N14-ongeluk: Vrou dood, man en kinders beseer

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

’n Vrou is dood en ’n man en twee kinders is ernstig beseer in ’n ongeluk op die N14 naby die N1 in Monavoni, Centurion.

Santi Steinmann, woordvoerder van die Netcare 911, het gesê twee motors, ’n ligte afleweringsvoertuig en ’n swaar goederevragmotor was in die ongeluk betrokke. Volgens Steinmann het een van die motors glo agter in die swaar goederevragmotor vasgery waarna die motor teen die ligte afleweringsvoertuig en die ander motor gebots het.

Steinmann het gesê een van die motors en die ligte afleweringsvoertuig het omgeslaan. Die motor het op sy dak tot stilstand gekom. ’n Vrou wat in die ligte afleweringsvoertuig gery het, is op die toneel dood verklaar. ’n Man en ’n sewejarige seun het ernstige beserings opgedoen terwyl ’n vyfjarige meisie kritiek beseer is in die ongeluk.

Die man en seun is op die toneel behandel voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir behandeling. Die meisie is per helikopter na ’n hospitaal vervoer vir dringende behandeling.

Al die beseerdes was insittendes van die ligte afleweringsvoertuig. Die insittendes van die ander voertuie is nie in die ongeluk beseer nie. Die verkeer is erg ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

yolandi ·

Ek is baie kwaad vir die ongeluk die ou met die af band het verby ons gery sy wiel se tyre het voor ons af gegaan en hyt net aanhou bly ry ons hrt gese hy gaan moeilikheid maak en kyk nou ek hoop hul aresteer hom en gooi die sleutel weg ek huil saam daai famielie vanaand en sal nie daai toneel gou vergeet nie. Dankie aan die tannie wat gehelp het en die ander mense

dries ·

Hoekom kan motor bestuurders nie ook sielkundig getoets word voordat n lisensie uitgeruik word.

KAG ·

Yolandi, dis verskriklik wat hier gebeur het. Ek hoop julle het vir die polisie ‘n verslag gegee van wat jul gesien het? En ek hoop die ou wat dit veroorsaak het kry jare se moeilikheid!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.