N1 gesluit ná trokke bots, brand

Die N1 tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka is Dinsdag gesluit ná ‘n botsing. (Foto: Verskaf)

Die N1 tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap is Dinsdag gesluit vir verkeer nadat twee vragmotors reg van voor gebots het.

Die vragmotors het ná die botsing aan die brand geraak.

Twee mense, vermoedelik die onderskeie bestuurders van die vragmotors, is in die voorval dood.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het by navraag aan Maroela Media gesê ’n insleepdiens is tans op die toneel om een van die vragmotors uit die pad te sleep.

’n Stop-en-ry-stelsel sal dan ingestel word om ’n opeenhoping van vragmotors in die omgewing te verlig. Ligte voertuie word tans via Prins Albert herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RS ·

Ai dis so hartseer. Ek dink aan die mense se gesinne en geliefdes.

Onnie ·

Daardie stuk pad tussen Laingsburg en Beaufort Wes, staan ook bekend as “Die pad van die dood”
Lang, eentonige stuk pad met baie vragmotors, busse en taxi’s – mense raak aan die slaap, ry te vinnig en vat onnodige kanse

John ·

Trokke veroorsaak daagliks ongelukke, dit is tyd dat Adelle Kirsten van GFSA nou ‘n plan uitwerk om dit te bekamp aangesien sy so slim is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.