N2 gesluit ná noodlottige botsing

Die trompop botsing op die N2 in die Suid-Kaap het omstreeks 05:00 Woensdagoggend plaasgevind. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaapse verkeersafdeling sê dit kan geruime tyd duur om die N2 naby Albertinia in die Suid-Kaap te heropen ná ʼn botsing tussen twee vragmotors Woensdagoggend vroeg.

Die vragmotors was omstreeks 05:00 in ʼn trompop botsing betrokke, sê Kenny Africa, provinsiale verkeershoof. “Twee mense is op slag dood en ʼn derde man sit nog in een van die vragmotors vas. Hy is in ʼn kritieke toestand.”

Africa sê hulle wag nog dat swaarinsleepdienste die ongelukstoneel bereik. Intussen word verkeer uit Mosselbaai sowel as Riversdal se rigting met ʼn ompad oor die Robinsonpas na en van Oudtshoorn herlei.

Africa kon nie sê hoe lank dit sal duur voordat die N2 weer oopgestel kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

emily ·

Hoe kry hulle dit reg. Sit seker op cellphone soos wat ons busbestuurders hier in Tshwane doen.

linda ·

ek sien ‘n solid line
ek sien mense sterf alweer
ek sien visse orals
sterkte aan die families
:-(((((

Petra ·

Ons sien ook n soliede lyn. Wat is jou punt. Het jy gelees dit was n kop aan kop? So die sperstreep wat jy sien beteken vir jou wat in hierdie geval?

Johan ·

@Petra,dat iemand aan die anderkant van daai sperstreep was,of albei…Stem saam,altyd n sperstreep op hierdie noodlottige fotos.

IK ·

‘n Wet wat dit verpligtend maak vir ‘n kamera in ALLE voertuie op openbare paaie/strate. Dan is raaiwerk van wat gebeur het nie nodig. Assuransiemaatskappye kan begin om dit toe te pas.

Skyspy007 ·

Aaaag baie dankie IK vir jou ondersteuning en boodskap. Ek is juis in die bedryf/besigheid om sulke tipe toerusting in voertuie/vragmotors te installeer vir kliënte. My besigheid kan dalk net die “Jackpot”slaan sou die versekerings maatskappye dit vereis. Sterkte aan die naasbestaandes van die ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.