N1 in Pta dan heeltemal gesluit

hoofweg-n1-gesluitDie N1-noord en -suid in Pretoria sal die naweek vir etlike ure eers gedeeltelik en dan heeltemal gesluit wees tussen Rigelweg en die N1/R21-wisselaar.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sal die hoofweg Saterdag van 21:00 tot Sondag 09:00 eers gedeeltelik en dan heeltemal gesluit wees vir die afbreek van die Erasmusrand-voetgangerbrug wat langs die Solomon Mahlangu (Hans Strijdom)-brug oor die N1 loop.

Die voetgangerbrug is in 2015 ernstig beskadig en vir voetgangers gesluit. Sanral het hierna ʼn tydelike loopvlak langs die Solomon Mahlangu-brug vir voetgangers en fietsryers aangebring. ʼn Kontrakteur is aangestel om die Erasmusrand-voetgangerbrug te stabiliseer, maar daar is intussen vasgestel dat die brug te erg beskadig is en afgebreek moet word voordat ʼn nuwe voetgangerbrug gebou kan word.

Teen Saterdag 21:00 sal twee bane van die N1 in albei rigtings gesluit word vir twee uur. Die hoofweg sal dan van 23:00 heeltemal gesluit wees tot 07:00 Sondagoggend. Hierna sal slegs twee bane vir ʼn verdere twee uur gesluit wees en sal die hoofweg na verwagting teen 09:00 weer heeltemal oopgestel word.

Verkeer van die N1 sal via die R21, Solomon Mahlangu-rylaan en die Delmas/Rigel-afritte herlei word. Sanral het gesê hy sal in verbinding tree met inwoners wat direk deur die afbreek van die brug geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paplepel ·

Hoe is die brug oorspronklik beskadig? Daar moet ‘n storie wees.

Henk ·

Daar het ‘n trok in die struktuur vasgery. Dit het die basis van die brug geknak en een of ander knaap met ‘n paar stukke geroesde staal en ‘n welder het die struktuur “gestabiliseer”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.