N2 by Plett weer oopgestel

Die N2 by Plettenbergbaai was Donderdagoggend steeds gesluit. (Foto: Verskaf)

Daar is Saterdagoggend besluit om verkeer na die N2-snelweg by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap te herlei nadat dié pad die afgelope week weens gewelddadige betogings gesluit was.

Manfred van Rooyen, woordvoerder van die Bitou-munisipaliteit, het in ’n verklaring gesê dié besluit is ná behoorlike oorweging omtrent die veiligheid van voertuie en voetgangers geneem.

“Dit beteken dat die N2 oop is,” lui die verklaring.

Drie mense is dood toe die bus op die lughawepad naby Plettenbergbaai omgeslaan het. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Maroela Media het vroeër berig drie mense is dood toe ʼn bus Vrydag in die vroeë oggendure op die lughawepad op pad na Plettenbergbaai omgeslaan het. Die bestuurder van die bus moes van die alternatiewe roete gebruik maak weens die betogings op die N2.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof het gesê 43 insittendes is ook in die voorval beseer en is na hospitale in die omgewing geneem, terwyl nog 23 by ʼn gemeenskapsentrum in die dorp versorg is. Twee passasiers was later die oggend nog in die wrak vasgekeer.

Die snelweg was dae lank gesluit. Die munisipaliteit het volgehou dat die betogers se optrede nie as ʼn diensleweringsbetoging beskou is nie, maar eerder as misdadigheid. Buitebande is op die snelweg aan die brand gesteek en motoriste is met klippe bestook. Betogers het ook vroeër die week die dorp se nywerheidsgebied geplunder.

Dit is nie in dié stadium duidelik of enige betogers rakende vandeesweek se geweld in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wurmpie ·

En ek hoop die betogrrs word aangekla van moord vir daai bus ongeluk

Johanna Botha ·

En die polisie kyk plaas hulke iets doen vir n slag ….USELESSS ! !

aj ·

Chaos heers in SA!

Tyd vir ‘n NOODTOESTAND waar die WEERMAG beheer neem van grootskaalse misdaad en plundering.

Aandklokreël, padblokkades en deursoeking!!!

andre ·

nou le n onskuldige vrou in die hospitaal.polisie en regering pateties…waarvoor nog n useless weermag he …sekeres kan mos net afbreek…..dan wonder hulle hoekom hulle niks het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.