N2 by Grabouw gesluit

Die N2 by Grabouw is sedert vroegoggend gesluit nadat betogers klippe op dié pad begin gooi het. (Foto: Verskaf)

Die N2-snelweg by Grabouw aan die voet van Sir Lowryspas in die Wes-Kaap is Maandagoggend gesluit weens protesaksie.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê die snelweg is sedert vroegoggend gesluit nadat betogers klippe op dié pad begin gooi het.

“Die verkeer vanaf Kaapstad word weggewys via die Visroete – Gordonsbaai en Kleinmond om weer terug te keer na Botrivier,” het Africa vroegoggend gesê.

Africa het motoriste gemaan wat vanaf Caledon en Hermanus na Kaapstad beweeg om eerder al langs die kusroete deur Kleinmond en Gordonsbaai te beweeg om terug op die N2 in die rigting van die Moederstad te ry.

Die N2 by Grabouw is sedert vroegoggend gesluit nadat betogers klippe op dié pad begin gooi het. (Foto: Verskaf)

Dit is in dié stadium onduidelik waaroor die betogers ongelukkig is.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Erika ·

Hierdie mense moet vir ‘n slag gevang word. Dit is soos by De Doorns wat klip gegooi word om vragmotor te beroof of druiwe verkoop word om mense te beroof. Regtig die polisie moet hierdie paaie of vaste basis patroller..Geliefdes van mense sterf terwyl hulle probeer die pot aan die kook hou by hul huise!! Waarom word plakkers elkgeval teen hoofweë opgerig?? Wie sit agter hierdie mense?????

Rissiepit ·

BArend, ek is van Grabouw en dit het absoluut nix met politiek te doen nie. Hulle staak omdat mense van Oak Valley (‘n plaas in grabouw wat blomme en wyn verskaf) die mense tans onder die belt betaal. Dit het boggerol met politiek uit te waai ni!!

Chris Ws ·

Ek hoor wat jy se Rissiepit,maar wat het motoriste wat van die N2 gebruikmaak ( en duur lisensiegeld daarvoor betaal elke jaar) met hul probleem uit tewaai?Dis verregaande en die polisie doen NIE hul werk nie want hulle behoord die’ mense wat die pad blokkeer in hegtenis te neem en die pad oop te hou.Waarom kan skere mense se regte eenvoudig vertrap word terwille van ‘n paar ander ongelukkiges? Dit werk nie so nie!

Jack Sadie ·

Hulle kom van elders om hul stemme hier te kom dik maak. Maar mens moet mos ook simpatiek wees: Miskien wil hulle net verseker dat die Weskaap se paaie so klipperig is soos die Oos-Kaap s’n?

BMW ·

Dit is reg , klaar weer gestem vir blackmonopoly for burning and looting!!!!!!

Hermaansie ·

Haha, Maroela, ek neem aan julle het telefonies met Kenny gesels. Hier is nie ‘n visroete tussen ons en die Kaap (as alternatief tot die N2) nie, slegs ‘n kusroete. Dankie vir die nuus in Arikaans!

Elna Visser ·

As dit oor salarisse gaan waarom bedank hulle nie net en kry ander werk nie. Waarom afbreek en almal se lewens verontrief wat niks daarmee te doen het nie. Dit is wat ons gedoen en nog steeds doen as jy nie gelukkig is met jou werk situasie nie…

Genieve ·

Hulle moet mos op die plaas dit doen hoekom in die strate wat is die motoriste met hulle salaris te doen ook maar onnosel

John ·

… en wie het in Kaapland gewen… En dit gaan nie die enigste betoging op die DA-sportsvelde wees nie…

Koos de Meyer. ·

Ons betaal ten duurste lisensie en tol waarvoor. Die reg om op die pad te ry word jou ontsê,maar betaal moet ons betaal. Hoogtyd dat opgetree word teen hierdie gemors.

Heksie ·

Net in Afrika waar soiets ook toegelaat word deur die owerhede …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.