N1 gesluit ná gru-vragmotorongeluk

Een van die vragmotors het aan die brand geslaan. (Foto: Verskaf_

Die N1 is Vrydag by die Koppies-afrit in die Vrystaat gesluit nadat twee vragmotors vroegoggend teen mekaar vasgery het. Een van die vragmotorbestuurders is dood toe die vragmotor waarin hy gery het, aan die brand geslaan het.

Die presiese omstandighede rakende die ongeluk is nie in dié stadium duidelik nie.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê een van die vragmotorbestuurders het doodgebrand terwyl die ander een na ’n hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

Die voorval het omstreeks 06:00 plaasgevind.

Makhele sê die snelweg is gesluit en verkeer wat in ’n noordelike rigting beweeg word by Kroonstad na die Heilbron/Koppies-pad herlei. Motoriste op pad in ’n suidelike rigting word op hul beurt voor die Vaal-tolhek na Vredefort herlei.

Die owerhede stel intussen ondersoek in na die oorsaak van die ongeluk en ’n saak van strafbare manslag sou vanoggend by die polisie aanhangig gemaak word.

Een van die vragmotors het aan die brand geslaan. (Foto: Verskaf_

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tipper ·

n Trok drywer het vanoggend vir my die video aangestuur wat oppad Kaap toe is,moes toe ompad ry.

Swerwer ·

Hoeveel families se lewens moet nog uitmekaar geskeur word as gevolg van geliefdes wat in ongelukke sterf. Dit is net of dit elke dag meer en meer raak.

tweeling ·

Ek sien ‘n dubbele sperstreep. Ek sluit my argument edelagbare

Elinette ·

Uhm … dubbele sperstreep beteken niks. Die een vragmotor kon in die noodbaan gestaan het en die ander een het in dit vasgery. Wag tog tot verdere besonderhede beskikbaar is voor jy sommer aanneem dat daar die een of ander soos wandaad gepleeg is?

Annalie ·

Ons het verlede vrydag die N1 gery… sjoe dit het n resiesbaan geword

Waarnemer ·

Dit lyk mos vir my of die bestuurder wie in die uitgebrande trok gery het,aan die verkeerde kant van die pad gery het tensy…hierdie voorval in Amerika febeur het waar die algemende vervoer aan die regterkant van die pad ry.

Eric ·

Swaar voertuie moet verbied word vanaf die aand 19h00 tot 09h00 die volgende dag. Daar sal minder ongelukke dan plaasvind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.