Twee gru-ongelukke het tussen middernag en vanoggend in ʼn kwessie van ʼn paar uur op die N1 plaasgevind. Altesaam twee mense is dood en drie ander beseer.
Kenny Africa, Kaapse verkeershoof, het gesê die eerste ongeluk het Woensdagaand omstreeks middernag tussen Worcester en Rawsonville plaasgevind op die sogenaamde “pad van die dood”.
ʼn Toyota Prado-voertuig en twee vragmotors was in dié ongeluk betrokke.
“Die een vragmotor het verbygesteek toe die voorval plaasgevind het. ʼn Vrou wat in die Prado was, is oorlede en twee ander is ernstig beseer,” het Africa gesê.
Die pad is steeds in albei rigtings gesluit en motoriste gebruik alternatiewe roetes.
In die tweede voorval het ʼn ligte motor teen ʼn Greyhound-passasiersbus gebots. Dié voorval het omstreeks 05:45 tussen Leeu-Gamka en Prince Albertweg plaasgevind.
“Dit was ʼn trompop botsing tussen die motor en die bus. Een persoon in die voertuig is dood, terwyl die busbestuurder net geringe beserings opgedoen het. Gelukkig is al die passasiers in die bus ongedeerd,” het Africa gesê.
Die N1 is hier ook in albei rigtings gesluit.
Volgens Africa sal dit nog ʼn uur of twee neem om die toneel op te ruim en die pad weer oop te stel vir verkeer.
- Die ongeluk tussen Worcester en Rawsonville. Foto: Verskaf.
- Die ongeluk tussen Leeu-Gamka en Prince Albertweg. Foto: Verskaf.
- Die ongeluk tussen Leeu-Gamka en Prince Albertweg. Foto: Verskaf.
- Die ongeluk tussen Leeu-Gamka en Prince Albertweg. Foto: Verskaf.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Sjoe, ek wil so graag vir my tannie gaan kuier, en die bus neem, maar hierdie ongelukke maak my baie bekommerd.
Is dit die maand vir bus ongelukke. die afgelope maand is dit net busse wat omslaan en bots
Ongeduld – moet nou verby jaag oor die sperstreep !
Die Greyhound verbaas my glad nie……..hulle ry soos maniakke tussen Bethlehem en Senekal ook……sperstrepe en sped limiet tel nie vir hulle nie en as jy te stadig voor hulle ry dan bright hulle jou………
Bly weg van Busse af die tyd van die jaar. Jy word getoets vir drink en bestuur maar nie vir dagga rook en bestuur.