N1 in Vrystaat gesluit toe vragmotor omslaan

Vragmotor wat by Winburg in die Vrystaat omgeslaan het (Foto: Twitter)

Die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat is reeds sedert 07:00 Sondagoggend gesluit ná ʼn vragmotor op die pad omgeslaan het.

Motoriste is aangeraai om die R30 en die R730 via Welkom te gebruik.

Die vragmotor het ongeveer 5 km noord van Winburg omgeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Santjie ·

Baie, baie lank gelede was dit so gewees dat trokke na 6nm nie meer op die pad mag wees nie – ek glo dat hierdie bestuurders lang afstande doen en moeg word en dan agter die stuurwiel aan die slaap raak. Daar kan natuurlik baie faktore wees wat ongelukke veroorsaak… moegheid, onder die invloed, spoed en dan natuurlik ook in sommige gevalle, hoe gouer of meer aflewerings kan plaasvind, hoe meer geld in die maatskappy se rekening, hou nie by spoedbeperkings en dis maar net ‘n paar genoem…. miskien moet owerhede maar weer kyk na die reël of wet dat trokke vroeg genoeg van die pad af is?

Marita Maritz ·

Ek merk so baie op hoe motoriste n vragmotor benader, hulle sny voor hulle en ry dan stadiger. Hierdie groot vragmotors het n geweldige gewig agter hulle en kan nie dadelik genoeg spoed verminder nie. Wat gebeur dan, hulle probeer ongelukke vermy en die vragmotors slaan om. Ek glo dit is die geval in 80% van die ongelukke. Hou dit net dop as jy ry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.