ʼn Nudistestrand vir KZN?

Argieffoto

Argieffoto

Die Hibiskuskus-munisipaliteit sal Dinsdag ʼn aansoek aanhoor vir ʼn nudistestrand aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

“’n Nudistestrand sal bydra tot ekonomiese groei in die area,” het Athol Lutge, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Nudistevereniging, gesê. “Dit sal meer internasionale en plaaslike besoekers lok. Daar is baie geld wat saam met nudiste besoekers invloei.”

Die munisipaliteit sal die vereniging na verwagting teen Woensdagoggend oor sy besluit inlig. Lutge het gesê hulle versoek dat Mpenjati-strand, tussen Palm-strand en Trafalgar, ʼn nudistestrand word. Volgens Lutge ontvang Frankryk sowat R3,5 miljoen per jaar danksy nudiste. “Dit sal vir hierdie toeriste ʼn goedkoop vakansie wees.”

Tydens ʼn debat wat Maandag oor die saak gehou is, het meer as 100 inwoners aangedui hulle is ten gunste van die idee en minder as 50 inwoners was daarteen gekant, aldus Lutge.

“Volgens ons munisipale regulasies word naaktheid verbied,” het Reyna Joubert, ʼn inwoner van Trafalgar, aan The Times gesê. “Indien mense wil kaal wees, het ek nie ʼn probleem daarmee nie. Ek loop kaal in my huis rond. Wanneer ek egter vir myself in die spieël kyk, dan dink ek, ek lyk soos daai kaal oumense op die strand. Alles hang. Ek wil nie na hangborste en -boude kyk op ons strand nie.”

Amanda Foster, ook ʼn inwoner, het egter aan die koerant gesê: “Ek sal graag ʼn dag saam met my familie op die strand wil spandeer as nudiste. Is ek vreemd omdat ek, as ʼn ma en ouma, vry en kaal wil wees op die strand?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Theresa ·

Die lewe is so deurmekaar en onderstebo. Nou wil julle wragtig julle nog besig hou met sulke snert. Geen wonder die Here straf die wêreld met natuurrampe nie.

monika ·

genade maar die mense se koppe raas. Wat sal hulle nog doen vir geld. Maak liewer die stande skoon. Daar kan meer musiek op stande wees. Praat nie die musiek wat jou ore seer maak nie. Sal my dood lag vir al die goed wat hang en boep-pense.

SNEL ·

Skinny dip by die huis, vir wat oop en bloot rond loop, dis n resep vir moeilikheid. Hoop nie dit word toegelaat nie.

Marietjie ·

Adam en Eva was kaal in die paradys? Ek het geen probleem met ‘n nudistestrand nie. Daar is die mooiste nudiste oorde, maar ongelukkig almal Pretoria se kant toe uit en ja, dit trek wel toeriste. Daar is talle families wat hierdie oorde besoek – Ma, Pa, kinders en Ouma ook. Mense het ‘n wanopvatting oor nudiste en gaan dit ook glad nie hoe die persoon lyk nie en sien mens dit glad nie eens raak nie. Die Engelse beskrywing is “naturists” wat dalk meer beskrywend is as nudiste is.

VerVanRyn ·

Dit is onsin. In ‘n land met soveel verkragtings soos ons sin kan dit nie bydrae tot ‘n oplossing nie.

Willie ·

Ou Athol, jy het dit mis my maat. Dit gaan nie net ekonomiese groei wees nie, dit kan ek jou waarborg.

Nina ·

Enigste groei gaan vir die kriminele wees. Meer mense om helder oor dag te kom beroof. Tsk.

scalla ·

dit gaan n uithang geleentheid wees, die hope geld gaan seker op die strand gelos word want daar gaan gaan nie sakke wees om dit te hou nie

Willie ·

By daardie uithang geleentheid gaan “a lot of ballroom dancing” wees, scalla.

johann joubert ·

Met die Suidkus se wonderlike weer en lekker warm water sal dit fantasties wees om ‘n nudiste strand te he.Dit sal my ook weer rede gee om die Suidkus te besoek, iets wat ek jare laas gedoen het.

Opinie ·

Nee Amanda, jy’s nie vreemd nie, jy is die kluts kwyt. Jy moet eerder kaal in Weskoppies gaan rondloop.

Nina ·

Ja nee. Dis nie asof mens dit klaar NIE meer op die strande kan waag nie. Vrouens word mos nie op strande verkrag nie, selfs op Durban s’n MET kameras. Mens kan nie waag om ‘n badkamer te gebruik nie, uit vrees vir aanvalle.

Swaai jou kaal g@t by jou huis, waar die res van ons nie daarin moet vaskyk nie. Ek dink dis vieslik om kinders aan sulke goed bloot te stel net omdat grootmense verdomp orig is. Ons moes al hoeveel keer die strand verlaat agv sekere mense wat sommer in (deurskynende!!) onderklere die water invaar, waar my klein dogtertjies by was. Dis walglik. Ek wil beslis nie enige een se goeters vaskyk nie! KOTS!

En ekonomie se g@t ook! Die strande is oral so vuil en septies dat mens nie kan kaalvoet loop nie! Gaan leer by Mosambiek hoe lyk lieflike, SKOON strande, dan sal meer mense dalk daarvan gebruik maak. En maak plan met die kriminele wat oral is! DIS JUL GROOTSTE PROBLEEM!

Sollie ·

@Nina – ek stem nogals heeltemal saam met jou. Ek het niks teen nudiste per se, maar hou dit privaat by jou huis. Daar kan baie meer geld gemaak word en hope meer toersime getrek word as strande skoon en veilig is – SOOS IN DIE OU DAE.

Kaalbal ·

Ja-nee, soos dit gaan in ons land. Die wat nie weet waarvan hulle praat nie lewer die grootste komentaar. Mense moet wakker skrik en ‘n lewe kry. As jy in ‘n donker gat wil sit en leef doen so en gun ander mense wat wil leef hulle lewe….!

Ivan ·

Ek wonder hoekom het elke dorp of stad nie ‘n fasiliteit vir Naturiste nie? Ons het in Duitsland heerlik by sulke ‘tekstielvrye’ swembaddens gekuier. Gou voel jy heel op jou gemak. Swem met klere aan is natuurlik nie natuurlik nie, so ook nie om te stort of bad met jou klere aan nie. Wat die ander betre; Jy is nie daar om te wys of te staar nie, net om die vryheid te geniet.
Dis ook heelik verfrissend en opwindend om in jou adamsgewaad deur die bosse fiets te ry op warm aande. Ongelukkig het RSA soveel onmense dat dit natuurlik nie hier gewaag kan word nie.
Hoed af vir Hibuskus!

Briany ·

Ek het lank laas so n` klomp selfsugtige mense gesien.Hulle het honderde kilometer strand tot hulle beskiking maar gun die naturists nie eers 500 meter daarvan nie

peter ·

Nog lank voordat die strand as n nudist strand geproklameer was het mense dit as n nudist strand gebruik en daar was geen problem nie hoekom sal daar nou wees ek was al daar en het in my geboorte pakkie geloop en dit is baie “liberating” daar word nie na jou gestaar nie en andersom almal het respek vir mekaar se liggame ek se “if you cannot beat them join them”

peter ·

dit was al lankal n nie amptelike nudiste strand sonder enige probleme hoekom sal daar nou probleme wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.