat selfs die VSA se presidensiële verkiesingsuitslag oorskadu om die trietsige uitkoms van die duur munisipale verkiesing na ‘n paar jaar van groot skandes te probeer kamoefleer. Maar die regering is skaamteloos en ons prez kan nie bloos nie; in sy nuwe suit met ‘n covid-begrafnisagtige afgemete stemtoon sy steun aan die volgende munisipale jol heelhartig toegesê: Kom almal vat hande en laat waai! Boem-boem!

Marius

Ten minste sal ons vir die volgende vier jaar nie weer n optog oor swak diens lewering sien nie , die people het besluit en hulle kruisies getrek. Lekker man Lekker.

Dirk Mostert

Die brandstof-prysstygings afgekondig ‘n uur nadat stembusse gesluit het. Soos Barend du Plessis (Minister van Finansies) destyds gese het:”Die verkiesing het nie gefigureer by die aankondiging van salarisverhogings vir staatsamptenare [kort voor die verkiesing] nie”.