N1-kettingbotsing: Dodetal styg tot 7

Die ongelukstoneel. (Foto: Twitter)

Die N1 is steeds in albei rigtings tussen die Pumulani-tolplaza en Walmansthal in Pretoria gesluit ná vanoggend se kettingbotsing waarin minstens tien voertuie betrokke was.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Vrydagaand in ’n verklaring bevestig dat sewe mense in die ongeluk gesterf het.

Volgens Mahamba word verkeer vanaf die N1-noord na die N4 Doornpoort herlei, terwyl die verkeer vanaf die N1-suid na die Walmansthal-afrit herlei word.

Motoriste word versoek om die N1 te vermy en van alternatiewe roetes soos die R101 gebruik te maak.

Die owerhede is steeds op die toneel en metropolisiebeamptes monitor die situasie, het Mahamba gesê.

Maroela Media het vroeër berig paramedici is omstreeks 11:15 na die ongelukstoneel ontbied.

ʼn Veldbrand langs die hoofweg het motoriste se sig belemmer en dit het moontlik veroorsaak dat twee vragmotors en minstens agt voertuie gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ig

Alweer naweek, daar begin die slagting op die paaie weer.

Dr Phil

Ai, waar bly AARTO tog – daaarmee sal ons paaie uiteindelik super veilig word…

JV

In jou drome Dr Phil

Essie

Die paaie was mooi,goed beman toe ons so 10 uur daar verby is.
Dit wat die veld aan die brand gesteek het was die skuldiges.

Johan

Chris Ws jy slaan spyker op die kop ek begin al spoed verminder van ver af as ek rook sien of in mis inry.