N17-ongeluk: Pa, tweede kind sterf ook

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

Nadat ʼn ma en haar vierjarige dogter Sondag in ʼn ongeluk op die N17-snelweg in Brakpan aan die Oos-Rand op slag dood is, het die pa en tweede kind wat ook in die motor was ook intussen in die hospitaal gesterf.

Kapt. Pearl van Staad, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie ʼn saak van strafbare manslag ondersoek. “Die oorsaak van die ongeluk en verklarings van familielede sal alles deel vorm van die ondersoek,” het Van Staad gesê.

“Omdat die kinders nog nie amptelik deur familielede uitgeken is nie, kan ons nog nie die name van die oorledenes bekend maak nie. Ek kan wel bevestig dat dit ʼn egpaar en hul twee kinders is wat gesterf het.”

Maroela Media het vroeër berig lt.kol. Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die ongeluk het in die oostelike rigting op die snelweg by die Heidelbergpad-brug gebeur. Volgens Mokheseng het die bestuurder van die ligbruin Toyota RunX beheer oor die motor verloor, waarna dit gerol en teen die brugpilaar gebots het.

Mokheseng het vroeër gesê die man was 37 jaar oud en die vrou 32 jaar. Die tweede kind was glo 10 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nakkie ·

Ai so jammer. Vir die familie, innige medelye en ons bid vir julle. Met wat hier by ons by Helpende Hand gebeur het, is hierdie so na aan die huis.

Erika ·

Dit is net so hartseer. Sterkte aan die families. Ons bid vir julle

Chantél ·

Dit was een vreeslike ongeluk, ons het net toe dit gebeur het verby die toneel gery. My hart gaan uit na die gesin se familie en vriende. Dis onsaglik hartseer. Ongelukke gebeur so vinnig en in ń oogwink kan jou hele lewe verander.

Francis Linstrom ·

Met alle respek teenoor die ooorledenes en innige simpatie aan naastes wil ek net sê. As jy kyk na die spoed kyk waarteen sommige mense jaag en die roekelose, doodsveragtende en waaghalsige manier hoe sommige mense bestuur, dink hulle blykbaar hulle is onsterflik en kan ook glad nie ‘n ongeluk maak nie. My mening is algemeen en is nie v.t. op bostaande berig nie.

Theresa B ·

Ag dis vreeslik. Rus in vrede en sterkte vir die familie.

Kapenaar ·

Dit mag dalk nou wreed klink, maar ten minste is al 4 weer bymekaar. Want…. om die helfte van jou gesin te verloor moet absoluut hel wees.

Moira ·

Ek kon dir ni beter stel ni. Toe die 1ste berig verskyn het het ek al gedink as al 4 maar saam die ewige lewe in was. Kan my nie indink hoe mens sonder die helfde van jou familie aangaan met die lewe nie. Maar alle sterkte vir die mammas en pappas oupas en oumas en susters en broers. Dis bitter bitter hartseer. Mag God jul styf vashou.

Anoniem ·

Ek stem volkome saam. Em sterf liewer saam met my famielie as wat ek sonder hulle moet aangaan.

Jane ·

Dis iets verskrikliks, ‘n hele gesin uitgewis? Sterkte aan die familie, vriende en ander naasbestaandes, dit is ontsettend hartseer en ‘n groot verlies. RIV

Erg bekommerd ·

Wat ek hier wil sê is nie noodwendig van toepassing op hierdie ongeluk maar kon dalk ‘n invloed gehad het op die nadraai. Ek is erg bekommerd dat, in soverre ek bewus is, is daar weinig, indien enige, brûe se pilare wat ‘n versperring het om te verhoed dat daar tromop daarteen vasgery word. Dit is blatante nalatigheid van die kant van die betrokke owerheid wat hulle plig versuim. Ons sien daagliks dat waar daardie versperrings menselewens gered het daar ‘n halsstarrigheid intree om die goed reg te maak.
Nee-wat, soms moet mens eers aan jou kant vee voordat jy die fout soek by andere. Toegegee dat spoed en massa van ‘n voertuig deurslaggewend is in enige ongeluk.
(Ek kan huidig nie dink aan ‘n brugpilaar met ‘n versperring, help my asb.)

Erg bekommerd ·

Tromop=trompop (vir die taalpuritein soos ek ook wil wees).

Erg bekommerd ·

Toe help ek myself met Google Earth:
Daar is drie sulke Heidelberg-paaie wat die N17 kruis.
Hierdie vermelde een is by Dalpark en het in 2010 geen versperrings gehad. Daar is 7 pilare aan die linkerkant in ‘n oostelike rigting. Kyk op die foto in die agtergrond is daar ‘n tolhek. Ook op die foto is daar ‘n inligtings/verkeersteken met “T 700m”. Hierdie bokant van die teken is afgesny op die foto en aan die bokant staan ‘n “80” spoedbeperking. Voor die brug is daar ook ‘n “100” spoedbeperking. In alle waarskynlikheid is daar nie versperrings hier aangebring sedert 2010.
Nou egter by die ander twee Heidelberg-paaie, die M35 en M31, is daar wel versperrings aangebring op foto’s van 2015 en 2013.
Dus is my stelling verkeerd m.b.t. die versperrings/relings. Ek hoop en vertrou dat daar hiermee voortgegaan sal word.

Rina ·

Nou wonder ek teen wie gaan die GEVOELLOSE “spokesman” die strafbare manslag saak oopmaak. DIT was v my onstellend gewees…dat hulle enigsins aan so moontlikheid gedink het nadat n man sy vrou en kind verloor het in n ongeluk! God weet ALTYD wat die beste is. Baie sterkte aan familie en vriende. R.I.P. Ek dink dit sou verskriklik gewees het om die dood van jou vrou en kindjie te moes verwerk EN nog die swaard van strafbare mansslag oor jou kop te hê…ALLE EER AAN ONSE VADER.

Speedguard ·

Dag Rina, Daar moet ‘n saak geregistreer word indien daar onnatuurlike dood is, my hart gaan ook uit na die mense maar word daar voorgeskryf deur die wet wat verpligtend is en moet dit gedoen moet word, dit is vir die “Inquest” of ondersoek wat gedoen word deur die howe om tot ‘n beslissing te kom, dit sal help om vas stestel wat die oorsaak was met die gebruik van ‘n forensiese ondersoeker wat alles herkonstrueer, soos bv het daar ‘n band gebars, is daar ander verf op die moter ens. daar is glad geen kwaadwilligheid in dit nie al voel mens dit is onregverdig, ek stem absoluut saam dat onse Heer almagtig is en sal geregtigheid geskied, sterkte aan die familie en kennise dit is voorwaar baie tragies!

dries ·

Kyk n mens mag nie oordeel nie maar wragtig jy kry mense wat nie besef wat spoed kan doen nie.

Annie ·

Vieslike pad daai!!! Ek her 5 jr terug my seuntjie op dieselfde plek verloor. My ma het met God se genade oorleef. 18 mnde later op dieselfde plek my pa verloor. En vir die wat se spoed. In ons geval was daar geen spied betrokke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.