ʼn Ope brief oor plaasmoorde

(Foto: pixabay)

Die Demokratiese Alliansie het Maandag sy #StopPlaasaanvalle-webwerf (stopplaasaanvalle.co.za) van stapel gestuur met ʼn ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa.

In die brief word Ramaphosa gemaan om om verskoning te vra vir sy onjuiste en kwetsende opmerkings in ʼn onderhoud in 2018 toe hy ontken het dat plaasmoorde in Suid-Afrika plaasvind. Die brief versoek hom om dringend op te tree omdat mans en vroue in landelike gebiede in vrees moet leef terwyl hulle onverpoosd werk om die land te voed.

Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister van staatsveiligheid, sê haar party moedig alle Suid-Afrikaners aan om die ope brief aan die president te onderteken en hom te versoek om dringende aandag aan die kwessie van plaasaanvalle en -moorde te gee.

“Die DA sal die brief en die handtekeninge by die parlement indien en optrede eis van die ANC-regering. Die regering en die parlement kan nie hulself blind hou vir die lot van boere, plaaswerkers, hul ouers, vroue en kinders wat gemartel en sinneloos vermoor word nie.”

Kohler Barnard het verwys na ʼn 80-jarige vrou wat onlangs op haar plaas in Zastron aangeval en vir dood gelaat is oor die grens in Lesotho. “Sy moes luister hoe haar aanvallers planne maak om haar dood te maak. Een van haar aanvallers was na bewering een van die 19 000 gevangenes wat op parool vrygelaat is in justisieminister Ronald Lamola se plan om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Dit was onlangs herhaaldelike gerusstellings deur die minister en die president dat slegs laerisiko-oortreders vrygelaat sou word.”

Sy het gesê plaasaanvalle is een van die simptome van ʼn “siek regering”. “Korrupsie, hebsug en magsug het die mandaat vir dienslewering vervang. Dit wil voorkom of ANC-politici vergeet het dat hulle in invloedsryke en magsposisies geplaas is om primêr om te sien na die behoeftes van die burgers van die land. As hulle dit gedoen het, sou goedkoop politiekery nie nodig gewees het om die werklike probleme te ontken nie.”

Kohler Barnard voeg by Suid-Afrika sou ʼn baie ander plek vandag gewees het as die regering sy oorspronklike restitusie-beloftes nagekom het, in die ekonomie en infrastruktuur belê het, en gebou het op die goeie werk wat gedoen is in die jare ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994. “Daar sou minder ongelykheid gewees het en minder burgers wat op straat sou gesit het sonder ʼn werk of hoop. As al die geld, wat deur die ANC geplunder is eerder in die land belê is, kon Suid-Afrika baie nader gewees het aan die utopie wat ons in 1994 in gedagte gehad het. Nou het ons ʼn regering wat altyd op die agtervoet is, want sy nalatenskap kan nie meer verdedig word nie.”

Die party beplan die volgende stappe:

– Versoek om ’n debat van nasionale belang in die parlement.

– Wanneer gepas, plaasaanvalle as haatmisdade aangee.
– Implementering van moniteringsinstruksies om oor ondersoeke en hofverrigtinge toesig te hou.
– Toenemend navorsing doen en statistieke bywerk.
– Verbeterde samewerking met landbou-unies en ondersteuning van plaaspatrollies.
– Volgehoue ondersteuning vir grondebesit en finansiële bystand vir ontluikende boere.
– Verbetering van die verhouding tussen die SAPD en boere.
– Volgehoue druk vir hervestiging van volledig toegeruste spesialis-eenhede.
– Vra vir opskerping van die ondersoekende kapasiteit van landelike SAPD-stasies.
– Vra dat die SAPD landelike aanvalle herklassifiseer as prioriteitsmisdade.
– Veg teen onteiening sonder vergoeding.
– Vra vir ’n hersiening van regulasies oor grondbesetting.
– Vra dat boere wat geld aan privaatsekuriteit bestee, belastingverligting kry.
– Aanvraag vir groter misdaadintelligensiekapasiteit in landelike gebiede.
– Die noodsaaklikheid van grensbeheer uitlig.
– ’n Gesamentlike ministeriële beraad oor landelike veiligheid aanvra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie ·

Mense ek is bitter jammer om vandag dit te se. Ek het met my hele hart geglo dat Suid Afrika n land gaan wees waar ons almal sal gelukkig in kan leef, maar ons probleme word net erger. Ek is bevrees om briefies te skryf en heeltyd te dreig gaan nie help nie. Net soos die ANC van 1994 net een ding in gedagte het en dit is vernietig die witman net so sit is sogenaamde wit leiers in ander partye en briewe skryf van ons soek erkenning en vra vergifnis. 26 jaar word daar versoek en gesmeek deur die witman hoe lank wil julle nog smeek en pleit. Het dit nie tyd geword dat die rolle wat die ANC gespeel het voor 1994 gespeel het nou maar moet omdraai dat die witman nou maar moet begin om te doen wat hulle in die vroeer jare gedoen het. Dit maak seer om dit te se maar dit wil vir my voorkom dat dit ons enigste hoop vorentoe gaan wees. Hulle het nooit opgehou om ons te bermoor nie die enigste verskil nou is dat hulle gebruik nie bomme nie maar ons word boer vir boer uitgemoor

Leon ·

Julle kan nie van ‘n regering wat ‘n diktatuur wil implementeer verwag om om te gee vir die burgers nie. Dit gaan net om die ANC en die ANC alleen. Solank as die kaders en kamerade aan die bopunt floreer kan die gepeupel maar vrek. Hulle gee nie ‘n duit om nie.

Pieter ·

Beter om nie anc in hoofletters te skryf nie, dit toon hopeloos te veel respek.

Hercules ·

die ANCriminal Eenheid is terroriste & hul voel vere vir enigiemand behalwe hulself!!

Pieter ·

Dit is tyd dat ons blankes stanpunt in neem praat gaan vir ons niks help nie. Ek stem honderd pers saam met danie. Dit is van al die gepraat en kla dat ons sit waar ons sit. Elke dag word ons boere uit gemoor en al wat ons se is jammer. Ons blankes gaan moet saam staan iets wat ons nog nooit kon doen nie maar dit is nou die tyd om dit te doen.

Pieter ·

En die uitwerking van die brief gaan wees …..ABSOLUUT NIKS! Al wat gaan werk is om anc ministers se huisadresse vir die massas te gee sodat hulle direk met hulle kan gaan “gesels” en sommer paar Molotov Cocktails saamnaam om die atmosfeer feestelik te maak.

Pierreli ·

cr, die kamstige president gaan niks doen nie. Al hierdie aanvalle en moord op die Boere volk is deel van die anc se planne.

Hector ·

As ‘n vriend van die Boere, reeds sedert die 1980’s, wil ek ook baie graag teken. Hoe moet ek maak? En kan hierdie ope brief aan die President ook deur mense in Vlaandere geteken word? Sterkte, Boere!

Scalla ·

Stel aan hul n altimatum, moenie voorstelle op die tafel sit nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.