
Talle mense het met televisiestelle gevlug. (Foto: skermgreep)
Die N1 by De Doorns in die Wes-Kaap was Vrydagoggend steeds gesluit nadat vragmotors en voertuie tydens ʼn betoging by dié dorp, asook by Worcester, met klippe bestook en gestroop is.
Twee vragmotors is boonop geplunder. ʼn Video van stropers wat met platskerm-TV’s – nog in die verpakking – laat spaander, het soos ʼn veldbrand versprei.
#ProtestAction Current situation on N1 DE Doorns, Western Cape. N1 closed both directions. Trucks been looted. Truckers please avoid De Doorns and other motorists. @News24 @Abramjee @SAPoliceService @eNCA @SABCNewsOnline @TheCapeArgus @SALTruckers @ArriveAlive @capetraffic pic.twitter.com/kjwGXIuRSc
— BOSBEER.COM (@BOSBEER2006) November 7, 2019
Die polisie het intussen verskeie van die gesteelde televisiestelle teruggevind.
Some TV's recovered after yesterday's protesting in De Doorns N1 by the members of @SAPoliceService. Hope they caught some thieves too. @BOSBEER2006 @Abramjee @MakeSAsafe @GTP_Traffstats @_ArriveAlive pic.twitter.com/SpzJLBP3IH
— SALTruckers (@SALTruckers) November 8, 2019
Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Bonginkosi Madikizela, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het die voorvalle ten sterkste veroordeel. “Dít is misdadigheid wat nie geduld kan word nie. Ons wetstoepassers moet verseker dat daar streng opgetree word teen die oortreders. Enigiemand verantwoordelik moet aangekla en vervolg word,” het Madikizela gesê.
Madikizela het gesê hy het verlede maand met lede van die vragmotorbedryf vergader, terwyl die provinsiale verkeersdienste operasies verskerp het om op brandpunte te reageer. “Padvragvoertuie is sagte teikens vir misdadigers en dit lei tot ʼn verlies aan vrag, skade aan voertuie, beserings vir bestuurders en selfs lewensverlies.”
Fritz het gesê die stropery en diefstal het geen plek in die samelewing nie.
“Dié optrede kortwiek ons plaaslike ekonomie, bedreig die werksgeleenthede en inkomste van hardwerkende burgers en veroorsaak ʼn gevoel van onveiligheid in ons samelewing. Ek veroordeel dit ten sterkste,” het Fritz bygevoeg.
Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê beamptes het Vrydag motoriste na ʼn alternatiewe roete verwys omdat die N1 stééds om veiligheidsredes gesluit bly.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
ek dink die beste oplossings sal wees by de Doorns is om die informele woonbuurtes langs die N1 totaal en al te verwyder. Die opredes die laaste ruk op die N1 wys en is rede genoeg om dat die informele woonbuurtes langs die hoofwee gevaarlik is en ‘n impak het op die ekonomiese groei.
Engeltjies , almal wat soontoe gestuur is met busse , om n nuwe lewe te begin
Geleentheid misdadigers
Hi ALMAL!!! Stuur asb trokke met handelsnaam tekkies ons benodig size 7 en 9. ons soek nie bata tekkies nie. En voor ek vergeet die TV wat julle gestuur het se remote het nie baterye in nie. stuur AAA baterye.
Die vele gesigte van SA onder die 25-jarige a en see bewind! Plunderaars, wanbetalers, kaders, korruptes, plaas-aanvallers/moordenaars, stalkings, onder-produktiwiteit uit die boonste gestoeltes ens. ens !!!