N1 in albei rigtings gesluit ná gru-ongeluk

[OPVOLG] Owerhede het intussen bevestig 27 mense het in die ongeluk gesterf. Lees die opvolgberig hier.

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Die N1 tussen Kranskop en Middelfontein naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo is in albei rigtings gesluit weens ʼn ernstige ongeluk wat Vrydagmiddag plaasgevind het.

Matome Moremi, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê drie voertuie, insluitend ʼn vragmotor, was in die ongeluk betrokke. “Ek is nou op pad na die toneel en is nog nie in ʼn posisie om meer inligting te gee oor die mense wat in die ongeluk betrokke was nie. Ek kan wel sê dat daar beslis sterftes en talle beserings sal wees,” het Moremi gesê.

Op foto’s van die toneel kan gesien word hoe sakke wat vermoedelik deur die vragmotor vervoer is oor die toneel verspreid lê. Die verfrommelde wrak van ʼn ligte voertuig is ook sigbaar.

Moremi sê die N1 is tans in dié gebied in ʼn noordelike én suidelike rigting gesluit terwyl nooddienste op die toneel besig is.

Motoriste wat van Gauteng of Bela-Bela ry, moet die Kranskop-afrit na Modimolle as alternatiewe roete gebruik. Motoriste wat van Polokwane in ʼn suidelike rigting ry, moet die R101-afrit by Mookgophong neem.

Dit is in dié stadium nie duidelik hoe lank die pad gesluit sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

leon ·

ai tog – daai bakkie lyk erg. strekte aan die naasbestaandes , en natuurlik vir die nood personeel wat met sulke gruwel tonele moet werk.

U c me ·

‘N bekende vragmotormaatskappy in daardie wereld u c me transport se trok het noudiedag net eenvoudig gedraai en die voertuig langs hom uit sy baan gedruk in die aankomende verkeer in, en toe ek die ou waarsku hy mag dit nie doen nie toe probeer hy my van die pad af ry.

Cherokee ·

Het jy met die ‘bekende vragmotormaatskappy’ geskakel daaroor? Ek hoop jy het want anders kan daar opvolgende insidente wees wat deur jou oproep verhoed kon gewees het. Ek het al ‘n vragmotorbestuurder se werksbestuur geskakel en hom gerapporteer vir nalatige bestuur en ek het al ‘n vragmotorbestuurder se werksbestuur geskakel en hom gekomplimenteer. Laasgenoemde het saam met my in Van Reenenspas stilgehou en ‘n trop skape van die pad af verwilder tot binne in ‘n kamp met ‘n gebreekte draad. Die skaapwagter was ook later daar.

Potties ·

Ek ry elke maandag en vrydag die N1 noord en suid die mense ry baie onverskuldig veral op n vrydag laat middag op die se n vrou dis die pad wat nie reg is nie kan nie saam stem nie dis die mense hul weet nie hoe om n voertuig op hoè spoed te hanteer nie sterkte vir al die mense betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.