N1-suid gereed vir vakansieverkeer, sê Sanral

N1 na Worcester (Foto: Skyscrapercity.com)

N1 na Worcester (Foto: Skyscrapercity.com)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Sondag gesê geen padwerke is vir die komende vakansieseisoen op die N1 tussen Gauteng en Kaapstad geskeduleer nie en padgebruikers sal nie groot vertragings ervaar nie.

Hoë volume verkeer word egter in dele van die Karoo en by die Hugenote-tonnel op sekere dae voor die openbare vakansiedae verwag, het Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, gesê.

“Die outomatiese betaalstelsel wat verlede jaar deur Sanral by tolplazas in die suide van Gauteng by Grasmere, Verkeerdevlei en Vaal ingestel is, bring groot voordele vir padgebruikers met elektroniese skyfies wat nie meer by dié tolhekke hoef stil te hou nie,” het Mona bygevoeg. “Die stelsel herken die skyfie en die hek word oopgemaak sodat die motoris kan deurry sonder om heeltemal tot stilstand te kom.”

Sanral verwag dat die verkeer vrylik sal vloei deur Desember en Januarie op die hele N1-roete.

“Hoë verkeersvolumes word verwag aan albei kante van die Hugenote-tonnel in die Wes-Kaap en in die omgewing van Colesberg in die Karoo, veral op sekere dae. Padgebruikers in Johannesburg moet bewus wees van padwerke wat in die stad onderneem word en veral snags versigtig wees op die ompaaie.”

Vakansiegangers word aangemoedig om gereeld stil te hou en te rus om uitputting en ʼn gebrek aan konsentrasie te voorkom. “Meeste ongelukke op die N1 word toegeskryf aan persone wat te vinnig ry, bestuurders wat moeg is, roekelose verbysteek, of voertuie wat in die noodbaan ry,” het Mona bygevoeg.

Hy het motoriste ook gemaan om versigtig te wees in die gebiede waar informele behuising reg langs die pad voorkom, veral in die suidelike Vrystaat en Karoo. “Daar is gewoonlik talle voetgangers en selfs troeteldiere wat oor die pad kan loop.”

Motoriste word ook afgeraai om stil te hou om vrugte en groente langs die snelweg te koop.

Voorvalle kan by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (10111) of die Nasionale Verkeerskliëntedienssentrum (012 665 6075) aangemeld word. Verkeersontwrigtings of ongelukke op die N1 in Gauteng kan by 0800 487 233 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Net een waarskuwing:-
By outomatiese betaalstelsels MOET verkeer maar teen ‘n slakke pas bewees word tolhekke maak nie so vinnig oop nie. Onthou!!!

Padreëls ·

Kom net die padreëls na, meng dit met hoflikheid en geduld en ‘n slagting sal vermy word. Is dit so verskriklik ingewikkeld?

petrus ·

Kan nie dieselfde van die N3 se nie, hulle werk elke vakansie soos nou weer aan hom.Talle vernouings tussen Johannesburg en Durban, wat baie tyd mors.

Buitestander ·

Kom padgebruikers, as jy al so baie getoer het so ek besef jy jou vakansie begin by jou huis waar jy in jou voertuig klim en nie by jou besteming nie.
Geniet elke oomblik van jou reis.
Daar’s so baie besienswaardighede langs die pad wat ons mis met die gejaag.
Eers wanneer jy jou so ingestel het vind jy die waarde van ‘n vakansie. Wat maak dit nou saak as mens 1 tot 24 ure later by jou beskeming kom en jy het jou reis werklik geniet? Jy is meer ontspanne waneer jy jou besteming bereik al het jy langs die pad oorsgelaap.

So beplan jou vakansie sodat jy ontspanne agter die stuur sit. Haas bring geen goed nie.

Buitestander ·

‘n Mens se vakansie begin wanneer jy agter die stuur van jou voertuig by huis inskuif.
So baie wil net so gou moontlik by besteming uitkom en vergeet al die mooi omgewing langs die pad.
Ek wat al baie gereis het is verstom dat die voertuie so jaag om by ‘n bepaalde besteming uit te kom sonder om self die mooi van die karoo raak te sien.
As dit moet kan mens langs die pad oorslaap. Baie keer het ‘n afdraai my hele vakwnsie gemaak en maak die die tyd wat ek verloor het op die eindbesteming deur en deur op.
Ons het so ‘n wonderlike land wat ons kan geniet.

Spoednik ·

Indien jy een van die vakansieganers is wat net by jou besteming moet uitkom, ry jy na die naaste lighawe, klim op ‘n vlegtuig en binne ‘n paar uur is jy daar. Jy het jou doel bereik en.jy laat die verkeer hul gang gaan, Jy is ontspanne en die ander geniet hulle reis.

E.K. (vra net) ·

Almal wat N1 gebruik, gaan gooi paar goedjies af by Beaufort Wes vir skuiling – sien berig oor MENSEHANDEL vroeër op Maroela. Kom nou, koop gou ‘n koeldrankie en gooi ietsie vir die huis af, neem net paar minute! Dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.