N12 buite Potch steeds gesluit weens betogings

Die N12 by Potchefstroom bly gesluit. (Foto: SA Polisie)

ʼn Gedeelte van die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp bly gesluit nadat betogers Woensdagoggend vir die derde agtereenvolgende dag verkeer op dié pad naby Ikageng ontwrig het.

Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie spook al van Maandag om die pad begaanbaar te hou.

Teen vanoggend laat was die N12 egter steeds gesluit nadat betogers omstreeks 05:00 daarheen opgeruk en die pad toegepak het met enigiets van klippe tot takke.

“Die betogers speel kat en muis met die polisie. Die oomblik dat die polisie een groep uitmekaar dryf, kom hulle op ʼn ander plek bymekaar en versper die pad,” het Myburgh gesê.

Lede van die polisie se openbareorde-eenheid, polisielede van Ikageng en Potchefstroom, asook verkeerspolisielede is in die gebied ontplooi en monitor die situasie deurlopend, het sy gesê.

Motoriste word gevra om ‘n alternatiewe roete te gebruik. (Foto: SA Polisie)

Motoriste wat tussen Potchefstroom en Klerksdorp wil reis, word op die Mooibank-pad herlei.

ʼn Vragmotorbestuurder is vanoggend uit sy trok gedwing en sy vrag gesteel toe dit midde-in die betogings beland het. Motoriste word ook met klippe bestook, het Myburgh gesê.

Geen ernstige beserings is in dié stadium aangemeld nie.

Dinsdag is ʼn graafmasjien gebruik om stukke van die pad op te grawe. Betogers het glo die masjienoperateur gedwing om die pad op te kap. ʼn Video van die voorval is op sosiale media versprei.

Myburgh het gesê ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak.

“Ons wil van die polisie se kant mense aanmoedig om die regte kanale te volg om hulle griewe te lug, en nié die wet in die proses te oortree nie.”

Betogers versper die N12 met klippe. Die pad bly gesluit. (Foto: SA Polisie)

Inwoners is glo ontevrede met die pas van dienslewering in die gebied, veral ʼn tekort aan behuising.

Daar sou vanoggend klaarblyklik wéér met die inwoners vergader word aangesien ʼn byeenkoms gister nie die saak kon oplos nie. ʼn Woordvoerder van die Tlokwe-stadsraad was nie onmiddellik beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Pik ·

More oormore word daar weer iets gebrand om te betoog oor die gehalte van die pad.

SjN ·

Nou wat het die N12 pad te doen met hul dienslewering probleem, gaan spreek die skuldiges aan, Sapd moet hul met geweld verwyder.

Anoniem ·

Kan ons liewe regering nie net tog standpunt inneem nie ! TOT HIERTOE EN NIKS VERDER NIE

marous ·

Die kat is so bang vir die muis , hy kruip in die wasgoed mandjie weg .

Zorro ·

Hulle het dan nou net hulle kandidate ingestem! Hoekom vra hulle nie net vir hulle gekose lede om dit reg te maak nie?

Johann M van Heerden ·

Skokkend. Hoe mense toegelaat word om so ongestraf tekere te gaan. Wie betaal vir die herstel. Mense wat die pad wil gebruik se regte word aangetas. Iets sal gedoen moet word om die optrede te stop.

hendrik ·

Hulle het n maand en half gelede gestem vir die party teen wie hul griewe het. Hoe verstaan mens dit?

barend v d westhuizen ·

breuk die pad op more staak hulle oor die pad stukkend is hulle het gestem vir die regering waar om gaan hulle en vra vir die waar s hulle diens lewering maar as mense dom is of hou hulle dom sal dit maar swaar gaan om hulle reg te kry as die sapd hulle nie kan hanteer nie sit die weermag in

Judie ·

Die polisie monitor te veel en doen te min. Betogers gaan betoog voor die huise van die leiers wat JULLE gekies het en wie die dienste moet lewer.

Leon ·

Ons HET nie meer ‘n polisie diens, eerder ‘n South African Monitor Service.
Waar is die waterkanonne om bietjie die gemoedere af te koel?? Dit werk baie goed in ander lande?

Anoniem ·

Kan ons liewe regering nie net tog standpunt inneem nie ! TOT HIERTOE EN NIKS VERDER NIE

ne ·

Kom anc – bespreek die probleem met julle mense. Nou moet ander ONSKULDIGE mense verontrief word. Waar is julle a n c ? ? ?

Ansie ·

….en vreemd genoeg is Potch verkeersafdeling die beste in die land!!! Ten spyte van hierdie gemors, vang hulle vir spoed in die area waar motors met klippe bestook word…crazy!!!!

G ·

Nou waar is die weermag dan. Hulle is in Potch. Hoekom help hulle nie

George in Bloem. ·

Some more “transformation” perpetrators in action. How many will be held accountable? Who will pay for all this damage? Any arrests? This country is a joke.

GM ·

Hoe moeilik is dit nou? Die een groepie kan nie na ‘n volgende punt beweeg as hul lê nie, maar die polisie mag mos niks aan die arme mense doen wat hul hele lewe lank tog so benadeel is nie.

Hoe ‘demand’ mens dienslewering as mens vir niks wil betaal nie?

Die belastingbetalers word minder, die SASSA-afhanklikes meer omdat mens mos geld kry vir kinders kry. Met ‘n slaagsyfer van 30% kan mens seker nie verwag dat hul sommetjies reg sal kan doen om sodoende te kan sien dat dit nie volhoubaar is nie.

Koos ·

My dogter se voertuig was vanoggend 5h40 vanaf Klerksdorp se kant met klippe bestook. Die grootste klip het die motor aan die linkerkant getref en haar kollega naelskraap gemis. Gelukkig geen beserings, maar albei redelik getraumatiseer. Die goedkoopste kwotasie wat ek vir haar tot dusver kon kry beloop R 9,400.00. Kan ook nie verstaan waarom hulle die publiek moet skade aanrig as hulle nie hul sin kry nie. M.a.w. as hulle nou hul sin gekry het, wat sal volgende wees? Sal dit wees omdat die grondboontjiebotter te fyn is of dalk omdat Blackcat grondboontjiebotter nie Whitecat is nie?

George ·

Waarom kat en muis speel? Waarsku eenmaal en doen dan die “regte” ding ! Kan waarborg dit sal die einde van die gemors wees.

Andre ·

Die regering moet sy verantwoordelikheid nakom teenoor die wetsgehoorsame burgers van Suid Afrika en die probleme wat hulself geskep het aanspreek en uitsorteer.

Ek sê maar net ·

Skerppunt ammo is baie goedkoper as om daardie pad te herstel. Skiet hulle dan sal hierdie strooi vinnig stop.

Christien vd Westhuizen ·

Plakkerskampe is vir omtremt 10km buite potchefstroom al langs die N 12 gebou hulle het dit so beplan om reisegers te verontrief en om dorpe van mekaar af te sny fyn beplan

WIEBO ·

Waarom worry? Die polisie monitor mos die situasie mense!!!!

Schalla ·

Onluste polisie is hier nodig. Stuur hulle in met waterkanonne, rubberkoeëls en skerppunt-ammunisie. Jaag die klomp uitmekaar, sit hulle agterna en arresteer elkeen wat val, sluit hulle toe, gooi die sleutel weg…. Kriminele kan nie aangaan om so onverstoord die wet te breek en onskuldige mense en die belastingbetaler geld te kos nie! Dit moet nou end kry! Kyk Koos hierbo se dogter se skade en gelukkig is hulle ongedeerd – ek is seker ander was nie so gelukkig nie. Die belhamels moet dan sommer almal geldelik bydra vir die herstelwerk aan haar motor en enigiemand anders wat skade gely het asook die pad wat hulle so omgeploeg het anders kry hulle elkeen nog dertig jaar tronkstraf by…

Patriot ·

Okey … okey! Het niemand vir hulle gesè dat Steve sal nie meer in Potch optree nie?

Nikita ·

Al hierdie betogers moet net hulle anc..eff & blf hempies dra..hulle moet nie skaam wees nie!! lol

Fanie Kemp ·

Hier word afgebreek en vernietig, in Orania word geswoeg, gesweet en opgebou sonder staatshulp.
Kan Orania nie gebruik word as voorbeeld van hoe ‘n gemeenskap moet bou vir vooruitgang.
Prof. Carel Boshoff en sy geesgenote het ‘n droom gehad. Daardie droom is besig om waar te word.
Kan Pres.Ceril Ramaphosa se drome waar word as dit so gaan in sy land?

Netso ·

Jy sal maar jou hand aan jou “Graafmasjien ” moet slaan broer! Het nog nooit gehoor ñ “Slootgrawer” het nog ñ naam by gekry nie. Asof Afrikaans nie divers genoeg kan wees nie kry ons nasie steeds nog iets in die HAT ingevorseer!

Magriet ·

Ek dog ek het al alles gesien… tot die skobbejakke nou begin om voorlaaiers en skopgrawe te kaap. My hart is seer oor Suid-Afrika.

Asjas ·

Ek het gehoor hulle gaan vir die mense gratis huise kom bou … sodra daar ‘n pad is!! Ha ha

Andre ·

Daar was net te veel busse en mini-busse vroeg oggend op die toneel om toevallig te wees. Die lyk n deeglik beplande operasie met mense en toerusting wat aangery is daarheen. Om watter redes? Die sogenaamde dienslewering storie is n bogspul en lankal holrug gery.

Adri ·

As julle dink Cyril kan die land regruk dan doen julle niks maar sonie neem al jou geld en belê dit oorsee. Die betogers stem ANC en as die ANC inkom dan betoog hulle net verder. Die een manier om sake reg te stel is ‘n haelgeweer met growwe hael.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.