N1 in Vrystaat weer oop vir motoriste

(Foto: Goldfields Crime & Traffic Updates/Facebook)

Die N1 en R70 in die Vrystaat is weer oop vir motoriste ná rommel, buitebande en klippe uit die paaie verwyder is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê nege persone, waaronder drie vroue, almal 35 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

“Ons is in groot getalle ontplooi om wet en orde te verseker. Polisiebeamptes van omliggende dorpe is ook ontplooi,” het hy bygevoeg.

Inwoners het Dinsdag albei lane van die N1 met rommel, klippe en buitebande, wat aan die brand gesteek is, versper.

“ʼn Groep ontstoke inwoners van Mmamahabane het Dinsdag omstreeks 14:30 na die munisipale kantoor opgeruk om water te eis. Toe hulle nie enige reaksie kry nie, het hulle begin om die N1 te versper.”

Die verkeersdepartement is ontbied om verkeer in Pienaarstraat-afrit te beheer sodat motoriste hul weg deur Ventersburg kon baan.

Daar was ongeveer 350 ontstoke inwoners op die N1 en R70.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Janine ·

Lekker hoe die wat vir NIKS betaal nie, altyd diegene is wat paaie versper, klippe gooi, bande brand……..

Danie ·

Waarom onskuldige mense en eiendom beseer en beskadig moet word oor die regering en plaaslike owerhede se korrupsie en doelbewuste versuim om dienste te lewer gaan my te bowe.Die algehele weteloosheid en onbeholpe polisie toeskouer versuim is totaal onaanvaarbaar.Dit laat my terugdink aan die junie onrus en stroping van eiendom die polisie is net eenvoudig onbekwaam om die gemeenskap te beskerm en veilig te hou is maar net daar vir hulle salaris.

Lourens ·

Dis tragies dat dit nuuswaardig is dat ‘n nasionale pad OOPGESTEL is. Die owerhede moes nooit toegelaat het dat die pad versper word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.