ʼn Swart Maandag teen Zuma

‘n Swart Suid-Afrikaanse vlag soos dit op die #BlackMonday-veldtog se webtuiste verskyn.

“Ons siele is nie te koop nie.” Dít is die boodskap van die sogenaamde #BlackMonday-veldtog waardeur daar ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen word om vandag swart aan te trek om hul ontevredenheid oor pres. Jacob Zuma se omstrede kabinetskommeling te demonstreer.

Die veldtog kom te midde van talle politieke en burgerlike leiers wat in die afgelope paar dae hul ontevredenheid en agterdog uitgespreek het rondom Zuma se middernagtelike kabinetskommeling verlede week waartydens onder meer Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit hul poste verwyder is.

Gordhan het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie en Saterdag tydens ʼn gedenkdiens vir Ahmed Kathrada, die ANC-struggle-veteraan, gesê mense moet georganiseerd raak in hul teenstand teen Zuma. “Die propagandakanaal het [Vrydagaand] berig ek moedig massamobilisering aan. Ja, ek moedig onbeskaamd massamobilisering aan. Ons moedig massamobilisering aan om seker te maak die mense regeer,” het Gordhan gesê.

Sondag is ʼn boodskap van die #BlackMonday-beweging wyd op sosiale media en deur Whatsapp- en SMS-boodskappe versprei. Dit is nie duidelik wie vir die ontstaan van die veldtog verantwoordelik is nie, maar volgens ʼn beskrywing op die amptelike webtuiste is die veldtog deur “gewone, bekommerde burgers van hierdie land” begin.

“Ons wil graag ʼn verenigde stem bied waaragter alle Suid-Afrikaners kan staan. Ons is geensins polities geaffilieerd nie,” het die skrywe op die webtuiste gelui. “Die tyd het gekom vir ons almal om te verenig agter die waardes wat in ons grondwet vervat is. Ons almal het ʼn verpligting om hierdie waardes te handhaaf en te verdedig deur ons regering aanspreeklik te hou volgens hul wetlike mandaat.

“As teken van ons ontevredenheid, nooi ons alle ontevrede Suid-Afrikaners om agter die #BlackMonday-beweging te staan. Maandag, 3 April 2017, sal ons almal swart dra in solidariteit en die hutsmerk gebruik om ons veldtog uit te brei. Ons kan nie langer passief wees nie.”

Die webtuiste gee besoekers ook ʼn geleentheid om ʼn petisie te onderteken om hul ondersteuning aan die veldtog te toon.

Talle sosialemediagebruikers het sedert Sondag op sosiale media hul ondersteuning vir die veldtog uitgespreek en teen Maandagoggend was #BlackMonday die derde mees gebruikte hutsmerk op Twitter. Sommige gebruikers het egter ook hul afkeur van die veldtog bekendgemaak en bevraagteken hoekom daar nie soortgelyke veldtogte tydens ander groot politieke gebeure, soos Marikana, gehou is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Dirk ·

Eks net bang Zuma verklaar 3 April 2017 tot ń nasionale vakansie dag om BLACK MONDAY te gedenk.

Nivea ·

Lekker lag ek nou. So onooslik soos hy is sal hy JZ please just step down!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jude ·

“Maandag, 3 April 2019….” Lyk my ek het so 2 jaar te vroeg my swart pakkie aangetrek…. 0_0

Janie Monsieur ·

Dagsê Jude,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir daardie foutjie, dit moes 3 April 2017 gewees het! Dankie dat jy ons daaarop gewys het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

E.K. - ek sê net! ·

Rooi – enige beter idees van jou af? Laat ons hoor!

zuma skande vir suid afrika ·

almal praat almal lewer komentaar almal kla, maar steeds word daar niks aan hierdie flippen skelm gedoen nie……..niemand tree op nie, miskien moet ons ook soos Trevor Noah se………..God please let your will be done, en dit is om Zuma te stuit waarmee hy besig is…………

AL ·

Teken n petisie al is dit net die DA se noconfidence. Elke stem moet nou gehoor word.

Janie Monsieur ·

Dagsê Ester,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir daardie vingerglip! Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Gerald ·

Mense ek het waardering vir hierdie inisiatief en dit is goed dat ons iets doen maar hierdie knaap sit waar hy sit en hy het al sy boeties om hom saamgetrek as sy beskerming,waar is Qwede nou? Doodstil! Is dit waar dat sy vrou Miljoen rand kontrak gekry het?

Beyers ·

Die DA moet maar self klaarkom. Hulle het ons ook uitverkoop soos de klerk want hulle het nie ‘n woord gese oor die plaasmoorde nie.

Johann ·

Ek glo ook dat baie mense wakker geskrik het oor die DA. Die DA weier om enigsins die plaasmoorde en ander geweld te verdoem.
Ek glo dat Suid Afrika nou soos ‘n boot op die see rond dryf sonder enige stuur.
Die Here help ons

Leon W ·

Ons dra al lankal swart klere, elke dag, om die grafte van ons geliefdes. Enige aksie op die stadium sal dalk wel help. Kan niks regtig daardeur verloor nie.

Gideon ·

Waarom was daar nooit n Swart Maandag of Swart week gehou vir al die vermoorde mense in ons land nie? Vra die DA – hulle was te bang om te praat. Nee wat – kry vir julle. wat jy saai sal jy maai. Ook maar verraaiers net soos die res. Hulle is onder een sambreel met die anc.

Johann ·

Ek voorspel dat hier groot probleme kom vir SA. Dit gaan nog voor die einde van die jaar gebeur.
Een vand 2 dinge:
1. Die president & kie gaan met geweld verwyder word
2. Onrus – ek glo dat baie mense, ongeag van ras, is moeg vir die Zuma & Guptas.
Hier kom GROOT probleme.

John ·

Die Ingelse oom se byeenkoms bekommer my. Gaan die veiligheid en gesondheid van die mense gewaarborg word. Tye is boos. Ook die oop veld en al die 2-been en ander slange wat nou so loop en kinders wat rondspeel… Mediese hulp en slangteengif moet daar wees… Of is my vrese en voorbodens vergesog?

Christo Louw ·

Jy moet in gedagte hou dat die mense gaan bid so die goed waarvoor jy bang is gaan nie daar wees nie.

Saamstan ·

Ek dra vandag met trots my swart klere. Ek is so lief vir die pragtige land. Ek is trots Afrikaans, Suid-Afrikaans groot gemaak en ek sal my swart dra omdat ek rou oor die huidige kwessies in ons land. Dit is wonderlik as ALMAL so kan saam kom en saam staan oor iets. Mense is so gou om hulle mening oor sosiale media uit te spreek en dan geweld as die antwoord te gee. Ek is seker Zuma voel ‘n veer vir ons in ons swart maar net die feit dat dit mense bymekaar bring gee vir my hoop vir hierdie land!

Rynhardt ·

Maroela,daai swart Suid-Afrikaanse landsvlag is puik! Wat se jul?? Ek het nooit vir landsvlag gestem waaronder my mense onderdruk en uitgemoor word nie! Ons opregte Afrikaners se se siele is nie te koop in n piesang-republiek met n klomp hansworse nie!

Grassie ·

Zuma steur hom nie aan al hierdie kritiek nie. Hy ignoreer dit net, dit is soos water wat van ‘n eend se rug afrol.Sy standaard antwoord is net “he-he-he”. Hy sal net doen wat sy geldbase hom beveel. Ek dink die gebeure van die afgelope paar dae kom neer op ‘n staatsgreep deur sy base. Die staatskaping is nou voltooi. Ek hoop ek is verkeerd, maar die weerstand sal maar net dag vir dag voortsleur totdat dit stoom verloor, dan is Zuma & kie stewig in die saal. Dan gaan ‘n klein groepie hulself tot barstens toe uit die geldkas volstop terwyl die kanonvoer, wat tog weer vir hulle gaan stem, vergaan van ellende.
Miskien is ek onnodig pessimisties. Miskien is daar mense met genoeg ruggraat om Zuma te stuit. Maar ek het nog nie een raakgesien nie.

L. LE ROUX ·

Maroela kan julle asseblief vir ons uitvind of die gerugte en boodskappe waar is dat die land Vrydag tot stilstand gaan kom in massaverset en protesoptredes regoor die land. Baie dankie.

Theresa ·

Dankie – want daar is baie gerugte en whatsapps hieroor. Maar nie presiesheid nie.

Leen ·

Jinne, julle, julle maak my nou bang met die goed soos “Black Monday” en #ZumaMustFall en die totale totstilstandkoming van die land komende Vrydag. ‘n Rukkie terug was daar iets van ons witmense wat moet pasop vir die 6de April, iets van ‘n opstand en dinge wat in/om/naby Pretoria en Johannesburg gaan gebeur. Nee, ek dink ek kruip van Woensdag af in onder my bed (sal maar sukkel, maar toemaar ….) en bly lê net daar. Basta met werk toe gaan!

E.K. (vra net) ·

Dis bietjie laat – weet nie of almal hul solidairteit kon wys nie ek hoor n08 halfnege eers daarvan. MAROELA: Ek het ‘n whatsapp gekry – weet nie waar die ontstaan is maar daar is gevra dat ALMAL Vrydag moet osptaan (#Zumamsutfall #SOuthAfricamustrise) en aan optogte deelneem en NIE werk toe gaan en die land so lamlê. Daar word gevra dat mense moet saamstaan vir eens en wys ons KAN iets doen deur ons aksie en met plakkate ens vra dat Zuma moet uit. Weet julle van so-iets en kan jul ons vertel. Ek sal beslis aan vreedsame betogings wou deelneem en so my solidariteit bewys. Help nie mens kla net en doen nie IETS nie. Sou graag wou hoor of jul van die Whatsapp boodskap weetr – dis taamlik lank.

E.K. (vra net) ·

Jammer vir vingerfoute. Sou graag wou hoor wie het dalk ook hierdie whatsapp gekry en kan mens dalk saamstaane ne regtig WYS ons wil iets doen. Dink nou as ALMAL of dan 90% van mense in SA aan optogte deelneem Vrydag?

Charmaine ·

Dis korrek so MAAR dit moet in dorpe of streke gereel word deur verantwoordelike persone wat toestemming daarvoor moet kry. Lees op news24 die polisie weet ook nou en hul se daar is GEEN toestemming aangevra. Waaar is ons politieke partye nou – praat !!!!

Janie- meer info asb? ·

Dankie Janie, kan Maroela/Afriforum nie uitvind of mens wel vreedsmae optogte mag hê en hoe en wat en waar want ek WIL my solidariteit so bewys al is dit al wat ek kan doen. Wat is die mag en moets en kan of kan nie en is daar dalk reelings getref vir so iets? Waar is Steve en die ander ouens wat nie bang is nie, kan ons reël vir oral in die land. Ek meen (oud) Minister Pravin Gordhan het in soveel woorde vir sulke tipe aksies gevra, laat ons asb saamstaan en ons ding doen. Die wat kritiseer – kom asb op met beter idees dan en ons sal volg!

Ange ·

Wat van ons staan saam op ons kniee? Hierdie regering het ons op ons kniee gedwing so terwyl ons op ons kniee is kan ons mos bid en laat die Here vir ons baklei?

Dassie ·

Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God. 2 Kronieke 20:15

dirk L ·

waars die groot maatskappye wat so baie belasting betaal ? hulle moet die regering saksioneer

Daan ·

Die waarheid is dat al kry hulle dit reg om van Zuma ontslae te raak gaan die blankes nog steeds nie werk kry nie.

Ange ·

Jong ja, ek is net bevrees as Zuma verwyder word volg iemand baie erger. As ek so na ons opsies kyk lyk dit heel moontlik. Persoonlik sien ek nie n lig in die politieke tonnel nie.

PvZ ·

Daar was ‘n geleentheid voor tydens die Verwoerd administrasie, asook net voor 1994 dat ons, ons eie plek kon beding het. Daar is vir oulaas nog een kans, en dit is nou, om so iets aan te pak. Ons wil nou saamstaan met die DA, EFF, PAC en al die ander organisasies wat presies dieselfde as Zuma wil hê. Wat is die verskil tussen Julius Malema en Jacob Zuma se planne vir ons land. Niks. Ons staan nou saam met mense wat baklei dat Jesus uit ons skole moet kom. Ons bou ‘n koshuis vir ons kinders by Tukkies, en dan wil die EFF dit vat, slegs drie maande nadat dit oop is. Nou gaan ons saam met die EFF staan. Selfbeskikking, selfbeskikking, selfbeskikking. Daar is die plan.

Ek stem PvZ ·

Dankie PvZ, ek stem saam, skielik moet ons saam met die vyand staan wat ons elke dag wil afslag, vermoor, lewendig begrawe, ons grond en eiendom roof, ons van alle regte en ons taal en godsdiens wil ontneem. Is dit regtig beter as Zuma? Neewat ek is ook moeg om altyd te moet SAAMSTAAN met mense wat nie dieselfde waardes as ons het of hulleself uitspreek teen misdaad en BEE en ander RASSISTIESE DISKRIMINATORIESE wette, en grondonteiening nie. Daar mag nie ‘n AFrikaanse privaat koshuis wees nie maar daar mag ‘n Black Management Forum en Black Lawyers Association wees? Hoekom kla ons blankes nie daaroor nie? Hoekom staan ons nie saam teen hulle nie? Waar is die swartes en indiers en bruines wat ook DIT as rassisties moet sien? NEEWAT .. loop nie ‘n pad met goddelose rassiste nie.

Jean ·

Neewat Mmusi is nogsteeds agter Helen Zille aan oor die ‘kolonialis tweet’. Dit is vir hom belangriker as enigiets anders. So ek sal nie aan ‘n optog deelneem van die DA nie, ook nie vir hulle stem nie. Ons lewens beteken NIKS vir Mmusi en sy party nie. Hy het homself nog nooit uitgespreek teen BEE wat nou al sy vervaldatum bereik het nie, inteendeel transformasie word net nog meer aangepor. Geen afkeur aan plaasmoorde op boere, boerinne en ONSKULDIGE jong kinders wat wreedaardiglik op plase en kleinhoewens vermoor word nie. Geen stem van sy kant af van twee geldwaens wat ten aanskoue van honderde lede vd publiek opgeblaas en beroof is nie, geen woord van hom oor ‘n student wat doodgeskiet is vir sy laptop of ‘n seun wat langs sy kar doodgery is nie. Daar was nog GEEN DA optog teen enige moord of doodslag in SA nie, geen woord oor die vernietiging van Universiteite nie. Beslis nie meer ‘n party vir die blanke nie, en lag maar, ons mag in die minderheid wees, maar die DA gaan beslis swakker wees sonder ons. En persentasiegewys betaal ONS nogsteeds die meeste belasting . so ja ja .. doen dit SONDER my, ek worry REGTIG nie of Zuma bly of gly nie, wie het julle in gedagte? MALEMA?? Zuma het hom mooi grootgemaak, en gee nou maar net voor om met hom te baklei. Ons is tog so gullible, shame.

Hans ·

Mugape het dit gedoen en is nog steeds president.Nie eens n verkiesing wat hy verloor het ,het hom verhoed om pres te bly nie.Groot bek donald trump het gese as hy pres word dan sou hy magabe en nog ander malles in die tronk gooi.

gerbrandt ·

Ek kan hulle nie ondersteun nie want hulle is almal dieselfde en staan vir dieslfde ding. Die uitwissing van ons blankes.
Hou maar verby. Wat moet gebeur sal gebeur.

Ek stem saam ·

Jy is 100% korrek!! Ek stem 100% saam met jou waarheid wat jy daar praat! Jys n yster Gerbrandt!

Theresa ·

Thuli en Gordhan in hoof besluitnemingsposte – hy beslis vir finansies. Dis pateties dat hy nou weer moes uit. Afriforum, hoe gaan mense te werk om wettig aan op ‘n ordentlike wyse deel te hê aan die veldtogte wat Vrydag gaan plaasvind, asb?
Almal moet maar in gedagte hou dit word gesê dat hoofweë versper sal word; strate ingeneem gaan word. En, so loop een storie: |As jy nie met jou plakkaat duidelik wys jy neem deel aan die teenkanting van korrupsie en Zuma se uittrede nie, jy nie deel is van die oplossing nie. Maak seker mens neem op so ‘n manier deel, dat jy veilig is en dat jy dit wettig doen. Wie kan help?

Lisa ·

Ek dink die beste is om maar uit die storie te bly. Was eers entoesiasties, maar sien dis klaar besig om ‘n ras ding te word.

Lynette ·

Nee wat Lisa, dis die klomp wat nie met enige mens kan of wil saamstaan, wat dit nou weer n ras kwessie maak. Altyd iets te se maar nooit bereid om iets te doen nie. Groot monde maar ander moet altyd die werk doen. Hier is n geleentheid om te wys ons staan saam want Zuma moet weg. Dit beteken nie jy gaan DA stem nie.

AL ·

Elke stem tel in die petisies.Maak nie saak met wie jy moet saamstaan nie. Hy het rasse verdeeldheid veroorsaak. Kommando’s dink ek was onder sy leierskap afgestel?
GRYP die geleentheid aan en ondersteun petisies.

André ·

GEGROET ELKE SUID AFRIKANER WAT kommentaar GELEWER HET!
* WEET ONS OF HET ONS VERGEET WAT BETEKEN…
*”EENDRAG MAAK MAG!”*
Dié Spreek Woorde kom jare saam ons Afrikaner Mense…. Een Fout…
Dit word nie TOEGEPAS nié!
*Mr. Zuma* must fall but it will be a human thing out of control….
We NEED to STAND TOGETHER, SHOULDER TO SHOULDER…. TO BRING RADICAL CHANGES ABOUT… WE ARE BEING MONITORED… BE AWAKE AND ALERT…! *SHALOM!*

Swerwer ·

Mense hou asseblief in gedagte dat die fokus van ‘n waansinnige skare binne sekondes kan verskuif deurdat een voorbok slegs iets skreeu en die rasende skare sal inval daarby. Dit kan teen jou draai. Dit kan dalk begin met optogte teen Zuma, maar blitsvinnig ontaard. Hou dit net in gedagte en wees veilig, maak ingeligte besluite, nie uiters dom “maak nie saak met wie jy moet saamstaan nie” en “eendrag maak mag” grype na grashalms nie. Wees ingelig, wees wakker, wees op jou hoede. Slegs 10% van ‘n bevolking moet uitgewis word om drastiese en verlangde veranderings teweeg te bring in so ‘n situasie. Dankie.

John ·

Zuma kry ook erge druk vanaf mev x wat skynbaar nou soos in dadelik president wil word en die Vroueliga en sg ‘jeug’ gaan haar help. Nou steun sy ook indirek op die wittes se betogings teen Zuma, dan stap sy in en doen so voort. Volgens haar gaan daar ‘n revolusie uitbreek as die jeug nie hul sin kry nie… en sy duidelik ook. Te veel wittes op ‘n kol is nie nou ‘n goeie plan nie en dan saam met Mmusi wat net op ons rug ry maar sy rug op ons keer sodra ons krisisse beleef. Dink mooi!

elvira bothma ·

Nee wat stap maar rusting voort. Ek bly veilig in my huis. Mens kan nie met daai mense saamwerk nie. Hulle koppe werk anders.

Charmone ·

Pres Zuma moet gaan! Of Pravin Gordan moet terug kom!
Ons land is besig om sy agter kant te sien!

humor ·

Ken jy nou ons Afrikanervolk. More is alreeds Woensdag en ek kan waarborg op baie dorpe is daar nog nie n vinger verroer om enige iets te reel nie. Ook nog nerens toestemming gevra nie. Die ou groepies sal maar klein en vaal en pateties vertoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.