Die gedeelte van die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp wat ’n geruime tyd gesluit was nadat betogers Woensdag vir die derde agtereenvolgende dag verkeer op dié pad naby Ikageng ontwrig het, is Woensdagaand uiteindelik oopgestel.
Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is tans op die toneel om die situasie te monitor. Sy het motoriste egter gemaan om versigtig op dié pad in die donker te ry.
Maroela Media het vroeër berig die polisie spook al van Maandag af om die pad begaanbaar te hou.
Teen vanoggend laat was die N12 egter steeds gesluit nadat betogers omstreeks 05:00 daarheen opgeruk en die pad met enigiets van klippe tot takke toegepak het.
ʼn Vragmotorbestuurder is vanoggend uit sy trok gedwing en sy vrag gesteel toe dit midde-in die betogings beland het. Motoriste was ook met klippe bestook, het Myburgh gesê.
ʼn Graafmasjien is Dinsdag gebruik om stukke van die pad op te grawe. Betogers het glo die masjienoperateur gedwing om die pad op te kap. Inwoners is glo ontevrede met die pas van dienslewering in die gebied, veral ʼn tekort aan behuising.
Myburgh het vroeër gesê ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak.
En hulle is natuurlik almal lojale ANC ondersteuners en so stem ook!
Voordat brandstigters en sulke dade nie onmiddellik gestop word nie gaan dit erger raak. Dit is nou n kompetisie oor wie die meeste skade aanrig. Mense wat verby ry verloor hul lewens weens patetiese polisie. Kry skerpskutters in posisie. Eerste een wat n klip gooi of petrolbom word uitgehaal. As die 2de een val is die betoging vreedsaam. Dit het jare terug gewerk.
Daar is ń wet teen die onwettige toemaak van ń nasionale pad. Betogers wat paaie toemaak is nie meer betogers nie, hulle is misdadigers…
Jaco ek stem saam ek dink ook dit grens aan terrorisme en ons Polisie staan en kyk.
Jaco. In afrika werk dit so. Geen wet en orde en vernietig alles.
Regte klomp damduikers, want om hul te probeer rehabiliteer, is onmoontlik, commin is commin
Dalk maar bietjie minder monitor en meer doen dan sal dit beter gaan?
Waar is die polusie?
Water kanone kan werk in die winter.
“Ontevrede met die pas van dienslewering” …. dalk moet hulle n verkiesing hou…
En op die pad oop te grou gaan vir hulle huise in die sak bring?????? Agterstevoor redenasie as jy my vra.
Neem solank jul geldjies oorsee. Geld gaan ook Zim volg…1000% inflasiekoers…lag maar. Cyril is te lig in die broek, hy, lyk dit my, gaan nie die mas opkom nie.
Kan n mens nie aan die betogers verduidelik dat dit beter is om te betoog by die stembus nie ? watter nut is daar om te stem vir vir n organisasie en dan direk daarna teen hulle te betoog ?