N2 by Grabouw teen spitstyd weer gesluit

Verkeersopeenhopings Maandagaand op Sir Lowryspas. (Foto: Verskaf)

Die N2 tussen Grabouw en Sir Lowryspas in die Wes-Kaap is Maandagaand weer gesluit weens onluste.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het omstreeks 18:00 gesê dié pad is weer gesluit nadat dit vroegoggend gesluit is omdat betogers klippe op die pad begin gooi het.

Volgens Siyabulela Malo, woordvoerder van die polisie, het ʼn stuk of 300 betogers vanoggend om 02:00 buitebande aan die brand gesteek en groot klippe op die snelweg gepak om die pad vir verkeer te versper.

Dié protesaksie het reeds verlede week begin met ʼn groep kontraktuele plaaswerkers wat ongelukkig is oor behuising en lone, het Malo verduidelik.

Die N2 by Grabouw is sedert vroegoggend gesluit nadat betogers klippe op dié pad begin gooi het. (Foto: Verskaf)

Volgens Malo was die N2 deur die dag vir ʼn ruk oopgestel toe die groep betogers buite die plaaslike polisiestasie gewag het op terugvoer van ʼn vergadering waarin hul griewe bespreek is.

ʼn Saak van openbare geweld is by die polisie aanhangig gemaak. Niemand is nog in verband met die betoging in hegtenis geneem nie.

Africa het motoriste gemaan om Clarenceweg al langs die kusroete te gebruik aangesien die pad sedertdien ook by Gordonsbaai en Botrivier gesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sersant ·

So sal dit aanhou tot n motoris n klipgooier doodskiet, of n motoris doodgegooi word. Die polisie se hande is afgekap deur die “regstelsel”. Die staat is nie meer in beheer nie, die krimineel is nou in beheer’, anders sou die polisie opgetree het.

Andre Stander ·

Oh nee, die polisie se hande is gebind as gevolg van gevalle soos “marikana”, en sulk. Waar die polisie hulle werk gedoen het, en duidelik aangeval was – het hulle hulself verdedig, en sodoende is hulle verewig verdoemd.
Die polisie is ook maar net pionne in die vuil spel wat ‘politiek’ genoem word, beskerm die politieke heersers en hulle belange.

Penellope Jones ·

Gaan die mense toegelaat word om dit aanhoudend te doen of gaan daar daadwerklik opgetree word???

Keelvol ·

Waarom gewone onskuldige motoriste gooi- gaan gooi die mense se motors vir wie julle so stem!

fanie ·

Hoe lank gaan die regering dit nog toelaat dat hulle mense se lewens ingevaar stel met hulle betogings die paaie word beskadig skole word afgebrand motors en swaar voertuie word ook aan die brand gesteek maar niks word daaraan gedoen nie ek wil net graag weet word die betogers dan nou bo die onskuldige burgers van ons land gestel en hoekom moet die belasting betalers aanmekaar opdok vir hulle vernietiging kry die weermag in en maak n voorbeeld van hulle

Stiks ·

Hulle het nou net weer gestem vir hulle ou party. Nog steeds is hulle nie tevrede nie. Hulle weet definitief nie hoe werk demokrasie nie. Of wil hulle hul brood aan albei kante gebotter he??!

Johann van Cullinan ·

Net een antwoord. Hulle sal nooit verander nie. Ek as motoefiets ryer was laas jaar 2018, deur stakende taxi drywers gegooi met klippe, in die vroeëe oggend ure. As ek moes val, was ek statistiek. As hulle sou skiet, was ek statistiek. Ek vra myself ook nog steeds die vraag. Wat het ek met hulle stakings te doen. Hulle kon nie eers sien watter ras ek is nie. Ek is ñ gekwalifiseerde elektrisiën en het ñ geleendheid gekry om Australië toe te immegreer. Hoekom sal ek in Satan – Afrika bly. Dit gaan bloed kos om dinge reg te kry en te veel onskuldige lewensverliese tot gevolg hê. So ek kies die makliker uitweg, al kom ek as ñ lafaard voor deur weg te wil hardloop. Ek het my deel vir Satan – Afrika gedoen. Diensplig, SARS, tolhekke. Ek soek groener weivelde, want EFF, blaas in ons nekke. Ons moet oppas vir EFF met die volgende verkiesing, want om howe toe te gaan gaan dalk nie meer genoeg wees nie……

Hansie Slim ·

Hoe meer onregeerbaar die land mos is, hoe beter!! Hou aan stem vir die ANC. Dis wat jy kry!!
Iemand gaan baie seer of baie skade kry!!!

GM ·

Johann, sterkte met jou nuwe avontuur. Ek beskou mense wat die land verlaat, beslis nie as lafaards nie. Dis maklik om te sê: “veg vir jou land” as mens nog nie regtig deur ernstige misdaad geraak was nie. Ek wonder wat daardie selfde mense sal sê as hul vrou/kind voor hul verkrag of vermoor word. Dan gaan soek hul tien teen een ‘revenge’, of ploeter voort in ‘n hel van depressie. Hoekom jouself so wil straf/blootstel as jy ‘n geleentheid het om na ‘n veiliger gebied te gaan? En hoekom ander gekritiseer word oor hul die beste vir hulle en hul gesin wil hê, weet ek nie. Party, glo ek, is net jaloers omdat hul nie ook kan gaan nie. Ek voel dikwels dat ek ook sal gaan as die geleentheid hom voordoen – ter wille van my kinders.

Harry ·

Die polisie werk saam met die padblokkeerders, want dis steeds nie ANC gebied nie – die polisie blokkeer die pad, sodat niemand daar kan ry nie. Hierdie is duidelik ANC beplande aksies, maar almal glo die soppie stories/redes daarvoor?
Die polisie moet daar padgee, sodat die gatvol padgebruikers hierdie onwettige padbesetters kan reghelp: gee vir hulle langafstand loodpille vir elke klip en hulle sal vinnig leer om uit die pad te bly!

Attie. ·

Die Kaap is die enigste Nie-ANC provinsie en ook deesdae die gevaarlikste provinsie, plaasaanvalle uitgesluit. Het ons nie ‘n polisiediens nie of lyk dit maar net so? Om die N2 te blokkeer is ‘n ernstige misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.