N1 gru-botsing: Dodetal styg

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

Altesaam 16 mense is dood nadat ʼn minibus-taxi en bakkie Saterdag, op die N1 Suid tussen Murrayhill en Hammanskraal, noord van Pretoria, gebots het.

Maroela Media het vroeër berig die N1 is gesluit ná die botsing, terwyl nooddienste op die toneel besig was.

Max Cohen, woordvoerder van Emer-G-Med, het gesê paramedici is omstreeks 16:45 na die “grusame toneel” ontbied. Volgens Cohen het die bakkie na bewering in ʼn noordelike rigting gery, toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die bakkie het oor die middelman en teen aankomende verkeer in gery, voordat dit met die taxi gebots het.

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

“Paramedici het gevind die bestuurder en dertien passasiers in die taxi en die bestuurder van die bakkie het reeds aan hul beserings beswyk. ʼn Dokter wat van diens was, het probeer om een van die beseerde passasiers te stabiliseer, maar die passasier is ongelukkig later dood op die toneel,” het Cohen gesê.

Hy het gesê nog twee van die taxipassasiers het ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Hulle is na nabygeleë hospitale gehaas.

“Die Tshwane-brandweerdienste moes meganiese toerusting gebruik om die liggame uit die wrakke te sny. Tien volwassenes en ses kinders is dood,” het hy gesê.

Die N1 Suid was ure lank gesluit terwyl die toneel opgeruim is. Die Bakwena-tolplaza het eers vanoggend in die vroeë oggendure op hul Twitter-blad aangekondig die pad is heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Uiltjie ·

AFGRYSLIK!!!! N1 PAD VAN DIE DOOD! Korrupte amptenare wat onpadvaardige voertuie op die paaie toelaat! Padpolisiering sal definitief opgeskerp moet word.

Ouvrou ·

Waar kom jy nou aan korrupte amptenare wat onpadwaardige motors toelaat? Kyk na die foto…dis n nuwerige bakkie wat die ongeluk veroorsaak het.

Hasie ·

Soos baie van ons land se leiers onbekwaam is om hulle werk te doen, so is baie padverbruikers ook onbekwaam om motores te bestuur.

Ouvrou ·

Ai ai….lees die berig weer. Hierdie was n blote ongeluk. Kan met jou wat so bekwaam is ook gebeur!!!!

Tannie ·

ek stem saam. vir elke ongeluk word onwettige rybewyse en onpadwaardige voertuie aangehaal. wat van moeë en of honger drywers wat nie kan konsentreer nie? wat van minderwaardige onderdele uit China wat nie die fiets van tyd kon deurstaan nie? innigste simpatie aan families en beterskap aan oorlewendes.

Skybird ·

Die botsing se oorsprong begin by ń bakkie wat op Noordelike baan beheer verloor het. Ja, te veel Taxis en Trokke is oorsaak van slagting op ons paaie !!!
Dink die woord ” PDP ” PROFESSIONAL DRIVERS PERMIT, moet vervang word met Fonds Insameling Vir Staatsdiens “FIVS ” . Want nerêns lees of hoor mens dat daar Spesiaale Bestuurs kursusse afgelê word, voor uitreiking van die PDP. Jou vinger afdrukke word geneem jy betaal en siedaar, jy kry ń permit ! Wat jou hande bekwaam maak om ń Stuurwiel vas te hou! !??

Speedguard ·

Presies my vraag ook Skybird, dit is net vir geld, die wet maak geen voorsiening vir die afle van ENIGE form van ‘n addisionenele toets nie, al wat nodig is, is ‘n mediese serifikaat (wat enige plek bekombaar is) SAPD verslag ( wat nog makliker bekombaar is) ouer as 21 jaar vir die vervoer van passesiers en ouer as 25 jaar wees vir die vervoer van gevaarhoudende stowwe, en natuurlik die geldjie, ,. dit maak nie saak waar en hoe jy die bestuurslisensie gekry het nie maar is jy nou ‘n “Profesionele bestuurder)!!! dit is werklik ‘n grap en angswekkend glo my ek het by so sentrum gewerk!! gesien en beleef !

heleen ·

Ek het noordwaarts verby dit gery, was baie sleg om te sien. Ek moes gister in die reën OT lughawe toe en terug Warmbad toe ry. Kon nie glo hoe sommige mense jaag in die harde reën nie. En min van die skuldiges was taxis. Totale wetteloosheid en direspek vir mekaar op ons paaie.

Sarel Strydom ·

Jip,sien daar was alweer baie getuies wat weet wat gebeur het. Ajaijai tog.

Chris Ws ·

Te oordeel aan wat berig is en die fotos van die wrakke wonder ek net of die bakkie bestuurder nie dalk ‘n hartaanval gehad het nie?Die bakkie is baie nuut en lyk na ‘n “Field Service” voertuig vir my so hy sou verseker padvaardig wees.
Wat wel verseker is is dat 99 uit ‘n 100 motoriste onkundig is mbt nat pad bestuur in ons land!In plaas daarvan om in reen weer op nat paaie stadiger as normaal te ry jaag motoriste eerder!Dis angswekkend om te sien en vir daardie rede bly ek van die pad af as dit reen.

CHRISTA ·

Chris, hoe kan hulle onkundig wees aangaande nat pad bestuur? Daar word aanmekaar oor die radio uitgesaai wat motoriste hulle SPOED moet verminder as gevolg van die reën en nat paaide selfs NA die reën!!!

Chris Ws ·

Wel Christa,bitter min mense luister radio in hul motors deesdae.Die wat wel radio luister steur hulle aan niks of is net dom onnosel.Ry op enige pad terwyl dit reen en let op hoe roekeloos meeste bestuurders is.Ek het ongelukkig al te veel gesien ,die wat ek ryery vermy waar ek kan in reen weer.

Jaco ·

Die sussie van die bestuurder van die bakkie het op facebook bevestig die taxi het n wiel verloor

Asjas ·

Is die inligting in die berig verkeerd dat die bakkie beheer verloor het, oor die middelman en in aankomende verkeer maw die Taxi in is?

Skybird ·

Seker die spaarwiel verloor, sien die taxi se wiele is nog aan die voertuig en die bande lyk padvaardig

Gus Dry ·

ek sal graag die statistieke wil sien tov al die botsings in die land .in hoeveel is taxis betrokke.? in ons omgewing (laeveld)bestuur baie min taxi drywers volgens pad reels en spoed grens bestaan ook nie .gister se probleem by Kwaggafontein ook weer n taxi betrokke.!!!!

snoefie ·

praat jy nou die waarheid Gus. ek vloek altyd lank en hard as ek hoor ek moet Nelspruit/ Wit Rivier /Hazy view toe gaan. as dit nie nbondel fietsryers dwars oor die pad is nie, is dit n taxi (dug. ag alweer) wat met ywee wield op die grys verby vlieg en dan met skree bande en bokspringend by die verkeerslig te moet rem. maar eerste oor wil hulle wees.

Johan ·

Hoekom is daar 15 passasiers in n standaard quantum bussie waar net 9 vervoer mag word?

Sarie ·

GENADE!!! Dit lyk soos ‘n slagveld!!! GRUSAAM; om die minste te sê!!! Daar moès verseker bàie hoë spoedvlakke betrokke gewees het by diè slagting..
TRAGIES!!!

Jan maak n plan ·

Wat is die goue draad in al hierdiebotsings? TAXIS!!!!!

Gus Dry ·

baie taxis is onpadvaardig.en natuurlik die man agter die stuurwiel se bestuursvernif.
volg die nuus en media .n taxi so te se in elke botsing betrokke.
In 60 en 80 kpu zones.kom die manne by jou verby asof jy stilstaan.
Die maximum spoed van taxis soos ek verstaan moet vanaf April maand (engelse woord )ge govern wees op is dit 100? WIL SIEN HOE DAAI WET GAAN WERK.

Arizona ·

Nou vertel julle slim mense my waarnatoe moes die taxi bestuurder gaan. Die bakkie het die ongeluk veroorsaak. Daar is soveel klein kindertjies in hierdie botsing dood. Nie alle ongelukke is altyd die taxi se skuld nie

ken benoni ·

Het selfoon nie dalk ‘n rol gespeel in hierdie botsing nie. Gereelde botsings hier by ons deur selfone en alkohol misbruik…. Tree op teen selfoon gebruikers wat tik terwyl hulle bestuur.!!

Jan ·

Stem!

Oorsee word almal se fone na ‘n botsing gekonfiskeer en ontleed. As jy op jou foon was, verbuer jy jou versekering, kry ‘n stywe boete en jou lisensie word opgeskort.

Hoog tyd dat hulle dit hier ook begin doen.

ken ·

Ek vra maar net of ‘n selfoon nie dalk ook weer hierby betrokke was nie?

m ·

Ek stem Saam arizona. Ek het uit ondervinding ook geleer dat mense met bakkies soms ook Baie onverskillig ry want hulle weet jy staan nie n Kans met jou Klein voertuig nie. Hulle ry ook voor jou in so moenie altyd die skuld pak op taxis nie….

G ·

Ha, dit is dom om so te veralgemeen. Wat van al die bestuurders in BMW’s, SUV’s en Merc’s wat so jaag? Daar sal minder ongelukke wees as mense by die padreëls hou. As jy 20 km/uur wil ry, ry in die ‘stadige’ baan, en moenie eweskielik voor ‘n ou inbeweeg wat teen 120 km/uur ry nie. Dis eenvoudig. Maar dit is nou nie van toepassing op die artikel nie.

L ·

Dit was omrede daar ‘n pothole in die pad was wat nie sigbaar was a.g.v. die reen…………. hoeveel skade en mense is al nie beseer en dood oor ons land se paaie nie.

Tarentaal ·

Ons besit alreeds iets wat baie lewens kon gered het in hire die ongeluk, en dit is veiligheidsgordels. Taxi bestuurders moet beboet word as al hulle passesiers nie gordels aan het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.