N1 dié naweek gedeeltelik gesluit

Argieffoto Foto: www.capetown.travel

ʼn Gedeelte van die N1 in die Wes-Kaap sal hierdie naweek vir uitgaande verkeer gesluit wees sodat noodsaaklike herstelwerk aan die pad gedoen kan word.

Die Wes-Kaapse departement van vervoer sê in ʼn kennisgewing dat die N1 tussen Durbanweg se uitgaande afrit en die R300 gesluit sal wees. Dit is in die omgewing van Eikenbosch tussen Bellville en Brackenfell in die Kaap.

Die pad is gisteraand om 19:00 gesluit en sal na verwagting Maandag om 05:00 weer heropen. Motoriste word aangeraai om oor die naweek van ʼn alternatiewe roete via Old Oakweg en Eversdalweg gebruik te maak.

Oor twee weke sal dieselfde gedeelte van die N1 weer gesluit wees, maar die keer vir inkomende verkeer. Die pad sal op Vrydag 15 Maart om 19:00 sluit en weer op Maandag 18 Maart om 05:00 heropen. Die alternatiewe roete wat vir die tyd aanbeveel word, is via die R300 en Ou Paarlweg.

Die departement sê maatreëls soos dié is noodsaaklik om instandhoudingswerk en opgraderings op provinsiale paaie te doen.

Motoriste is aangeraai om die naweek van ‘n alternatiewe roete gebruik te maak. (Grafika: Wes-Kaapse departement van vervoer)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.