N1-noord steeds gesluit ná dodelike botsing

Die wraktstukke van die twee vragmotors en die een se vrag van tien voertuie het wyd oor die nasionale pad by Bela-Bela verspreid gelê. Foto: Rob Beezy @TrafficSA

Die N1-noordwaarts by Bela-Bela in Limpopo is steeds gesluit nadat twee mense vanoggend op slag dood is toe twee vragmotors by die Settlers-afrit gebots het.

Matome Moremi, woordvoerder van Limpopo se verkeersafdeling, sê volgens voorlopige berigte van die ongelukstoneel het ʼn vragmotor wat met tien voertuie uit Gauteng onderweg was, vroegoggend met ʼn stilstaande vragmotor gebots.

Die bestuurder van die stilstaande vragmotor en sy passasier is dood, terwyl die bestuurder van die bewegende vragmotor beseer is en in ʼn nabygeleë hospitaal behandel word, sê Moremi.

“Vanweë die ontwerp van die pad daar met die duidelike skeiding tussen die noordwaartse en suidwaartse bane, is dit hoogs onwaarskynlik dat twee bewegende voertuie hier sal bots,” het hy verduidelik.

Danksy die skeiding op die N1 word suidwaartse verkeer nie deur die ongeluk geraak nie, maar die noordwaartse bane is steeds gesluit omdat “die vragmotors se wrakstukke oor ʼn groot deel van die pad versprei lê”, het Moremi gesê.

Hy wou nie bespiegel oor wanneer die pad heropen sou word nie. Bestuurders wat noordwaarts ry, moet intussen die ompad met die R516 en dan die R101 langs deur die dorp gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nettie ·

As mens van hierdie tipe berigte lees – ook ander berigte waar mense sterf aan die hand van plaasaanvallers, moordenaars, diewe, dwelmslawe – dan kom daar net een woord in my kop op: “carnage”.

Dit is totale wanorde, anargie, “carnage”, agteruitgang, probleme, korrupsie, diefstal – alles sedert 1994, toe “demokrasie” gebeur het en ‘n sekere rasgroep aan bewind gekom het.

In 1994 (kom ons sê tot 1999, met Mandela se uittrede en nog ook in ‘n mate in Mbeki se tyd) was daar nog hoop vir die land. MAAR: TOE ‘GEBEUR’ “DIE EEN WAT VIR JOU LAG TERWYL HY JOU SEERMAAK”. ‘n Zulu by die naam van Jacob Gedleyihlekisa Zuma ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.