N1 gesluit sodat ganse die pad kan oorsteek

Argieffoto ter illustrasie Foto: Mandy West

Argieffoto ter illustrasie Foto: Mandy West

ʼn Metropolisiebeampte het Maandagoggend die N1-suid by Beyers Naude-rylaan in Johannesburg vlugtig gesluit sodat ʼn ma-gans en haar kuikens die pad kon oorsteek.

“Die beampte het gesien die gans en haar kuikens probeer die besige pad oorsteek,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburse metropolisie, gesê. “Hy het net voor 08:00 besluit om ʼn paar bane te sluit.”

Volgens Minnaar was personeellede van die Dierebeskermingsvereniging ook op die toneel en hulle het die ganse na ʼn plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Dankie aan die Metropolisiebeampte, dat jy die gans ma en kuikentjies veilig oor die pad gebring het, en asook aan die Dierebeskermingsvereniging wat nou vir hulle ‘n veilige tuiste geskep het.

Jaques ·

Verblydend on te hoor dat daar nog van ons polisie/verkeers personeel is wat nog daai ietsie ekstra doen, en dit nogal in spitstyd verkeer (vakansie en al).

Jolandie ·

Aag oulik, dan mnr die Metropolisiebeampte vir jou goeie daad!!!

Wiltrud Fourie ·

Dis nou `n goeie nuus storie 1000!!! Dankie aan die metropolisiebeampte!

Rene ·

Baie dankie aan Almal!!!
dis nou regtig iets baie besonders en dankie aan Maroela om dit met ons te deel, ek sal net my self graag die oulike toneel wou beleef so iets gebeur nie sommer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.