N12 gesluit weens Bloemhof-betoging

'n Vragmotor wat buite Bloemhof aan die brand gesteek is (Mei 2016). Foto: Facebook

‘n Vragmotor wat buite Bloemhof aan die brand gesteek is (Mei 2016). Foto: Facebook

Drie vragmotors is Woensdagaand op die N12 tussen Bloemhof en Christiana aan die brand gesteek en talle voertuie met klippe bestook toe ʼn betoging oor dienslewering gewelddadig geraak het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie moes ontbied word om die gewelddadige betogers te kalmeer. “Die situasie is op die oomblik kalm, maar die polisie is steeds in die gebied om die situasie te monitor. Vyf sake van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek,” het Mokgwabone gesê.

Dr. Mpho Motlhabane, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, het die geweld veroordeel en gesê die gemeenskap het bloot die reg tot vreedsame betogings. “Ons raai motoriste aan om die N12 te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak en om hul samewerking aan die verkeersowerhede te gee,” het Motlhabane gesê.

Die gedeelte van die N12 tussen Bloemhof en Christiana is Donderdagmiddag gesluit weens die betoging in die gebied.

ʼn Grondpad met ʼn smal brug word as alternatiewe roete vir motoriste aangedui. Die departement het ʼn beroep op motoriste gedoen om nie op hierdie pad die spoedgrens te oorskry nie en geduldig te wees wanneer hulle in die gebied reis.

Die inwoners is ongelukkig oor ʼn tekort aan dienslewering in die gebied. Hulle beweer Noordwes se provinsiale regering het nie op ʼn memorandum van die inwoners se eise wat verlede maand aan hulle oorhandig is, gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Scalla ·

Nou wat het die verkeer uit te waai met die probleem, gaan target eerder die wat daarvoor verantwoordelik is.

Tiger ·

Nou vir wat haal hulle nie hul griewe uit op die “provinsiale regering” wat nie na hulle griewe wil luister nie?Nou word onskuldige motoriste deur hulle dienslewerings probleem verontrief of aangeval soos in die geval van die 3 vragmotors.Wie gaan daarvoor vergoed?En waarom moet daar van “alternatiewe” roetes gebruik gemaak word?Die weermag moet daarheen gestuur word om die N12 te beveilig vir motoriste want die’ pad het NIKS te make met hulle griewe nie.Nou word die pad gesluit?Dis verregaande!Dis tyd dat ZUMA wakkerskrik uit sy dagdroompies en iets daadwerkliks doen om die blokkering van nasionale paaie deur die land waarvoor ons baie belasting geld betaal het heeltemal te stop.Vergeet van die SAPD want hulle is bloot toeskouers by sulke tonele.Die weermag en pantser voertuie is al wat kan werk.

Veritas ·

Protesaksie en geweld is een en dieselfde ding. Die regering het, deur hul eie dade, hierdie voorbeeld gestel en nou kan hulle dit nie hanteer nie.

Xa ·

Los onskuldige verkeer en gaan betoog by die ANC leiers se kantore en huise, dit is al wie iets aan julle probleme kan doen.

Christa ·

..en more mor hulle weer oor die toestand van die pad wat hulle vandag beskadig het!!

tamboti ·

en die ‘struggle’ gaan voort……………….struggle maar tot jul eie honger dood!

Irene ·

Siestog ons regering kyk net daarna ry maar net a ander ou paadjie slapgate sorg net vir hulle self

Penellope Jones ·

Protes optogte is nou ‘n permanente gebeurtenis in S.A. – enigste verskil is wie, waar, wanneer en hoekom.

humor ·

Droewige winde waai oor jou S A. Tiger, jy se die weermag is al wat help????. Ek is bevrees dit is die toekoms van hierdie land. Samesprekinge sal nie hiedie probleem oplos nie. M iskien gewldadige optrede, maar wie gaan ingryp????????

Veitas ·

Humor jou idee, van ingryping deur die weermag, is vreksnaaks. Jy het dit seker ‘tong in die kies’ genoem want Suid-Afrika se weermag sal nie eers die Voortrekker Drawwertjies van Gat-Sonder-Ent, kan baasraak nie.

Jef ·

Weermag is pateties, Polisie is pateties, Regering is pateties ag nee wat dis mos lekker in SA mens raak gewoont aan al die ellende, laat hulle maar aan gaan met afbreek en afbrand who cares.

Jannie ·

Zuma en kie, praat oor rugby en Sauk!
Dankie vir die berig Maroela, Sauk weet nie daarvan nie, besig met musiek!
N2 by Grabouw al 4 dae gesluit, geen berig in Maroela nie?
Ons SAP praat en weermag onsigbaar????
Donker prentjie…..

Elize ·

Ai tog dis om van te huil. Om onskuldige mense se besittings op die N12 af te brand omdat hul ontevrede is en op die manier aandag te probeer kry. Met die stemmery gaan trek hul maar weer die kruisie agter die politieke partye wat die oorsaak van al hul probleme en klagtes is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.