ʼn Eerste vir matrieks: Soek jou uitslae aanlyn, in Afrikaans

matriekuitslaeMatrieks van 2014 is die eerste matrikulante ooit wat die geleentheid sal hê om hul uitslae digitaal op ʼn Afrikaanse platform te sien.

Maroela Media maak vanjaar geskiedenis as die eerste Afrikaanse aanlynplatform om die matriekuitslae te publiseer. Matrikulante het boonop nie nodig om lang lyste deur te soek vir hul naam en resultate nie, maar kan dit eenvoudig opspoor deur hul eksamennommer in te tik. Vandaar kan hulle ook hul resultate met die druk van ʼn knoppie op sosiale media deel.

Maroela Media, een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse nuus- en inligtingswebwerwe, gaan boonop erkenning gee aan Afrikaanse skole se topmatrikulante en kandidate wat ondanks moeilike omstandighede en terugslae goed presteer het.

Die matriekuitslae sal op Maroela Media beskikbaar wees die oomblik as dit deur die Departement van Onderwys bekend gemaak word. As jy ʼn matrikulant (of ʼn matrikulant se vriend of familielid) is wat dadelik die nuus wil ontvang dat die uitslae bekend is, kan jy nou al op Maroela registreer om ʼn SMS of e-pos te ontvang wanneer jy na jou uitslae kan kom kyk. Indien jy graag wil hê jou vriende en familie moet ook ʼn kennisgewing ontvang, kan jy hulle inligting ook verskaf wanneer jy registreer.

Onthou: Die Departement van Onderwys het bekend gemaak dat hulle vanjaar slegs eksamennommers saam met uitslae publiseer, en geen name of ID-nommers nie. Maak dus seker dat jy jou en jou vriende se eksamennommers byderhand het wanneer jy op Maroela na jou uitslae kom soek!

Ons hou saam met jou duimvas!

Klik hier vir die matriekuitslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

adele conradie ·

Ek het ongelukkig nie meer my eksamen no nie
Kan ek net my ID gebruik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.