N1 gesluit toe voertuie ná ongeluk begin brand

Foto verskaf deur ER24

Twee persone is Woensdag op die N1 naby die Allandale-afrit in Midrand oorlede toe ʼn brand ná ʼn ongeluk uitgebreek het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn vragmotor en twee motors was in die ongeluk betrokke. “Paramedici het omstreeks 15:00 by die toneel opgedaag waar die drie voertuie in ligte laaie gestaan het. Stad Johannesburg se brandweer was ook op die toneel. Die brand het al drie voertuie verwoes.”

Die bestuurders van die twee motors het ernstige brandwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor, ʼn man in sy 40’s, het geringe beserings opgedoen. “Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Die noordelike en suidelike bane van die snelweg is vir verkeer gesluit.

Die polisie en Johannesburgse metropolisie stel verder ondersoek in.

Foto verskaf deur ER24

Foto verskaf deur ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JM ·

Darem net te veel vragmotors deesdae in ongelukke betrokke. Ek kry die idee dat hul bestuursopleiding substandaard is.

WLM ·

Veral wanneer dit kom by hou links en gaan regs verby en vragmotors hoort glad nie op die heel regterkantse baan op die snelweg nie.

Thea ·

Iemand behoort die feit te ondersoek dat in elke tweede ongeluk, ‘n voertuig aan die brand slaan. Waarvan word motors se petroltenks deesdae gemaak? Sagte plastiek?

Tino ·

Jyt ‘n punt beet hier, daai een lyk vir my soos ‘n ford.

Hexadane ·

Hoekom is daai vragmotor in die middel van die pad? Hy is mos veronderstel om heel links te gewees het. Oooh skies ekt vergeet vrag motors mag mos ry net waar hulle wil op die snelweg kyk bietjie as mens van menlyn na centurion ry hoeveel vragmotors in die verbygaan baan ry waar daar duidelik wys hulle mag nie daar ry nie. Sterkte aan die famielies wat hulle geliefdes verloor het.

Cd ·

As daaglikse gebruiker van die snelweg , kan ek getuig van die roekelose bestuurders van swaarvoertuie.
Spoedperk van 80 km/h word nie gehandhaaf nie.
Verkeerspersoneel totaal onvoldoende.

Tino ·

Ek is ook ‘n daaglikse gebruiker van hierdie snelweg, die taxis veral maak nes hulle wil.

Die ander ding wat ontsettend opvallend is, is die hoeveelheid mense wat op hulle fone rondhang terwyl hulle bestuur, veral trok drywers

Nico ·

Vragmotor bestuurders en taxi’s uiters onverskillig, dink mos die paaie behoort aan hulle, tree strenger op teen die eienaars sodat die bestuurders van vragmotors en taxi’s beter opleiding kry.

Juls ·

Busdrywers ook, een het het my al gestamp en vanoggend het nog een my weer amper plat gery :(

Inge ·

Dit is baie erg. Ek het gister daar verby gery. Ek het sommer so aardige gevoel gekry, dit kon ek gewees het. Die arme mense wat hulle lewens verloor het. Alles in ‘n oogwink weg.

pompies ·

Nou, as die lands grense nie bestaan nie en mense van ander lande wat nie getoets word kom betuur trokke met lisensies wat niemand weet waar hulle vandaan kom nie dan gaan dit soos dit nou gaan. Die regering doen niks daar aan nie maar ons land se mense moet die spit afbyt van dood gery te word en dan nog word ons mense se werk vir ander inkommers gegee. Dieselfde ding in Pinetown gebeur toe daar 26mense een slag dood gery is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.