N1 tydelik gesluit oor sinkgat

(Argieffoto)

Die N1-snelweg in Centurion sal Sondag en Maandag gesluit wees vir geotegniese ondersoeke na die sinkgat wat in Januarie langs die pad gevorm het. Dit vorm deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se rehabilitasie van die sinkgat.

Die N1-suid tussen die Vlieënde Piering- en Botha-wisselaar in Centurion sal van Sondag om 23:00 tot Maandag 04:00 vir verkeer gesluit wees. Slegs een baan sal gedurende hierdie tydperk vir verkeer oopgestel word.

Volgens Progress Hlahla, Sanral se noordelike streekbestuurder, is die geotegniese ondersoeke nodig om die aard van die herstelwerk te bepaal wat nodig is vir die rehabilitasie van die sinkgat ten einde padveiligheid te bevorder en die verkeer so gou as moontlik na normaal te laat terugkeer.

“Sanral het aan die begin van Januarie bewus geword van die sinkgat en het sedertdien pogings aangewend om die veiligheid van alle padgebruikers voorop te stel. Ons het onder meer die bane wat deur die sinkgat geraak word, vir verkeer gesluit,” sê Hlahla.

Sanral raai motoriste wat suidwaarts na Johannesburg reis, aan om die volgende alternatiewe roetes te oorweeg:

  • Van Polokwane af, neem die afrit by die Proefplaas-wisselaar na die Pretoriase middestad, deur van die N4/M2-snelweg gebruik te maak en dan by die M3 in die rigting van Fonteine-sirkel aan te sluit. Dié pad sal dan by die N14 aansluit.
  • Vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe, gaan voort op die R21 na die Fonteine-sirkel en sluit dan by die N14 aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ᛄᚪᚾ ·

Mooi SANRAL, die gat het slegs n maand terug gevorm, en daar word REEDSn geotegniese ondersoek beplan. Gaan daar darm `n plan wees om met die herstelwerk te begin voor Kersfees?

Pieter ·

Presies. hulle probeer seker nog eers die Tender uit sort. Hoe kan dit so lank neem? is daar geen erns meer nie?

Anel ·

In enige ander eerste wêreld land sou die pad al herstel gewees het. Nou moet daar ondersoeke gedoen word en tenders gedoek word, die een meer korrup as die ander, en miskuen volgende jaar, nadat die pad heeltemal in geval het, sal hulle besluit om dit dalk reg te maak. O, ja, en dan sal daar ook nig gesê word dat daar nie geld is nie. En verder moet die verbruiker maar swaar kry. Ai, tog!!!!

Di ·

Dis van eeue wag om iets reg te maak dat die paaie in so chaotiese toestand is. Hulle tree net op wanneer die probleem so groot is dat dit nie verder geignoreer kan word nie. Intussen is die hele land vol slaggate wat mense se dood veroorsaak en NIKS word daaraan gedoen nie. Al wat hierdie korrupte ANC kaders goed kan doen is “SPOEG EN PLAK” waar hulle kom, dis hoekom die land uitmekaar val.

JohanR ·

Soe Progress Hlahla, daar gaan progress wees met die sinkgat?

Smirre ·

ANC, it is time for you to realize you are useless and unable to run anything successfully, even your own party. (maar in engels gestel dat hulle kan verstaan)

Renier johannes ·

Soos hulle mkondo se paaie reg gemaak het pateties

Gerhard ·

Klink of mense baie ervaring oor hoe maklik dit is om om sinkgate in dolomiet grond te herstel…

Brakanjan ·

Wonder of gaan hulle ooit die sinkgat by Unitas Hospitaal reg maak. En die een voor die huis in Lyttelton Manor wat so paar maande terug in Beeld was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.