N2 by Plett ná dae se onrus oopgestel

(Foto: SAPD)

Die N2-hoofweg by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap is ná vyf dae se onrus eindelik Vrydagmiddag oopgestel nadat die plaaslike munisipaliteit en ongelukkige inwoners van die Qolweni-gemeenskap tot ’n vergelyk kon kom.

Betogings het reeds Maandag in die omgewing van die N2 opgevlam en Plettenbergbaai byna tot stilstand gebring nadat die hoofweg as voorsorgmaatreël gesluit moes word. Die betogings spruit uit inwoners se ongelukkigheid met vertragings in die implementering van die Qolweni-behuisingsprojek.

Daar heers glo kommer oor die prestasie van die kontrakteur aan die stuur van dié behuisingsprojek.

Die LUR van menslike nedersettings in die Wes-Kaap, Tertius Simmers, het vanoggend met die raad van die Bitou-munisipaliteit en senior amptenare van die provinsiale departement van menslike nedersettings vergader om ’n oplossing vir probleme met die behuisingsprojek te vind.

(Foto: SAPD)

Luidens ’n verklaring deur die munisipaliteit is daar op die vergadering besluit om die implementering van die Qolweni-behuisingsprojek aan die provinsiale regering oor te laat.

Dié besluit is vroeër vanmiddag aan betogers oorgedra. Die betogers het die besluit verwelkom hoewel hulle nou daarop aandring dat diegene wat tydens vandeesweek se betogings in hegtenis geneem is, onmiddellik vrygelaat moet word

Maroela Media het vroeër vandag berig drie betogers is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld nadat groepe betogers op verskillende plekke op die N2 bymekaargekom, die pad met brandende voorwerpe versper en voertuie met klippe bestook het.

Volgens die munisipaliteit sal die Menseregtekommissie (MRK) die meriete van die betogers se jongste eise hanteer.

Opruimingswerk in die omgewing is reeds aan die gang terwyl die N2 vanmiddag oopgestel sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Moet mens nou iemand gelukwens…
Almal kla oor die betogings masr behoede fid Polisie as hulke hardandig raak om mense en eiendom te beskerm
Kom verkiesing dan stem dieselfde betogers maar weervir die Party wat leeglers nou eil betaal i.p.v
Wetk te skep

George ·

Arrestasies. Nul. Wie gaan vir die skade betaal? Geen boosdoener nie maar ek en jy. En so strompel ons land voort na die afgrond. Dis nou nie meer lank nie. Transformation ANC style nearly complete. Viva?!

Hennie J ·

Hoe kan hierdie klomp narre, wat hulself die ‘regering’ noem, dit toelaat dat dat skermunkels die land se ekonomiese are toebind sonder enige gevolge? Kry vir kopdoek om n dekreet uit te vaardig dat alle oproer/samekomste wat openbare paaie blokkeer en/of skade aan infrastruktuur veroorsaak dadelik onderdruk moet word en dan slegs met die gebruik van skerppunt ammunisie. As sy windgat genoeg is om rokers te beperk kan sy sekerlik so n dekreet regverdig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.