N1 gesluit ná trompop botsing

Dit het langer as sewe uur geduur om die wrakke van mekaar te skei. Foto: Verskaf

Die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg in die Wes-Kaap is weer gesluit ná ʼn trompop botsing tussen twee vragmotors nadat ʼn stop-ry-stelsel ʼn ruk lank vanoggend in werking was.

Die ongeluk het omstreeks 01:00 op die nasionale pad gebeur. Insittendes van albei voertuie was ure later steeds in die wrakke vasgekeer, sê Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof.

ʼn Hyskraan het omstreeks 06:30 uit Kaapstad, sowat 200 km van die ongelukstoneel af, opgedaag om die vragmotors op te lig sodat die vasgekeerdes uit die wrakke bevry kon word.

Africa sê ʼn stop-ry-stelsel was ʼn tyd lank in werking terwyl beamptes verkeer langs die pad verby die ongelukstoneel begelei het, maar dis weer gesluit terwyl die hyskraan gebruik is om die twee voertuie uit mekaar te kry.

Africa het 08:40 Dinsdagoggend gesê die bestuurder van een van die vragmotors is eindelik uit die wrak gekry en in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal gebring. Sy passasier is in die ongeluk dood.

“Die N1 is steeds toe in albei rigtings,” het Africa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

sandra ·

Die mense is oormoeg, hulle kry nie kans om voldoende ruskans tusssen hul trips te kry nie en is dit die gevolg daarvan. Die maatskappye vir wie hulle werk moet pa staan. Daai stuk pad is nie verniet die pad van die dood gedoop nie, dis ‘n lang ent reguit pad. Sterkte aan almal betrokke en simpatie vir die wie se geliefde gesterf het.

Robert ·

Daar moet verpligte stop plekke langs die N1 wees waar die vragmotors kan aftrek en daar moet ook meer gereelde patrollerings wees om die onwettiges vas te vat veral in die nag.

Nettie ·

@Robert – makliker gesê as gedaan. Weet jy hoe word voertuie beroof van hul vragte, selfs waar hulle noodgedwonge moet staan a.g.v. padwerke (“stop/go”-situasies). Tensy vragvoertuigmaatskappye nou gaan belê in “co-drivers” of almal satellietverbinding met al hul voertuie begin of dalk in mini-konvooie van 2-3 voertuie begin ry, sal padvragvervoer ‘n risiko bly.

Chris Ws ·

Min mense weet onder watse druk vragmotor bestuurders is van hul werkgewers af om aflaai en omdraai tye so kort moontlik te maak sodat die volgende vrag weer gelaai en vervoer kan word.Dit gaan alles net oor Mamon.Die gevolg is vragmotor bestuurders kry bitter min rusgeleendhede.Vra maar net vir een van hulle – dis die feite van die saak.
Spoorvervoer MOET weer aan die gang gekry word soos dit was in die “goeie tye” voor 1994 sodat swaar vragmotors drasties verminder kan word op ons paaie.Intussen bly ek van die paaie af so veel ek kan en ry net as dit absoluut noodsaaklik is.

alida ·

Hoeveel mense moet nog sterf voor hulle besef die spoorstelsel het die beste gewerk. Die ANC het absoluut ALLES wat gewerk het tot niet gemaak. Die land het gewerk en floreer tot hulle begin plunder het – nou is daar NIKS oor nie. Mooi so ANC.

Frikkie Geld en huis ·

Ek wonder altyd, soos in hierdie geval, of die passasier veronderstel was om in die trok te wees.

Chantel ·

Ja die passasier het volle reg om saam te ry, dit was of n assistant of baie van die trokke ry met dubbele drywers, ons innige meegevoel aan almal betrokke vanoggend, julle is in ons gebede. Bid dat Onse Hemelse Vader julle styf sal vashou in die baie hartseer tyd

Louw ·

Voor julle praat oor spoorvervoer moet julle eers gaan kyk hoeveel spoorlyne is nog oor. Meeste in ons omgewing is alreeds jare terug weggedra.

Annamarie Olivier ·

Die bestuurders van die trokke kan nie rus langs die pad dan word hulle beroof. Ons land is ‘n paradys vir skelms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.