N1-ongeluk: Nzimande wil met buitebandvervaardigers vergader

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) opdrag gegee om met behulp van ingenieurs ʼn ondersoek te doen na die berugte gedeelte van die N1 waar ʼn massiewe ongeluk Vrydag die lewe van 28 mense geëis het.

Ishmael Mnisi, Nzimande se woordvoerder, sê die minister het gevra dat die ondersoek moet bepaal of padingenieurswese nie moontlik ʼn bydraende faktor is tot die talle ongelukke op dié stuk pad waar die N1 van Kranskop en Polokwane vernou nie.

Die ongeluk het gistermiddag tussen Kranskop en Middelfontein naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo plaasgevind.

Intussen sal die minister ook met buitebandvervaardigingsmaatskappye en padvervoerlogistieke-ondernemings vergader om met hulle die effek van buitebandveiligheid te bespreek, ʼn faktor wat volgens Nzimande jaarliks met duisende padongelukke verband hou.

Foto: ER24

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk gister het gebeur toe die band van die regtervoorwiel van ʼn vragmotor wat in ʼn noordelike rigting gery het gebars en veroorsaak het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die vragmotor het verskeie voertuie getref, insluitend ʼn minibus-taxi wat in ʼn suidelike rigting op pad was.

Matome Moremi-Taueatsoala, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig dat een van die beseerdes op pad na die hospitaal gesterf het. Die amptelike dodetal van die ongeluk is dus 28, terwyl nog drie mense beseer is.

Nzimande het gesê die regering se langtermyndoelwit is om goedere en passasiers eerder deur middel van spoorweë as paaie te vervoer in ʼn poging om padsterftes te verminder. Hy het bygevoeg hoewel wetstoepassingsbeamptes wyd oor die land se paaie ontplooi word om padveiligheid te handhaaf, lê die grootste verantwoordelikheid by die padgebruikers.

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

“Ons doen ʼn beroep op padgebruikers om waaksaam op ons paaie te wees. Slegs samewerking tussen die regering, die burgerlike samelewing en die private sektor kan die stryd teen padongelukke wen.”

Nzimande het ook die Padverkeerbestuurkorporasie (RTMC) opdrag gegee om in samewerking met hul provinsiale eweknieë en die SAPD spoedig hul ondersoek na die ongeluk af te handel. Dié ondersoek sal onder meer bepaal of die vragmotor wat in die ongeluk betrokke was ten volle padwaardig was.

Die minister het sy medelye met die naasbestaandes van die oorledenes uitgespreek en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

Lees alle vorige berigte oor die N1-ongeluk op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Vraag ·

Ek wil graag by mense wat die vervoerindustrie ken hoor, mag n vragmotor soos hierdie sement vervoer? Is die vragmotor nie ontwerp vir ligter goedere nie?

Antwoord ·

Ja hulle kan sement vervoer, n sekere hoeveelheid pallette maak die toelaatbare tonne wat vervoer kan word. Ek glo ook hulle is by die weegskaal verby oppad Limpopo toe, en daar moet hulle geweeg word. Wanneer dit oorlaai is mag jy nie verder ry nie tensy van dit af gehaal word, soos bv 1 of 2 pallette. Ek glo alles sal deel wees van die ondersoek.

Sê net ·

Dit gaan nie oor die vrag nie, maar wel oor die gewig van die vrag….

Frans ·

My beskeie mening is dat die vragmotor bestuurder se selfoon ondersoek word om te bepaal wanneer laas dit gebruik is, sien daagliks hoe hulle tik en bestuur, baie gerieflike verskoning dat die band altyd bars, sal seker ook bars met die impak

Abe ·

Vraag en Antwoord,
Dankie vir die saaklike vraag en reguit antwoord daarop. Dit het gelyk of die vragmotor allemintig swaar gelaai was.

Basjan ·

Jaques, gebruik jy tik of boom?

Oom, rook oom boom, oom? Nee jou klein twak, ek rook tabak!

Daan ·

Wat van bande wat reeds nie padwaardig is nie en dan sny die bestuurder die spore dieper in die band ?

Abe ·

Daan,
Kan jy vir ons die praktyk verduidelik. Ek ken dit nie.

JSG ·

@Abe. By fabrieke waar ou bande herversool word, kry jy templates wat groewe in die nuut opgeplakte rubber van die buiteband smelt. Dit word warm versoling genoem. Dit kan egter ook gebruik word om ou afgelope bande weer dieper groewe in te brand sonder om nuwe rubber op te sit. Natuurlik heel onwettig, maar goedkoper. Lanklaas gehoor dat iemand dit nog doen, maar dis seker waarvan Daan praat.

Trio ·

My liewe minister. Julle het die spoorweg sisteem verwoes…en nou is dit n lang termyn plan om dit terug te bring.::

Chris Ws ·

Die minister skiet net sy mond(met 3 letters gespel!) af.As daar 1 werker onder in ‘n myn sterf agv seismiese aktiwiteite dan skree almal ten hemele en sie skag word deur die Inspekteur Van Myne gesluit vir ‘n paar weke.Maar as 28 op die pad in een ongeluk sterf wat gaan gebeur?Dis net praat-praat-praat!Wets toepassers is tans minder as 10% van die hoeveelheid wat daar MOET wees op ons paaie om padveiligheid AF TE DWING want ALMAL ry net sooos hulle wil.Spoed lokvalle moet 1000% meer wees en sigbare patrollering ook.Dan by gevaarlike draaie waar dubbel sperstrepe is moet ook tenminste een verkeersman die situasie dophou.Nee wat dis net ‘n GE- BLAH -BLAH -BLAH.

Derick ·

Nee die uwe minister, dis nie padingenieurswese wat te blameer is nie, begin met voldoende wetstoepassing op ons paaie, sorg dat lisensies geldig is en nie vervals, ens, ens ……. haal eers die balk uit jou eie oog uit voordat jy dink daar is ‘n splinter iewers anders ??

Hannetjie ·

Hoekom moet die privaatsektor en burgery altyd ingetrek word vir ‘samewerking'(bedel).Ja Sanral kan inspeksie hou om te kyk soos die minister vra.Want soveel verantwoordelike poste is mos gevul met onbekwame persone…Daardie voertuig sou ook by die weegbrug moes aandoen….of was dalk deur die weegbrug.

Henk ·

Niks met buiteband vervaardigers te doen nie. Alles te doen met swak of geen instandhouding en hoe snelhede wat die trokke en busse handhaaf. En voeg daarby geen of korrupte wetstoepassers en jy het n resep vir moord! Onthou die Lydenburg busramp? Wetgewing is aangepas en tog ry nie een van die busse 80 km/h nie!!

Buurman ·

Nou wil hy die wiele herontwerp????????!!!!!!!!!!!! dis lankal gedoen..

Lieb ·

Busse mag 100 ry. Die betrokke maatskappy se voertuie is nuut en in goeie toestand. Die opsporing stelsel sal die spoed aandui. Blameer eerder die swak pad toestande wat bande beskadig.

Matt ·

Dit is so tiperend van die huidige klomp in beheer…… dit is altyd die skuld van ander en nooit die huidige stelsel wat gefaal het as gevalg van swak of geen bestuur nie.

Marius ·

Dalk nie in die geval van toepassing, maar kyk hoe word tweede handse en “re-groved” buitebande langs die pad verkoop

Maak dit alles onwettig’

leon ·

Re-grooved bande is onwettig op enige band met `n velling kleiner as 20 duim.
Op trokbande is dit egter nie onwettig, op die sywand staan daar geskryf hergroefbaar. Dit behoort egter slegs deur kundiges gedoen word aangesien dit te diep gedoen kan word wat dan weer die konstruksie van die band beskadig. Ek praat nie re-groove of hergroef goed nie, maar dit is nie onwettig op trokbande.

jaco ·

my motor se band het ook al gebars. Dit was 3 maande oud en alles aangaande die wiele en bande was in orde. dit was ook in die jare voor selfone, ek het n spoed van onder 100km uur gery en dit was nie n besige pad nie. soms gebeur sulke goed maar net…

Paul ·

Ek het ‘n idee Blade Nzimande moet ook na die regulaies kyk. As ek reg het, dan bepaal dit dat sleepwaens mag van herversoolde bande (retreads) gebruik maak. Ek is nie ‘n kenner van bande nie, so ek weet nie hoe so ‘n band vergelyk met ‘n band wat nie herversool is nie.

JSG ·

Herversoolde bande mag wel op sleepwaens gebruik word. Die voorwiele van enige swaar vragmotor mag slegs nuwe bande wees.

jan ·

Daar tans talle besighede wat vragmotor buitebande” re-grove” vir ner gebruik. Baie goedkoper as nuwe bande.

Sê net ·

Dit is wel so, MAAR geen transporter wat sy sout werd is, gaan n goedkoop tyre koop en die risko waag om n trok en trailer te verloor nie. Bande bars agv baie redes, dit gaan oor hoe die drywer die trok daarna beheer en ongelukkig kon die drywer dit nie doen nie.

Rupert Ashford ·

Die prys wat betaal word vir “Afrika styl” bestuur, al vir amper 30 jaar. Cry the beloved country…

Realis ·

Die belangrikste les wat bestuurders geleer moet word, is om glad nie rem te trap as die band bars nie. Haal onmiddelik jou voet van die petrolpedaal af en fokus om die voertuig op die pad te hou!

Yolande ·

Hulle wil alles op die spoorstelsel vervoer maar dit word daagliks gebrand en vernietig. Die verkeersbeamptes is ongelooflik korrup. Is self in transport besigheid en hulle soek daagliks “bribes” dan sal hulle jou foute oorsien. Dis skrikwekkend om te sien wat hulle sal oorsien net vir n koeldrank of geld. Het al baie uitgevang en aangekla maar daar gebeur absoluut niks met hulle nie. Miskien moet al die korrupte beamptes en amptenare eers afgedank word, dis maar net n klein % van wat kan gedoen word??

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeiste, Minister? Jy wil met die buitebandvervaardigers praat? Waaroor? Hulle het nie die verslete, afgeloopte, gelapte, hersnyde, versoolde bande wat op duisende voertuie in die land is verskaf nie? As hierdie vragmotor by die weegbrug ondersoek was, kon die afgeloopte voorband miskien opgelet gewees het….maar is die vragmotor ondersoek, of net geweeg vanuit ‘n kantoortjie langs die weegbrug? Maar toemaar, dit klink vreeslik ondernemend en belangrik om “met die buitebandvervaardigers te beraadslaag”!!

Elvira ·

Buitebandvervaardigers????? Hoe lag ek my nou amper n papie. Laat die Taxi en swaarvoertuig bestuurders eerder oorgetoets word en kyk of hulle kan bestuur en of hulle die padreels ken.

leon ·

Dit is moontlik nie `n slegte idee, daar word houers vol grys bande ingevoer.
Geen SABS merk, en dan voor op busse en trokke gesit. Ek is in die industrie en sien daagliks sub standaard ingevoerde bande op busse en trokke.

pbotha ·

Ry daagliks die pad. Noord en suid bane moet van mekaar geskei word deur swaar sementblokke. Talle ongelukke vind plaas deur voertuie wat reg van voor bots.. padwaardigheid…drank…moegheid die grootste probleme na onverskilligheid. Pad in goeie toestand.

Irma ·

Mnr Nzimande dis nie die bande vervaargers wat die voertuig se bande of die paaie instand hou nie. Jy het die kat aan die stert beet. Dit word nou somer. Die paaie word warm en die loopvlak van die band of die skade wat deur die swak paaie veroorsaak is het dit tot gevolg. Begin die wet tov bande se loopvlak toepas. Staan langs die pad en kyk hoe lyk die trokke en sommige ander voetuie se bande. Jy kies die maklike uitweg dié een waar julle jul verantwoordelikheid kan ontduik. Jy maak nie indruk nie. Jou kommentaar wys net jul onbekwaamheid en gebrek aan insig.

Sê net ·

Dit is wel so, MAAR geen transporter wat sy sout werd is, gaan n goedkoop tyre koop en die risko waag om n trok en trailer te verloor nie. Bande bars agv baie redes, dit gaan oor hoe die drywer die trok daarna beheer en ongelukkig kon die drywer dit nie doen nie.

IK ·

Begin by die opleiding van ALLE bestuurders. K53 is ‘n klug wat jou met skamele vermoë loslaat op paaie met roekeloses. Met 58 jaar ongeluksvry weet ek waarvan ek praat en kon selfs ek met tydren ondervinding in my jonger dae nog steeds iets leer op Zwartkops met die BMW M3 se gevorderde bestuurskursus. Ja, R5000 is ‘n klomp geld maar my (EN andere) se lewens is heelwat meer werd.

Manie ·

Sedert hierdie gedeelte van die N1in gebruik geneemis, het dit al baie lewens geeis!! Daar was al baie gespreke en studies gedoen wat gevaarpunte aan SANRAL en die Nasionale Dept van Vervoer uitgewys het!! In 2015 was ñ verslag saam gestel na ook so ñ gru ongeluk met voorstelle dat daar ñ sement midiaan opgerig moet word en beligting vir die nag, maar alles is verniet en val op dowe ore!! Op die oupad was daar vroeër jare ñ mobile hof gewees wat bygedra het dat botsings en noodlottige botsings aansienlik noord van Middelfontein afgeneem het!! Bring die mobile hof terug en implimenteer die voorstelle wat deur ingeneurs voorgestel is, inwerking en baie lewens sal gespaar word!!!

Alida ·

Ons spoorwee was van die beste en het aan duisende mense werk verskaf voor 1994. Nou het alles verwoes en ons kan nie meer treinry of veilig op ons paaie wees nie. Kom ANC bewys die teendeel.

Platteland ·

Die minister was seker lanklaas in die platteland. Daar bestaan nie meer ‘n spoorstelsel nie! Spoorstawe en stasiegeboue is reeds lankal stuk-stuk weggedra.

Essa ·

Vervoer ondernemings moet betrek en gemonitor word – voertuie (busse , taxis en vragmotors) is nie altyd in ‘n goeie toestand nie; veral bande en remme. Ek glo die ondersoeke moet hier begin.

ne ·

Bande vervaardigers kan nie die skuldiges wees nie! Hoe dom kan ‘n mens wees? Kyk eerder na vervalste lisensies. Lei die wets toepassers behoorlik op en leer hulle om nie omkoop geld te vra nie.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam met Chris Ws se kommentaar. 1 myndood – als in rep en roer. Daar gaan maandeliks honderde mense in taxi /bus-ongelukke ens dood op die paaie.! Met die jaarlikse Desember en ander vakansie-tyd-veldtoggies sus hul net hulself. Die dood op ons paaie is n skreiende skande. Een van die groot probleme is absolute ignorering van basiese padreels. (ek praat hier nie net van taxi’snie!). Spoed in beboude gebiede, ignoreer van Rooi Verkeersligte, sperstreep verbygaan in 60 en ander sones, selfoon/bestuur ens ens. My bloeddruk styg feitlik elke dag net om my dogter by Tukkies af en op te laai tov die soort oortredings. Laastens – mense wat van openbare vervoer afhanklik is, trek beslis aan die regering se kortste end.

Rupert Ashford ·

En soos jy se, nie net Taxi bestuurders of swart bestuurders nie…

Alida ·

Ons hele kabinet is net so “slim” soos die SARS vrou wat so n spektakel van haarself genaak het. Geen ervaring en totaal en al onbevoeg maar verdien R250000 per maand.

magda ·

Dit was n tragiese ongeluk met baie hartseer. Erge kritiek bring nie die mense terug nie

magda ·

Dir was n tragiese ongeluk met baie hartseer. Waarom kan daar nie ook oor die aaklige stuk pad getoi-toi word nie? Oral word opstande oor snert gehou maar met die groor lewensverlies doen niemand iets nie

Lien ·

Daar is niks fout met die pad nie goeie toestand dis die bestuurders .

Andre ·

Dir was n tragiese ongeluk met baie hartseer. Waarom kan daar nie ook oor die aaklige stuk pad getoi-toi word nie? Oral word opstande oor snert gehou maar met die groort lewensverlies doen niemand iets nie

David ·

Ek het so 30 jaar gelede vir die spoorweg gewerk. Spoor is ‘n ongelooflike ekonomiese manier om goedere te vervoer. Ons het b.v. ‘n gemiddelde van 6 liter diesel gebruik om ‘n ton goedere 1000 km ver te vervoer. (6 l per 1000 t.km)

Die enigste verskil vandag is, niks is in stand gehou nie en is vervalle. Daar was in die 90s groot bohaai gemaak oor die “excesses of apartheid” en nou? Generators en silos ontplof by kragstasies, treine bots van voor, treine ontspoor a.g.v. geslyte spore, wiele en laers wat nie versien word nie, ons infrastruktuur val uit mekaar ens. ens. – die lys is lank.

Die laaste lokomotiewe wat aangekoop was, was te groot vir ons MSG (Moving struture guage), dit is, die profiel waar binne alle spoorvoertuie en vrag moet kan pas.

Nou het die man nog die vermetelheid om die bandevervaardigers te blameer. Wat van die bande op voertuie wat nie voldoen aan die vereistes nie, of voertuie wat nie padwaardig is nie?

Nee wat, ek dink die minister is vol aaptwak.

Staak saam ·

Wanneer laas het julle n vragmotor op die pad gekry wat sy toelaatbare spoed (80km/h) ry, hel hulle vat gereeld die karre verby.

Die minister moet eerder na die volgende drie goed kyk.
Spoed, Want die nuwe vragmotors loop gemaklik 150 met n vol vrag.
Gewig, Die meerderheid oorlaai want depos het nie weegbrug nie.
Bande, die meeste vragmotors loop met versoolde bande.

Ons pad infrastriktuur is lankal nie meer voldoende nie, volumes het in die laaste 30 jaar meer as verdubbel, swak en geen onderhoud is ook baie groot sondebokke.

Die minister wil met die verkeerde mense vergader aangesien hulle chinas in China is wat n baie lae graad band SA toe uitvoer.

leon ·

Trokke en busse mag met versoolde bande agter op loop, glad nie voor op. Meeste van die versool fabrieke in ons land is van hoogstaande kwaliteit en voldoen aan die SABS standaars, met miljoene rande se tegnologie en toerusting. Meeste van die stukke bande wat jy so langs die pad sien lê is nuwe bande wat beskadig is, gewoonlik deur onder drukking.

Wimpy Burger ·

Swaarvoertuie = 80km/h. Busses = 100km/h. Ligte voertuie = 120km/h. Spoed beperkings op die pad begin egter met R100,00. Wetgewing vereis dat nuwe Swaarvoertuie ge-govern word op die wetlike spoed. Die betrokke voertuig sou nie oorlaai wees nie, aangesien dit nie deur enige sement fabriek se veiligheidsbeleid toegelaat word nie en dit streng bestuur word. Geen bandevervaardiger in die wereld waar borg n sidewall nie, slegs die loopvlak kry n waarborg. Retreads gebruik as voorwiele is onwettig. Die betrokke voertuig sal satellite tracking in he, aangesien dit n voorvereiste van die versekeraars sal wees. Hoe goed en akkuraat die sisteem sal wees, sal ons hopelik binnekort uitvind. Daar is selfs n kans vir onboard kameras, maar die inligting bly vertroulik.

William Marshall ·

Verbied versoolde bande op vragmoters en busse! Hulle is tog te swaar vir die bande!

Regtig ·

Iewers mis hulle iets…Ons was self gister vanaf Nylstroom oppad na Naboom.Daardie trokke het al sakke sement verloor nog voor hy op die N1 geklim het…Dalk het die bestuurder nie eers lisensie gehad nie,of was dalk onder die invloed.

jennefer ·

Berig in gister se Pos Koerant. Verlede week was daar ook n groot ongeluk met vragmotors net n paar kilometer van gister se ongeluk. die N1 was byna n halwe dag gesluit. Een van die vragmotor bestuurders was onwettig in die land en het ook nie n rybewys gehad nie ! Hoe gebeur dit? het hy oor die grens die land binne gery? gebruik plaaslike voertuig eienaars onwettige bestuurders?

Diklizzy ·

Versoolde bande is nie noodwendig die oorsaak nie. Nuwe bande bars net so maklik soos ‘n versoolde band. Versoolde bande MAG NIE voor op’ n trok kom nie. Wel agter en op waens. Die SA tegnologie wat die rou materiaal sowel as die versolingstegnieke rugsteun is van die beste in die wereld. Nuwe “chinese imports” is van ‘n aansienlik laer gehalte as selfs sekere versolings. Daar is soveel faktore wat kan aanleiding gee tot’ n band wat bars.

leon ·

Ek kan maar net beaam wat jy sê , dis die grys chinas wat ingevoer word deur elke jan rap en sy maat wat `n pakket kry. die goed is substandaard en word van bubblegum gemaak,

pakkie ·

al die teer wat vermors word op voertuig-beskadigende spoedhobbels kan eerder aangewend word om slaggate ordentlik toe te maak.

WILLEM Erasmus ·

Stem saam dat bane geskei moet word, daar is baie verkeer op die N1, kyk maar na Paas naweek en sal jy dan sien dat die bane ook te min is.

Sakkie ·

A goeie band kan bars as die wiel sporting nie reg is nie. Daar is heeltyd wreiwing op die band en jy word warm en bars
Tweedens banddruk moet reg week anders kan n nuwe band ok bars. As hy the pap very word word hy warm en bars

Bloudrom ·

Hier in Namibië word alle ongelukke ook toegeskryf aan gebarste bande. Dis natuurlik die maklikste manier vir die ondersoek.

Letitia ·

Meeste vd trok drywers is onervare & buitelanders. Dit maak my woedend om te dink dat die logistiek maatskappye hulle in diens neem, sonder die nodig opleiding en bestuurs vernuf . Ons kind is in ‘n kop aan kop botsing oorlede met ‘n trok. Het nog nooit van die logistiek maatskappy enige iets gehoor nie – nie eens ‘n simpatieke oproep of kaartjie nie. Hul trok drywer was aan die verkeerde kant van die pad.
Trok drywers is 80% van die tyd verantwoordelik vir ongelukke. Die drywer was ook ‘n buitelander.

Ons mense word daagliks uitgemoor op die paaie deur onbevoegde trok & motor bestuurders. Deesdae is jy nêrens veilig nie, nie in jou huis of op die pad nie. Mense sterf daagliks op ons paaie.

Baie hartseer as hul so wreed van jou wegruk word.
Dink aan jul Bantjies gesin – dra jul op in ons gebede.

Steve ·

Vehicles must be roadworthy but roads are not car-worthy…

Road conditions are costing us millions in damages, unnecessary maintenance, tyres, suspension parts… It’s almost like it’s a conspiracy to generate more revenue for the country. Exorbitantly high import duties on spares and tyres are also reasons why vehicle maintenance is neglected. One can’t afford the high fuel prices, mad labour costs and as said high cost on parts… As they say in Afrikaans… Ons boer agteruit

John ·

Ons padongelukkefonds is platsak, nou moet iemand gesoek word wat moet opdok. Ons paaie le bestrooi met voorwerpe wat die beste bande erg kan beskadig. Miskien kan ons missing links, ons verkeers-lui, ‘n slag pappa se handjie los en uitgaan op die paaie. Geen inspeksies word deur ons geliefde Sanrol gedoen nie buiten ‘n handjie uitsteek by die venstertjie vir nog ‘n meevallertjie…

Louis die laeveld leeu ·

Begin by die potholes,
n band kry skade in n pohole en bars eers na 3000 km

Micke ·

Daar is geen meer dissepline in ons land (SA) op die paaie en in die stede nie. Verkeers departemente se hande is afgekap vir die wat hulle werk reg wil doen. swaarvoertuie wat teen snelhede van 160km/h met vragte op ry en onpadwaardige voertuie wat oorgesien word vir dit onder die tafel deur.

Jacques ·

160 k/m per uur – jyt seker sleg geslaap. Ek in die bsdryf en geen vragmotor ry teen daai spoed nie.

Docpietza ·

Chris Ws ek stem 100% saam . Hier is ook minimale wet en orde by ons. Arrogansie en ongeduld oorheers ons paaie. Die wetstoepassers self se lewens is in gevaar indien hul net hul werk probeer doen. Ek sal self liewers anderkant toe kyk en dan weet ek sien my familie na werk as om geskiet of aangerand te word deur vreeslose arrogante padvarke.

Theuns ·

Swak ingevoerde bande was op stadium ingevoer op grootskaal vir mynbou toerusting omrede die standaard bande nie “bedkikbaar” was. Die ure gekry uit die ingevoerde bande was aansienlik minder. Lang ure se aaneenbestuur, onderdruk bande, warm teer en swaar vragte is groot oorsaak van bars bande. En natuurlik padtoestand.

Micke ·

Jacques word wakker kom dan gaan wys ek jou en as ek reg is betaal jy die onkostes en anders om moenie jou as einaar verontskuldig nie. ek wil nie met jou argumenteur nie maak net jou oe oop

Wilma ·

Nzimande is jy blind of net plain onnosel. Jou govt het die spoorvervoer stelsel vernietig. Daar is ni meer kundiges. Haal.jou oogklappe af en erken maar dit sal jul nooit doen ni

Swartwolf ·

Vir wat wil hy dit doen? Om die stemskape te wys hy vat “minority capital ” aan oor ‘n band wat na bewering gebars het ? Dis soos die KZN MEC vir wetenskap wat gese het sy gaan ‘n ondersoek loods omdat weerlig net swartes doodslaan? Begin by die skaap agter die stuurwiel wat geen agting het vir enige padreels nie of wie se lisensie vervals is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.